Geel vis in die winter
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Geel vis in die winter
Naand manne wil weer so bietjie raad vra. Die keer oor vlieg visvang in die winter.
Ek gaan Junie maand na die vaal rivier naby christiana (n plek in die middel van nerens) en wil graag kyk of ek nie n ou vis of twee kan hak nie. Ek is veral agter geelvis en moddervis aan. Eenige raad en dink jul ek sal iets in die winter kry of mors ek my tyd?
Ek is nog bietjie nuut met die hele besigheid
Groete Blesbok

- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Geel vis in die winter
Naand Blesbok,
In die winter maande is die geelvis maar passief en kan dit nogals 'n man se moed breek. Ek persoonlik span dan maar my vliee in vir forel. Onthou optimal water temperatuur is bo 16 grade of so iets. Om die strome aan te durf in die winter kan ook 'n koue affêre wees op die lyf. Maar as jou bene die koue water kan trotseer, en jy het genoeg deursettings vermoë, go for it. As jou lyn nie in die water is nie gaan jy in elk geval niks vang nie.
Ek sal wel voorstel dat jy jou leader lyn vervang met monofilament lyn en jy dan op die checz nymphing metode hengel (daar is goeie video's op youtube) . So jy gaan met alle tye op maksimum 8-10 voet hengel. Met die koue sal hul byte baie meer fyner wees as normaal en sal die mono jou toelaat om baie meer direkte gevoel met jou vlieg te hê.
Sterkte, en hou ons op hoogte van jou vangste.
Stywe lyne.

-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Geel vis in die winter
Jy Kan ook die dry/dropper metode probeer en veral rondon groot klippe ens vang.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2346
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Geel vis in die winter
Winter is tyd vir die GB Geelvis..... 
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Geel vis in die winter
Blesbok,
Ek het laaank boekdele geskryf oor geelvis hengel. Die winter kan van jou beste tye wees. Grootbek ja maar daar si ook kans om die kleinbekke op sig te vang, met droë vlieë.
Wanneer die Vaal op sy beste is - mooi skoon - is dit soms beter as New Zealand. Moet net nie die water drink nie!!
Lees die artikels oor die winter maande hier - http://yellowsonfly.com/
As ek nog kans kry sal ek nog skryf hier. Jy het 'n boot nodig!

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Geel vis in die winter
Probeer maar eerder net vir grootbek geelvis, ek sal nie nymph/czech nymph nie. Probeer dieper poele met streamers.
Moenie veel verwag nie, gaan in die somer en die 4km stretch bokant die Aventura oord is hemel.
Moenie veel verwag nie, gaan in die somer en die 4km stretch bokant die Aventura oord is hemel.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Geel vis in die winter
Dis reg Johnnie, dit help nie jy probeer in die stroom versnellings met die gewone somer tegnieke nie.
Blesbok (ek het die naweek die vir jou gaan tik)
Ek hou van winter hengel. Die vis is almal in top kondisie, blink en spekvet. Die storie dat vis nie eet in die winter is 'n bog ou vrou storie. Jy moet net die vis soek. Gaan lees en verstaan wat die "thermocline" is. Kleinbekke skool in die winter, so as jy een kry gaan jy nog kry. Groot grootbekke is alleen en gebiedsgebonde, maar kleintjies hou in skole.
Hengel tyd is so van 10-3uur effens later vir grootbekke.
Kyk eers die poel deur vir oppervlak aktiwiteit-ek het al GB sien prooi jaag soos see vis. Kyk ook mooi vir skole geelvis wat naby die oppervlakte hang.
Gebruik intermediate lyn of dan stadige sinker. As jy net 'n dryf lyn het maak jou leader baie langer dubbel stok lengte. Tippet 8lb of swaarder as jy net GB hengel. Vir droog en net nymphs 7lb as water baie helder is tot 5lb.
Vir kleinbekke alleen teiken - jy kan net met klein nymphs hengel, so 2 bv swart mayfly + gold ribber hare's ear. Tandem rig. As jy goed is kan jy kort droppertjies maak met klein emergers teen die leader op. Soms werk 'n dragon nymph wat klein swart nymph "jaag" ook goed. Damsel nymphs werk lekker as daar water gras is.
* jy kan beide geles teiken vanaf die boot. Jy moet dieper water hengel, vanaf bors diepte tot selfs 2-3m. Anker net onder die stroom versnelling waar die water begin egalig vloei. Gooi skuins stroom-op, "mend" sodat jou vlieë kan sink. Nou moet jy heeltyd kontak hou deur 'n baie stadige retrieve. Die lyn moet effense boepens maak, met spanning in. Jy moet fyn voel vir byte.
* Laat die span vlieë swaai en natuurlik opstyg op die einde van die dryf. Baie vis vat nou!
* Indien jy geen byte kry, beweeg jy deur die poel, werk hom heeltyd so. Hou aan tot jy die einde van die poel - die stert of "tail" dek met die opswaai van die vlieë. Hierdie tail-out is een van die beste plekke veral laat middag.
Vir grootbekke en kleinbekke sit ek 'n groterige nymph #10 of selfs groter (dragon fly nymph) voor en dan agter 'n zonker of black woolly bugger. So die groot vlieg jaag die nymph
Dit hengel ek dan deur die poel en spits myself spesifiek toe op struktuur. Bv rots riwwe, diep kanale, tail-outs, bome, groot hiasint bed.
Laat middag, gaan ek na die einde van 'n goeie poel, kry 'n lekker rots om op te staan (as jy nie boot het nie is die 'n oplossing) en gooi dan stroom-op. Werk daardie deel goed. Die grootbekke en groot kleinbekke beweeg vanuit die diep dele en jag die deel van die poel soos wat die lig verminder. Dit is ook hier waar jy lekker kan dry en dropper hengel.
As jy net grootbekke teiken, sit 2 vlieë aan 'n effe kleinerige zonker of minnow agter op dunner tippet. Ek het al bul kleinbekke so gevang.
Wissel af tot jy sukses kry
*diepte vir die sink. van die oppervlak tot diep. Sit selfs split shot aan.
* spoed van die retrieve
* kleure - swar, donker groen, ligte helder kleure.
Indien jy aktiwiteit op die oppervlakte sien - dis die porpoise rise of head & tail - lyk soos 'n dolfyn wat net oppervlakte breek en insek eet. Kop-rugvin-stert. Kyk of jy sien wat is op die water. Boots dit na met 'n droë vlieg en dropper klein nymph so 10-40cm onder dit. Die baie spatterige rise beteken nie veel nie - gewoonlik caddis.
Ek het ook al kleinbekke gekry wat in 'n stil poel so 1m onder die oppervlak lê. Die skool bestaan uit so 100 visse. Ons het 'n klein poppertjie of dan baie groot droë vlieg soos 'n springkaan aangesit. Gooi so meter van die vis en kyk hoe kom hulle op en vat die vlieg. 'n Klein plukkie help soms. Laat die vis die vlieg vat tot jy hom voel op die lyn (hou die lyn onder spanning) Moenie kap as die vis lyk of hy die vlieg vat nie.
Ek het al baie fantastiese dae op die Vaal gehad - veral as die temp warm is -22C wintersdag. Vermy die dag net voor groot koue fronte deur kom, en so dag daarna.

Baie dankie vir die moete Carl.
As jy het sal jy en n paar ander manne dalk n paar fotos oplaai van die vliee ens. asb
As jy het sal jy en n paar ander manne dalk n paar fotos oplaai van die vliee ens. asb
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Geel vis in die winter
Ek sal. Nie baie fotos van grootbek vlieë nie maar dit is baie op die www.
Ken jy dalk vir Dawie Ras van Minitubers? Die man weet ook baie van vis daar in julle wêreld.
Ken jy dalk vir Dawie Ras van Minitubers? Die man weet ook baie van vis daar in julle wêreld.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Re: Geel vis in die winter
nee ek ken hom nie carl. waneer ek probeer self bind vir geel vis watse kleure en vorm moetek ingedagte hou
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Geel vis in die winter
Blesbok
Beste materiaal is rabbit zonker en dan marabou. Alles wat sag is en baie beweging maak.
Die beste kleure: swart, olyf en bruin. Ek hou ook baie van die natuurlike rabbit zonker, met blinker onderlyf. Dink maar hoe lyk 'n klein baber?
Cactus flash, swart, olyf, pearl en rootbeer/bruin.
Jy gaan baie patrone op die forel sites kry. Soek maar net vir die attractor tipe vlieë
http://www.adsafricanflies.co.za/pdf/ca ... _flies.pdf
Beste materiaal is rabbit zonker en dan marabou. Alles wat sag is en baie beweging maak.
Die beste kleure: swart, olyf en bruin. Ek hou ook baie van die natuurlike rabbit zonker, met blinker onderlyf. Dink maar hoe lyk 'n klein baber?
Cactus flash, swart, olyf, pearl en rootbeer/bruin.
Jy gaan baie patrone op die forel sites kry. Soek maar net vir die attractor tipe vlieë
http://www.adsafricanflies.co.za/pdf/ca ... _flies.pdf
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Re: Geel vis in die winter
Manne die tyd het aan gebreuk.
Na twee maande se wag en uit sien. Ek vlieg woensdag oggend op vrystaat toe om bietjie te gaan kuier, hengel en skiet, maar nou het ek n kwerie.
Kan n man n vieg stokkie en vliegies saam vat op die groot voel.
enige raad sal waardeer word.
Na twee maande se wag en uit sien. Ek vlieg woensdag oggend op vrystaat toe om bietjie te gaan kuier, hengel en skiet, maar nou het ek n kwerie.
Kan n man n vieg stokkie en vliegies saam vat op die groot voel.
enige raad sal waardeer word.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2346
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Geel vis in die winter
Ek sien die manne roer die Gb-geelvis naby Parys.
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
Re: Geel vis in die winter
Ek gaan op die grens van noord wes en vrystaat vang hoop ek kry n paar mooies
- Vlakvark Soldaat
- Hero Member

- Posts: 1702
- Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am
Re: Geel vis in die winter
Ons het so 2 weke terug in die Lindequesdrift omgewing op die vaal rivier bietjie pap gegooi. Ek het n 3kg geelvis gevang, 2.5kg karp, en 8 modderbekke. My vrou het haar eerste vis gevang, nogal ook n geelvis van so net onder die 2kg.
Louis
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga
Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Geel vis in die winter
Blesbok jy kan jou stok en vliee op die airie vat. Of laat ek eder sê ek het Mei met my stok en 'n boks vol vliee af gevlieg kaap toe.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm