So kort beskrywing en die agtergrond van die projek:
My seun ontvang die ou roer as 'n erfstuk die persoon lewe nog maar was nie lus om deur die hele lisensie chaos te gaan nie. Die geweer is nog in baie goeie werkende toestand en in 2010 kry ek die lisensie vir die geweer saam met die geweer kom daar toe 20 oorspronklike Kynoch rondtes. Daar is nog 7 oor die res het ons geskiet en tot my verbassing bestaan daar nie een maatskappy in die hele wereld wat doppe of patrone vervaardig nie.
Opsie een was om custom doppe te laat maak by Steward maar ek sou nogsteeds matrysse nodig he om die te herlaai. Gelukkig kry ek toe 2de handse matrysse op die forum te koop nou was die problem die doppe. Die doppe wat geskiet is het ek eenkant gehou maar hulle is nie Berdam primed nie.
Eise, my vriend vir wie ek help om 7x57 te laai het toe 26 doppe vir my gekoop once fired.
Blykbaar werk .270 doppe ook maar moet gesny word.
Kry toe vandag alles reg lubbe die doppe hulle was klaar deprimed en stadig hervorm ek elke dop so met 5-6 stappe elke keer dat ek die matrys dieper indraai tot ek sien die nek is reg en die hele nekskag mooi reguit en uniform lyk. Ek voel toe eintlik baie bly dat ek nie meer as die 25 doppe het om te size nie
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/1_zpszreb1lgk.jpg
Links my eerste probeerslag die 7x57 dop en regs die oorspronklike Kynoch dop gevuur.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/2_zpst3hcnklx.jpg
Links die Kynoch dop dan 'n 7x57 dop voor hy gevorm is en my x57 dop wat gevorm is met 'n Impala koeel wat ek geseat het om te toets of die geweer gaan voer.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/3_zpsdbnivspw.jpg
Kyk hoe lank kan ek die koeel seat daar is baaaaaaiiiiiieeeee plek.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/4_zps65thzoh7.jpg
Groot vreugde vir my die slot maak sonder enige probleme toe nou net vir die fireform van die doppe.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/5_zps98kie2j0.jpg
Van Links na regs oorspronklike kynoch dop, 7x57 dop, met gevormde dop met impala koeel en laaste die oorspronklike gelaaide 6.5x58 Portugese Mauser patroon Kynoch fabrikaat.
Nou moet ek lekker lading uitwerk vir die fireform en speel en sommer goedkoop 6.5 koele ek voel nie reg om monolietiese koeels deur die ou strydos te skiet nie.
My plan is om die jaar 'n vark of rooibok met die geweer te dood sal die draad so aanhou en opdateer soos wat ek hopelik regkom met ladings en op die skietbaan.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/6_zpsbdtzx6bx.jpg Doppe reg vir die tumbler en fireform.

