Wat beveel julle aan?

User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Wat beveel julle aan?

Post by Tiny »

Dagse Almal..
Joh, ek het nogal lanklaas iets kom se hier.. Kry eintlik skaam as ek nou daaraan dink.. Maar ek het darm nog steeds kom lees wat se die groot manne as ek die tyd gekry het..

In elkgeval.. Ek wil nou al vir 'n hele ruk vir my 'n geweer koop.. Sodat ek nie as ek eendag 22 is, nog steeds van pa afhanklik moet wees nie.. Ek moet die outjie self betaal, so die sente is nie baie nie, maar ek wil ook nie gemors koop nie.. En dis soos ek vir pa gese het.. Die geweer gaan vir 'n baie lang ruk my enigste geweer wees en ek wil graag 'n koedoe of gemsbok met hom skiet as die kans daar is.. So my kop se vir my .308 of 30-06.. Die geweer gaan hoofsaaklik vir jag gebruik word en dalk 1 of 2 veldskiete 'n jaar.. So nou wonder ek, moet ek 'n nuwe roer koop, of 'n 2de handse 1 soek? Watse kaliber en as ek 'n nuwe een koop, wat moet dit wees? Ek luister graag na wat die groot manne se..

Groete
Tiny..
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Ponkie »

Tiny

Kom luister nou na jou Ouboet en koop 'n nuwe Howa, dan is jy klaar gekoop! Jy kan 'n 308 koop met die klaar laminated kolf vir 'n prys binne jou budget! Jy kan selfs 'n 270 Howa koop. Jy kan dan skiet van 'n springbok tot 'n koedoe en selfs die 8duim gong op 400m sonder 'n gredeboog! Haha!


Nee kom ons luister wat se die manne, maar ek kan jou waarborg daar gan nog Howa voorstelle uitdop asook ;n paar 243 voorstelle! ;)
Kan nie wag om jou te sien nie, vandag was die laaste gemors toe ek uitvind hulle het in my kar ingebreuk!  >:(

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Yes Tiny.

Ponkie het beslis die ding aan die regte kant beet - as jy net een roer wil koop en jy wil koedoes skiet ek ook sommer bietjie veldskiette ook doen is 'n 270W defnitief 'n goeie kaliber om te oorweeg.  Howa bied  baie goeie waarde vir geld.

Moet egter nie die nuwe Tompsons of Brownings  weggooi nie.

Nuut of 2de hands?  Jou persoonlike keuse - 'n nuut is beslis nie 'n versekering dat alles reg is en die wapen uitgesort is nie.  Die probleem met 270's is egter dat mens omtrent nooit, maar nooit 'n advertensie sien van iemand wat een wil verkoop nie!

Sterkte en geniet die proses - dis jou eerste girl so kies reg.

Jaco. 
Dont tell me, show me......
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Tiny »

Songdaug..
Het sommer maar net die 2de handse kaart gespeel vir interessantheid.. Ek dink net dis moeiliker om 'n 2de handse geweer in jou kaliber en wat in 'n goeie toestand is te kry.. Maar as daar een opduik, hoekom nie?

Ek het in Kloppers 'n Howa .308 vasgehou en was nogal baie tevrede met wat ek gesien het.. Dis die een met die dikker loop en die laminated kolf.. Dink dis die Varmint.. Jammer, ek is meer ingestel op die kaliber en prys gewees as die model.. Hehe..
My pa se altyd.. Jou sin is die helfte van jou besluit.. M.a.w. as ek 'n blou kar wil koop, moenie vir my 'n rooie wys nie.. Wel, met alle respek, my sin is in 'n .30 kaliber, so ek twyfel of ek .270 sal koop.. Maar asb ek se nie 'n .270 is 'n swak roer nie en ek luister na elke voorstel wat gegee word en oorweeg elkeeen, want ek wil nie 'n fout maak nie.. So moet asb nie ophou voorstelle gee nie..

Maar wag, ek is laat vir skool!.! Baie dankie vir die raad..
Groete
Tiny
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by JOHANNIC »

Tiny
As jy hoofsaaklik wil jag met die geweer kan jy verseker gaan vir die 270 maar as jy dink daaraan om somer baie te skiet sal ek gaan vir die 308 en jy kan somer veldskiete ook met hom skiet en sy loop sal seker 4of 5 maal langer hou as enige ander keuse,hy laai maklik en is dodelik akuraat as jy n rangefider gebruik om mee tejag en hy skop ook minder as die 270 ,sy koeels is ook maklik beskikbaar,en nie so duur nie.
Al raad wat ek vir jou kan gee is koop daardie geweer wat jy nog altyd wou he
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by WillemS »

Tiny
Al raad wat ek vir jou kan gee is koop daardie geweer wat jy nog altyd wou he
Baie waar wat Johan hier s? en dit smaak my as 'n ou eers jou hart op 'n 308 het kry ons(243) dit nie uit jul koppe ;) Dit klink my of jy klaar besluit het op daai 308 en soek maar net oortuiging...

Ek het self vir die eerste keer so 'n Howa 308 bietjie bekyk by Safari (net vir die aksie, nie die kaliber) en was regtig beindruk en jy gaan dit nog baie hoor!

Sterkte en geniet die koop!

Willem
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Ponkie »

243Songdaug wrote: Yes Tiny.

Ponkie het beslis die ding aan die regte kant beet - as jy net een roer wil koop en jy wil koedoes skiet ek ook sommer bietjie veldskiette ook doen is 'n 270W defnitief 'n goeie kaliber om te oorweeg.  Howa bied  baie goeie waarde vir geld.

Jaco.   
Tiny
Jou ouboeta was toe nie so verkeerd nie??! As jy wil sien hoe skiet 'n 270 Howa, Piet lotz skiet mos met een, hy het net die standaard loop. Ek sou stem vir die 308, want dan kan jy my doppe ook sommer skoonmaak en prime, dan hoef ek net kruit te gooi en punte dt druk!  ;)

Haha!
Sien vir jou more!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Raven »

Ponkie wrote:
243Songdaug wrote:
Tiny
Jou ouboeta was toe nie so verkeerd nie....... want dan kan jy my doppe ook sommer skoonmaak en prime, dan hoef ek net kruit te gooi en punte dt druk!  ;)
Haha!
Dit klink nou net soos my ouer broer  ;D  ;D

Raven
Last edited by Raven on Thu Mar 17, 2011 9:33 am, edited 1 time in total.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
jmb

Re: Wat beveel julle aan?

Post by jmb »

Tiny moet ook nie die 3006 uit die oog verloor nie. Ek weet nie hoeveel gewere jy wil koop nie maar as jy net een gaan koop is hierdie kaliber beslis een om na te kyk. hy is 'n baie goeie "allrounder".
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Monrique (SJ) »

Tiny

Ek dink jy weet klaar wat jy wil koop, jy wil eintlik net weet watter maak.  Jy gaan nie fout maak met die Howa nie.  Ek wil nog vir my 1 koop in 223Rem.

Groetnis
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Robert »

SJ

Ek gaan nou my beter helfte se bloeddruik heel opjaag.  :angel: :-X

Ek loer so onderlangs na die HOWA se .223. Plastiek kolf met die "flutted" dikloop.

Wag net tot daar weer 'n paar ponde beskikbaar is en hy staan in my kluis langs die 3/4 duim. ;)

Robert
Oorwining deur opleiding
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Stefan764 »

Tiny

Ekt 3 weke trug vir myself n HOWA 1500 in .243 kaliber gekoop. R4900. Jy gaan lank soek voor jy weer so kwaliteit geweer teen dai prys kry.

As ek nie my 7x64 gehad het nie en ek moes vir n .30 kaliber gaan sou dit beslis vir die 30-06 gewees het. Hy kan ALLES ALLES doen wat die 308 doen, gee jou net meer opsies met spoed. En dis nogals belangrik as jy net een geweer vir die volgende 10 jaar gaan he. Glo my ek was ook daar.

Jammer die HOWA maak nie n 7x64 nie, ander kon jy sommer vir jou n BUL geweer uitgetrek het!  ;D

Groetnis en sterkte met jou besluit mater. Dis n baie baie lekker deel van n man se lewe waar jy nou is, geniet!!

Stefaans
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Tiny »

Almal..
Baie dankie vir die raad, ek waardeer dit..

Ek sou nie se ek het my hart op die .308 in Kloppers verloor nie.. My pa (ou Ponkie) skiet met 'n 30-06 en ek aanbid omtrent daai roer.. Snaaks genoeg is dit Ponkie (wat nie eers mal is oor 'n 30-06 nie) wat die roer gaan erf.. Haha.. Wat ek probeer se is dat ek maklik 'n 30-06 of iets in daardie lyn ook sal oorweeg.. Ek skiet op die oomblik met 'n 7x57 en as Howa een gemaak het, het ek nie eers die topic oopgemaak nie.. Maar ek wou darem ook net eers kom seker maak oor of ek maar 'n Howa kan koop.. Nou dat ek weet ek kan, moet ek net my mind op maak oor die kaliber..

(Ponkie, ek dog jy kom eers Saterdag? En more is Vrydag!)
Groete
Tiny
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Nico Harris »

kry n HOWA  jy sal nie spyt wees nie!!!!

groete

nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Boesman »

Tiny

Ek hoor jy skiet beter as Ouboet...




;D
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Ponkie »

Boesman wrote: Tiny

Ek hoor jy skiet beter as Ouboet...

;D
Boesman

Laat Tiny self vir ons vertel wat sy teorie rakende dit is. . .  Ek sal voor die tyd bieg dat Tiny baie makliker "doodruk" agter 'n geweer as ek! Die dinge moet beweeg vir my, adrenalien dan mis ek nie maklik nie! haha!

Tiny
Ja ek kom more huistoe, maar met die padwerke en verkeer kan ek dalk eers so Sat se oggendure by die huis kom! Haha! EN nog 'n ding, nee ek like die 30-06 kwaai, ons weet mos nou albei wat ou Ponkie oor die roer se, "julle kan hom na my dood kry"

Een van die dae staan daai Howa 243 by S&O in die kluis!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Hunter xxx

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Hunter xxx »

Tiny

Koop wat jy wil  onthou ons gaan nie met jou geweer skiet nie jy gaan hy moet vir jou pas.
Is dit vir stap of agter op die Kar.
300 win. 7mm rem mag
Groete
Hunter :angel:
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by 243Songdaug »

Hunter - jou langafstand yster!  Is self stout oor beide die kalibers - oor hulle so lekker maak daar waar dit ver is.
Dont tell me, show me......
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Tiny »

Boesman!.!
Lyk my jy is lus om 'n fight in die huis te begin!.! Haha.. Maar ek het dieselfde storie as jy gehoor.. Haha.. Nee ek grap sommer.. Ek en Ponkie is 2 verskillende skuts.. Dis soos hy se, ek is die een wat doodgaan agter die roer terwyl hy die aksie soek..
Ponkie, ek terg jou sommer oor die geel lat!.! Ek weet jy wil hom net so graag he..

Stefan
Waar het jy jou 223 gekoop? Klink na 'n baie goeie prys..

Hunter
Dis al 2 baie lekker roere daai, regtig.. Vra maar vir Ponkie wat se ek altyd van die 7mm.. Maar hulle is bietjie te groot vir my.. Sal hulle eendag as ek groot is aanskaf..

Groete
Tiny
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Stefan764 »

Halo Tiny

Ek het my  243  ;D  by Camdix in Krugersdorp gekoop, hulle hardloop n special op die HOWAs. Dun loop met gewone swart Hogue kolf.

Jy sali fout maki mater. En dissie ek wat so se nie. Gaan kyk bietjie die videos op Youtube en praat met FM.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by BLOK »

Ditto Stefan

Ek het ook een gekoop ook in 243 so R900 meer betaal as Camdix maar vir die prys wat jy betaal en die waarde wat jy kry gaan jy bitter ver soek en niks kry wat dit beat nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Wat beveel julle aan?

Post by KSV »

243Songdaug wrote: Hunter - jou langafstand yster!  Is self stout oor beide die kalibers - oor hulle so lekker maak daar waar dit ver is.
Hoor nou vir ou recoil shy!

Ponkie,

Jy kan ma die Howa vat.  Ek is hoeka besig met nog een.

Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Armand Steenkamp »

Tiny.Jis mater wat was jou besluit toe?Of besluit jy nogsteeds?
Ek gan jou my 2c ge dalk maak dit jou besluit so bietjie makliker.
Ek sou se vat die 308win.Ek het n sagte plekkie vir die kaliber
hoeka omdat jy met die minimum dopvoorberyding en vieterjaasies
n duim groepring skied.En as jy nou moeite doe halfduim groeperigs
heeldag lank.Laat weet wat jy besluit het

Hou die lood in die lug
Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Wat beveel julle aan?

Post by fanie17 »

Tiny
Koop die HOWA 30-06 as dit jou enigste geweer vir n tyd gaan wees ,en jy kyk na al die voor en nadele,is dit die regte besluit.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat beveel julle aan?

Post by Tiny »

Oh jitte..
Ek het al vergeet van die topic.. :-) Ek was van plan om die Howa 30-06 te koop, maar toe kom dirtyoldsix in die prentjie met sy CZ 550 30-06.. Gaan nou die naweek met pa gesels en dan my finale besluit maak.. Sal laat weet..
Groete
Tiny..
Post Reply