Blesbok in die pot???

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Blesbok in die pot???

Post by Pvdw »

Dag almal.

Ek sal graag wil hoor wat julle s? van Blesbok vir vars vleis vir iets soos 'n pastei, rib of selfs boud in die WEBBER.

Ek het nou al klompie keer Koedoe geeet en Rooibok bleik ook werkbaar te wees. Het dit nog nie Rooibok self geproe nie maar sal graag wil

Ek het egter verneem dat Blesbok amper soos die Bleshoender en klip storie is waar die Bleshoender weggegooi word en die klip geeet word :P :P
Die inligting wat ek het is dat Blesbok maar eerder vir biltong en droe? wors moet gaan.

Enige opinie hieroor???

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Blesbok in die pot???

Post by erx »

Hi Pvdw

Da is niks fout met blesbok vleis nie, ek het ook al baie stories van manne gehoor wat se hy is niks lekker nie.
Sny vir jou 'n paar lekker steaks en dan spice jy hulle met Fredi Hirch se Hunters biltong spice, braai dan op die kole soos jy 'n lekker steak sou braai, nie dood maar met 'n bietjie pienk in die middel. Hy smaak vorentoe! Die probleem is dat mense wild te dood braai en hulle spesery dit nie genoeg nie, dan proe hy vars en wild.
Die blesbok karkas sny jy op en sit in stoompot om daai laaste vleisies af te stoom. Braai uie, green peppers en vet bacon en sit die kook vleis saam om heerlike wilds pastei te maak. Onhou so paar heel naaltjies in die stoompot, wild hou van hom.
Ek het al van my wors vleis wat nie gestop is nie, as gewone maalvleis gebruik, geen probleem.

Groete
erx
gaaf

Re: Blesbok in die pot???

Post by gaaf »

Peet

Ek eet ook graag Blesbok, dit smaak vir my wel baie minder wild as rooibok ens.

Ek sny sommer tjops en braai hom netso op die kole soos erx se net lekke spice bysit, hy maak ook 'n wenner van van 'n kerrie en rys in die stoompot!

En ja daai wildspastei, sal my skoonma inruil vir hom!

Groete

Gaaf
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Blesbok in die pot???

Post by Boertjie »

Gaaf

Jy hou van jou skoonma?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Blesbok in die pot???

Post by Pvdw »

Manne ek het daai blesbok nou al alle kant toe gaar gemaak en ek kry net nie sy slegre kant nie ;D ;D

Eerste aand was dit pastei, toe steak met deeglagie en gisteraand lekker "stir fry". Die wors op die vuur staan ook vir niks terug nie.

Sal weer so bokkie in die vriekas b?re as ek op een avkom.

Peet
Work to live, don"t live to work
gaaf

Re: Blesbok in die pot???

Post by gaaf »

Boertjie wrote: Gaaf

Jy hou van jou skoonma?
;D ;D, mag nie daaroor praat nie, mag dalk net in die moeilikheid beland.
gaaf

Re: Blesbok in die pot???

Post by gaaf »

Peet dis nou iets wat ek nog nieprobeer het, "stir fry" dit is verseker op my lys vir volgnende rondte
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Blesbok in die pot???

Post by Christo Els »

Ek het die naweek wat verby is vir my een gaan haal by die veld winkel en hy smaak vorentoe.
Om dat dit my eerste een is het ons net biltong, afkookvleis en maalvleis gemaak.


Afkookvleis : 1kg varklieslap (vel afgesny) op 5kg Blesbok. Dit so gekook tot varkie fyn is met klein bietjie asyn,koljander (gemaal),sout en peper. Dis toe gebruik vir pies

Maalvleis: 1kg beesvet op 5kg Blesbok en ons gebruik hom dat net soos gewone maalvleis

Biltong: Freddie Hirsch se jagter spice met min asyn.

Stirfry : Dit is nou 'n goeie idee

Glo my het al van alles ge-eet en dit smaak vorentoe, Baie beter as rooibok en springbok

Ek gaan vir my nog blesbokke reel die jaar
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Post Reply