Luiperd of bruin hiena of albei.

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by Frederik »

Ek het so deur my fotos gegaan om fotos van rooiboke te kry met swart op hulle gesigte toe kom ek op die twee fotos af. Klient het die skoot bietjie getrek en die donker het ons gevang toe vind ons die rooibok so die volgende oggend. Nou die plaas is tussen Origstad en Lydenburg in die berge en ja daar is baie luiperde en hienas.

Maar was dit net luiperd of net hiena se kind of dalk albei wat hier gevreet het? Die gras en liggen het dit baie moeilik gemaak om ordentilik spore te sien.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/P9241550_zps15a0ed68.jpg

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/P9241551_zps13d3181c.jpg
User avatar
BennieO
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by BennieO »

Sou 'n Luiperd nie die karkas in 'n boom ingedra het nie, of selfs die oorblyfsels versteek het nie?
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by Frederik »

Bruin hienas is nie regitg 'n gevaar vir luiperd nie en hulle sal net die kos opneem in 'n boom as daar ander is wat die van hulle kan steel. Moet ook in ag neem as jy na die karkas baie vars is en die moontlikheid dat ons die dier weggejaag is groot is toe ons daar aankom.
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by gillie »

Sal nou nie juis kan help met identifikasie nie, maar lyk darem asof wat ookal die eetwerk gedoen het, dit mooi gedoen het en die ram vir julle mooi gekuipslag het vir n shoulder mount. :o
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by mariusr »

Lyk vir my na morsige eeter? Dink dis bruin hiena maar kan nie net een wees?! Of hele familie jakkies? Daai karkas is darem gevreet moet meer as een dier gewees het? Miskien bosvark ook?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by Pvdw »

Pens mooi eenkant en vel mooi opgerol, is dit nie maar die katfamilie se manier nie. Weet rooikat eet so maar uit die aard van die saak is rooikat nie 'n verdagte hier nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by Frederik »

Wat my pla is waar is die agterbene heen hulle was nerens naby te siene nie en dit gee my die idee dat beide luiperd en hiena hier dalk ge-eet het kyk ook hoe die rugwerwel gekraak is. Wat dit ook in elk geval was dit was honger.
Tallies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Sat Aug 18, 2012 10:04 pm

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by Tallies »

Wil saam met Pvdw stem dat dit meer na 'n kat lyk.Sou se^ dat hienas nie net vir die poeding gaan nie maar die ribbes ook skeur.Net bly hier is nie so iets by die skaap nie,anders sou ek nooit geslaap het nie.

Tallies
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Luiperd of bruin hiena of albei.

Post by JK »

Lyk vir dalk my meer n strandjutwolf, of hy was dalk laaste daar. Noggie gesien n luiperd vreet so baie op een slag nie, en vreet ook nie somer bene voor die vleis op is nie.
Post Reply