Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sal graag wil hoor wat julle s? van Blesbok vir vars vleis vir iets soos 'n pastei, rib of selfs boud in die WEBBER.
Ek het nou al klompie keer Koedoe geeet en Rooibok bleik ook werkbaar te wees. Het dit nog nie Rooibok self geproe nie maar sal graag wil
Ek het egter verneem dat Blesbok amper soos die Bleshoender en klip storie is waar die Bleshoender weggegooi word en die klip geeet word
Die inligting wat ek het is dat Blesbok maar eerder vir biltong en droe? wors moet gaan.
Da is niks fout met blesbok vleis nie, ek het ook al baie stories van manne gehoor wat se hy is niks lekker nie.
Sny vir jou 'n paar lekker steaks en dan spice jy hulle met Fredi Hirch se Hunters biltong spice, braai dan op die kole soos jy 'n lekker steak sou braai, nie dood maar met 'n bietjie pienk in die middel. Hy smaak vorentoe! Die probleem is dat mense wild te dood braai en hulle spesery dit nie genoeg nie, dan proe hy vars en wild.
Die blesbok karkas sny jy op en sit in stoompot om daai laaste vleisies af te stoom. Braai uie, green peppers en vet bacon en sit die kook vleis saam om heerlike wilds pastei te maak. Onhou so paar heel naaltjies in die stoompot, wild hou van hom.
Ek het al van my wors vleis wat nie gestop is nie, as gewone maalvleis gebruik, geen probleem.
Ek het die naweek wat verby is vir my een gaan haal by die veld winkel en hy smaak vorentoe.
Om dat dit my eerste een is het ons net biltong, afkookvleis en maalvleis gemaak.
Afkookvleis : 1kg varklieslap (vel afgesny) op 5kg Blesbok. Dit so gekook tot varkie fyn is met klein bietjie asyn,koljander (gemaal),sout en peper. Dis toe gebruik vir pies
Maalvleis: 1kg beesvet op 5kg Blesbok en ons gebruik hom dat net soos gewone maalvleis
Biltong: Freddie Hirsch se jagter spice met min asyn.
Stirfry : Dit is nou 'n goeie idee
Glo my het al van alles ge-eet en dit smaak vorentoe, Baie beter as rooibok en springbok
Ek gaan vir my nog blesbokke reel die jaar
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)