Ek roep nou al 'n geruime tyd. Het al goeie sukses gehad op ons eie plaas en buure om ons. Ons boer so 12km uit Tweeling langs di Libenbergsvlei rivier.
Langs ons boer naweek boere net met beeste. Dis groot plaase met baie koppies ideaal vir jakkies om te teel. Die boere bly in die stad ek kom min op die plaas. Meeste van ons Jakkies kom van hul af.
Ons het al baie mense gekry om die Jakkies bitjie te kom minder maak...so het ek heelwat by hul geleer
en later begin self roep.
So het die Gogga 'n vriend van my wat ander kant Frankfort boer ook gebuit. So jag ons twee saam naweke as ons 'n geleentheid kry. Die jakkalse vang nou kwaai by hul. Het Vrydag aand 3 groot ooie gevang. Ons besluit toe om Saterdag aand te gaan. Kies toe 'n mooi plek in dieselfde kamp as wat skape loop, gooi bakkie mooi toe, wag so 10 min en begin roep. Maar niks.....Geen oë, en hoor ook niks. Dis nou al die 5de keer in 'n ry wat ons niks by hom kry nie. Ons roep nie te veel nie ook nie te lank nie....probeer so natuurlik as moontlik te roep.
Het nou al gedink daar is fout met die roeper.....maar die Jakkalse het tog gereageer by ons plaas op die roepe en ekt al 3 so geskiet by ons. Het gesukkel om hul te stop so oppad was hul na my toe. Het ook al 'n paar goeie roepe hier op Jaracal se online shop afgelaai...maar steeds geen sukses! Ek kan ook nie dink dat ons die Jakkalse slim gemaak het of iets nie. Ons sien en hoor dan niks nie. As ons nou al 'n paar mis geskiet het of so iets....sou dit te verstaande gewees het...maar het nog geen sukses by hul gehad nie. En het elke keer 'n paar nuwe geluide probeer...het gedink dit sal werk.
Is regtig raad op....daar is baie Jakkies ons weet dit. Die werkers kry hul tot in die dag. Die Kersie op di koek was....nadat ons Saterdag op 3 plekke probeer het en geen sukses gehad het en toe opgepak het....ry ons terug dorp toe en seker 2km van waar ons geroep het...hardloop hy in pad!!!!! Dog ek gooi die bakkie om!!!

