Knipmesbrands

Enige iets tov messe.
Post Reply
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Knipmesbrands

Post by Supacow »

Na aanleiding van Beretta se Case verlies vertel bietjie van die brands wat jul verkies en hoekom.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Knipmesbrands

Post by Dries101 »

Case, en veral hulle sodbuster met hoe koolstof staal[IMG]http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/12 ... 2f7040.jpg[/IMG]

Want dan sit ek vir hom olienhout op.

Puma gentleman
Carl schlieper canoe
Buck 55
Kershaw whiskey gap

Daai is almal,mooi klasieke knipmesse

As dit my edc takties kom is daar net een mes
Spyderco paramil 1 of 2

Ek is al deur n chris reeve sebenza en n strider sng.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Knipmesbrands

Post by Finfan »

Enige lekker knipmes - Kershaw, Buck, CRKT, Victorinox
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Gawie(13mm) »

Enige mes wat ek self skerp gemaak het.
Kershaw, Joseph Rogers, Spyderco en natuurlik my Leatherman Wave. Elkeen het sy plek. My DKW messie op die oomblik is my pikante Lanski. Pas in my broek se geldsakkie en ek kan met hom skeer as dit moet.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Williel »

Ek is glad nie n meskenner nie maar sonder die Rooi Victorinox is ek verlore. Dis elke dag deel van my mondering en sonder hom is ek sommer siek, selfs al vlieg ek net van WHK na JHB en hy is in die koffer onder die vliegtuig.

Kan net noem dat ek van altwee my oupas hul Paul Kruger messe het. Met n inbraak onlangs was ek baie meer ontstig as oor ander dinge dat hulle ook weg is maar niemand wou dit vat nie.

Wat meer wil jy he, biltong sny, bier oopmaak en n rooiwyn se kurk trek. ++>:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete, Willie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Knipmesbrands

Post by tripodmvr »

Williel wrote:Ek is glad nie n meskenner nie maar sonder die Rooi Victorinox is ek verlore. Dis elke dag deel van my mondering en sonder hom is ek sommer siek, selfs al vlieg ek net van WHK na JHB en hy is in die koffer onder die vliegtuig.

Kan net noem dat ek van altwee my oupas hul Paul Kruger messe het. Met n inbraak onlangs was ek baie meer ontstig as oor ander dinge dat hulle ook weg is maar niemand wou dit vat nie.

Wat meer wil jy he, biltong sny, bier oopmaak en n rooiwyn se kurk trek. ++>:
My Victorinox nes joune is aldag in my sak. Goeie staal en is skerp genoeg om keel af te sny. Die ander goepertjies rond hom mooi af.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Knipmesbrands

Post by spekieries »

Ek dink ook die Victorinox messe is oulike dra-messe. Ek sal ook graag 'n Spyderco wil besit. Ek sien S&O het 'n baie goeie prys op 'n SOG mes gehad wat natuurlik ook 'n baie goeie naam het. 'n Mes wat my na aan die hart lê is die "cold steel messe".

Ai soos gewere is messe maar altyd mooi en iets wat 'n man moet hê.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Beretta »

Ek meeste van die brands op die mark maar nog nie n Queen mes brand nie miskien volgende jaar my dogter en skoonseun gaan VSA toe. Ek dra meeste van die tyd n Spyderco police in my sak vir die wis en onwis maar dan nog een gentlemans jewelery in my sak. Ek moet se n blond en mes wen die mes elke keer. Het darem so een of twee Benchmade messe ook D2 tool steel. Sal nooit genoeg messe he nie ;D ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Knipmesbrands

Post by tripodmvr »

Ons sal moet begin erken dat die skrefies oë besig is om goeie staal in die vorm van messe op die mark te plaas. Lyk nie aldag te mooi nie, maar by afslag n gebruik sien jy die resultate. Het al selfs 'n R35 mes gehou wat ek vir die slagters wou gee. Die lem is so rats soos wat kan kom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Knipmesbrands

Post by spekieries »

My eerste knipmes wat my oom Theo van Winterton vir my gekoop het was 'n mes waarop staan Queen. Praat ons van dieselfde mes Baretta. Neem bietjie fotos en plaas van die interessante messe manne.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Beretta »

Die queen is ek op soek na maaf hier in ons land is hy nie daar is baie mod om van te kied
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Frikkie Coetzee »

Queen messe is baie gesog gewees op hul dag. Ek het n Queen jagmes by n tannie gekry as n geskenk uit die 1960's. Ongelooflike goeie staal gewees.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Supacow »

My brands is kershaw puma en spyderco. Het wel so paar original bokers ook. Vandag se pumas is nie die vintage pumas se gehalte. Ek praat nou van die goue reeks. Het n sagte plekkie vir n mooi stockman.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Knipmesbrands

Post by alecjohnson »

Ek verkies Leatherman! die rede, ek breek myne gereeld omdat ek dit gebruik waarvoor dit nie gemaak is nie! en dan kry ek 'n nuwe.

Ek het eenkeer geweld, en my aard draad klamp gebreek, draai toe die drade om my leatherman en weld aan. Smelt tang punt weg, hen hulle lag en gee my 'n nuwe.

vir 'n mooi mes, kies ek 'n Joseph Rogers
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Knipmesbrands

Post by blaser »

is daai ou paul kruger messe iets werd
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Beretta »

Remington
Net as jy hulle vir my gee
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Philip J »

CRKT saam met my Leatherman Surge vir elke dag se dra.
Ek het so rukkie terug by ou Oom 'n mooi antwoord gehoor vir die manne wat altyd vra of jy bang is en daarom 'n mes dra. Die oom het geantwoord dat hy inderdaad baie bang is....
Bang iemand gee vir hom 'n stukkie biltong en dan het hy nie mes by hom om dit mee te eet nie ;D
Groetnis
Philip
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Jake1 »

Ek het vandag vir my pa n Kershaw mes gekoop vir kersfees. My pa is nou 72 en hy het nog altyd n lekker mes waardeer. Ek hoop hy hou van hom ;D
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Knipmesbrands

Post by Supacow »

Nice one Jake!
Die ouer garde is altyd stout vir n Joseph
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Knipmesbrands

Post by Chris Swart »

Ek dra elke dag 'n Buck Knipmes, hy sny enigiets van bokse tor biltong.

Maar ek het 'n slegte plekkie vir Victorinox knipmesse, ek het so stuk of 10, wat 'n paar limited editions insluit.

(Ek verkies egter die Buck vit elke dag dra, omdat hy 'n pocket/belt clip het.
Post Reply