Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/a_zpszqogkon9.jpg

So kort beskrywing en die agtergrond van die projek:
My seun ontvang die ou roer as 'n erfstuk die persoon lewe nog maar was nie lus om deur die hele lisensie chaos te gaan nie. Die geweer is nog in baie goeie werkende toestand en in 2010 kry ek die lisensie vir die geweer saam met die geweer kom daar toe 20 oorspronklike Kynoch rondtes. Daar is nog 7 oor die res het ons geskiet en tot my verbassing bestaan daar nie een maatskappy in die hele wereld wat doppe of patrone vervaardig nie.

Opsie een was om custom doppe te laat maak by Steward maar ek sou nogsteeds matrysse nodig he om die te herlaai. Gelukkig kry ek toe 2de handse matrysse op die forum te koop nou was die problem die doppe. Die doppe wat geskiet is het ek eenkant gehou maar hulle is nie Berdam primed nie. :(
Eise, my vriend vir wie ek help om 7x57 te laai het toe 26 doppe vir my gekoop once fired.
Blykbaar werk .270 doppe ook maar moet gesny word.

Kry toe vandag alles reg lubbe die doppe hulle was klaar deprimed en stadig hervorm ek elke dop so met 5-6 stappe elke keer dat ek die matrys dieper indraai tot ek sien die nek is reg en die hele nekskag mooi reguit en uniform lyk. Ek voel toe eintlik baie bly dat ek nie meer as die 25 doppe het om te size nie :laugh:

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/1_zpszreb1lgk.jpg
Links my eerste probeerslag die 7x57 dop en regs die oorspronklike Kynoch dop gevuur.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/2_zpst3hcnklx.jpg
Links die Kynoch dop dan 'n 7x57 dop voor hy gevorm is en my x57 dop wat gevorm is met 'n Impala koeel wat ek geseat het om te toets of die geweer gaan voer.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/3_zpsdbnivspw.jpg
Kyk hoe lank kan ek die koeel seat daar is baaaaaaiiiiiieeeee plek.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/4_zps65thzoh7.jpg
Groot vreugde vir my die slot maak sonder enige probleme toe nou net vir die fireform van die doppe.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/5_zps98kie2j0.jpg
Van Links na regs oorspronklike kynoch dop, 7x57 dop, met gevormde dop met impala koeel en laaste die oorspronklike gelaaide 6.5x58 Portugese Mauser patroon Kynoch fabrikaat.

Nou moet ek lekker lading uitwerk vir die fireform en speel en sommer goedkoop 6.5 koele ek voel nie reg om monolietiese koeels deur die ou strydos te skiet nie.

My plan is om die jaar 'n vark of rooibok met die geweer te dood sal die draad so aanhou en opdateer soos wat ek hopelik regkom met ladings en op die skietbaan.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Portugese%20Mauser/6_zpsbdtzx6bx.jpg Doppe reg vir die tumbler en fireform.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by tripodmvr »

So beginlading van 41gr S385 met 140gr koele behoort mooi te werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Pvdw »

Frederik dis nou 'n lekker projek man.

Sie jy praat van ot of rooibok. Moet nie die roer vlak kyk nie. Koedoe en BWB gaan met gemak voor hom sak.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Pvdw, as budget dit toegelaat het, het ek baie groter gegaan :laugh: :laugh:
Die visier is baie fyn moet ook daaran gewoond raak het laas op 50meter 2 bymekaar gesit net bo die kol en ander 3 bymekaar so 8" te hoog van die kol so laat ek die man eers leer. Maar ek moet se dit is seker die gladste aksie wat ek nog ooit gevoel het.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by tripodmvr »

Daardie aksie word sagkens behandel in QL en max druk is 51,5K psi. Hy gaan dus nie 'n spoedvraat wees nie. Met 140gr is spoed so by 2600vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Pvdw »

Met die 6.5e se penitrasie is spoed nie nodig nie. Daai spoed is sweet nes hy daar is.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Oom Marius,
Ek gaan die geweer net oop visier skiet so maks afstande gaan seker so 80 meter wees en as ek by 2350fps kan kom sal dit meer as voldoende wees. As ek mag vra sal ek iets anders as S385 kan gebruik om te vuurvorm ek is nou nie regtig baie lus om spesiaal een blik te gaan koop nie. Ek het nog so twee blikke wat 2/3 leeg is van S361 en S355 sal ek nie kan gebruik vir vuurvorm?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by tripodmvr »

Ek vuurvorm my gewone 243 doppe na 243AI. Dit is 'n groot verandering in die dop se vorm. Baie minder as in jou geval. Ek kry baie goeie groepe terwyl ek dit doen. Waarom kyk jy of dit nie ook sal geld by jou proses nie? Kry koele wat jy wil skiet en laai normaal vir 'n nodespoed. Nou kan jy sien watter akkuraatheid jy reeds kan verkry. Wanneer die doppe na die kamer gevorm is kan dit beteken dat jy min of geen aanpassing moet maak aan die lading om net voort te gaan op wat jy reeds gedoen het. Spaar op tyd en komponente.

S385 gee die beste dopvulling en is die stadigste stafie dryfmiddel wat beskikbaar is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Dankie ek sal so maak.
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Suikermuis »

Goeiedag almal

Ek gaan met groot nuuskierigheid hierdie onderwerp dophou, want ek is in proses om dieselfde aan te pak met n 6.5x58. Dit is nou sodra die lisensie proses afgehandel is.

Na aanleiding van die eerste foto van die wapen en sy ouderdom, n tikkie ironie daarby betrokke. Portugal het nie self die wapens vervaardig nie, dit is in Duitsland gedoen, soos ook op die foto aangedui. Duitsland het ongeveer 100 000 van die wapens vervaardig tussen 1905 en 1907. Sewe jaar later met die uitbreek van die Eerste Wêreld Oorlog egter word 20 000 van daardie einste Duits vervaardigde wapens na die Unie van Suid Afrika gestuur. Die Union Defence Force (sien ook UDF merk op wapen) sou hierdie wapens gebruik juis op Duits Wes binne te val. Hul opdrag was om die Duitse kommunikasie kanale te vernietig.
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Suikermuis »

Frederik, waarom wil jy nie monliete in hom skiet nie as ek mag vra?
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Muis,

Ek dink nie eers monolitiese koeels was eers op planne toe die vuurwapen vervaardig is nie en met my ondervinding het mono koeels bietjie spoed nodig om te presteer soos wat hulle moet. Dit is ook net so goed ek sit 'n turbo enjin in 'n model T Ford dit voel net nie reg nie. Ek dink die langer lood koeels behoort die beste medisyne te wees. Sal maar sien wat werk iemand in Pta nie dalk paar 6.5 koeels wat rondle wat ek op mee kan ekspirementeer nie.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by VdWalt »

Ek het vir jou so 50 x 139gr Highland koeëls wat jy kan kry. Ek sal dit vir jou môre tot in Centurion Highveld Business Park stuur. Jy moet hulle net daar gaan haal. Ek sal die persoon se details vir jou môre PC.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by VdWalt »

Pm
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

vdWalt, dankie dit is presies hoekom Jaracal forum die beste is.
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Suikermuis »

Muis, <br /><br />Ek dink nie eers monolitiese koeels was eers op planne toe die vuurwapen vervaardig is nie en met my ondervinding het mono koeels bietjie spoed nodig om te presteer soos wat hulle moet. Dit is ook net so goed ek sit 'n turbo enjin in 'n model T Ford dit voel net nie reg nie. Ek dink die langer lood koeels behoort die beste medisyne te wees. Sal maar sien wat werk iemand in Pta nie dalk paar 6.5 koeels wat rondle wat ek op mee kan ekspirementeer nie.<br/>

Goeiedag Frederik

Ek stem saam dat monoliete nog nie op die tafel was toe die 6.5 x 58 sy militêre diens gelewer het nie. Persoonlik oorweeg ek om hulle miskien aan te wend in my Portugees. Dat hulle spoed nodig het om hul werk te doen is so, maar ek het gevind dat my 174gr Frontier Spartans uit my .303 mooi omklink en dit terwyl hulle maar teen n skamele 2230fps by die loop uit kruip. Die 2600fps wat Oom Tripod noem hierbo dink ek sal voldoende wees om hulle te laat omklink, juis omdat daar op korter afstande met die wapen geskiet word (jy het genoem dat jy die oorspronklike visiere nie wil verander nie en op ongeveer 80m sal jag). Verdere voordeel wat die monoliete bied is hul lengte in die geval. Die Portugese Mauser het n 1:7,8 groefdraai, daarom dat Kynoch aanvanklik vir hulle 155 koëels vervaardig het. Daardie gewig boontjies vir n 6.5 is skaars deesdae, terwyl die 140gr monoliet opmaak vir die lengte en dus steeds sal stabiliseer. Ek is bietjie bekommerd dat, omdat mens met die oop visiere op korter afstande skiet, die spoed nog baie hoog en die vleisskade in die geval van loodern koëels ook hoog sal wees.

Dit egter alles gesê, moet asseblief nie hierdie as n meningsverskil sien nie. Inteendeel, ek sal graag wil hoor wat jou opinie is en die dag as jy en die Portugees iets gejag het, hoor wat die werksverrigting van die koëel in gebruik was.

Groete
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Muis al wat ek kan se is dat dit 'n lekker probleem is om te he met so projek die oorspronklike koeels het ook teen 2346fps gehardloop en toe my 303 se loop nog beter was het die 174gr koeel teen 2350fps baie diere mooi laat val. So my voeling is hoekom druk as ek met die lae spoed gaan regkom met konvensionele lood kooels aangesien ek nie sommer oor 80 meter gaan skiet nie.

Moet ook onthou dit is my seun se geweer wil ook nie he hy moet te veel terugskop nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by tau »

More Frederik. Het jy al die doppe geskiet? My 7x57 na 6.5x57 doppe maak case head seperation. Ek kry nie die skouer hoek reg nie en moet iewers ', ander kaliber die kry wat die skour hoeke kan red.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Suikermuis »

More Tau

Na hoeveel skote gee hulle die head separation?
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Tau, nee nog nie gevuur nie
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Vandag my toets ladings gelaai begin by 41gr S385 en met inkrimente van .5gr opgegaan en gestop op 42.5gr as alles goed sal ek hopelik kans kry volgende naweek om hulle te gaan skiet en spoed meet.

Die Kynoch rondte se koeel lyk baie swaarder as die 139gr koeels wat ek gelaai het kom ons kyk hoe doen ek op spoed met 28" loop kan iemand my dalk se wat die maksimum spoed is voor ek oor die druk grens gaan?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by tripodmvr »

Beginlading wys op 2480vps terwyl jy moet briek trap as jy 2750vps oorskry. Laat ons dan liefs weer met vars data berekeninge doen. My vorige maksimum is met 'n 24 dum loop bereken. Vergeet die ou gewere het sulke lang lope gehad :):
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Suikermuis »

Goeiedag Frederik

Nou lekker gewees om jou vordering te sien, wens net CFR wil bietjie spoed kry met my aansoek. Sien baie uit na jou terugvoering oor die snelhede van die onderskeie ladings.

Net n ander ding, is die lengte van die Portugese Mauser se loop nie 29 duim nie? Kan verkeerd wees, maar ek verbeel my ekt iewers so iets raakgelees.

Groete
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Frederik »

Ek het self die loop gemeet 'n ruk terug en op 28" uitgekom
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Projek - 6.5x58 Portugese Mauser

Post by Suikermuis »

Ok dan is dit reg. Aangeneem dis waarom jy van 28" praat. Dankie ook sommer vir die waarskuwing. Sal seker maak om myne te meet sodra ek hom gekry het.

Groetnis
Post Reply