Ek en friend is moedeloos!!

User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Eks 'n nuwe lid op die Forum. Lees gereeld artikels op hom en het al baie geleer.
Ek roep nou al 'n geruime tyd. Het al goeie sukses gehad op ons eie plaas en buure om ons. Ons boer so 12km uit Tweeling langs di Libenbergsvlei rivier.
Langs ons boer naweek boere net met beeste. Dis groot plaase met baie koppies ideaal vir jakkies om te teel. Die boere bly in die stad ek kom min op die plaas. Meeste van ons Jakkies kom van hul af.
Ons het al baie mense gekry om die Jakkies bitjie te kom minder maak...so het ek heelwat by hul geleer
en later begin self roep.
So het die Gogga 'n vriend van my wat ander kant Frankfort boer ook gebuit. So jag ons twee saam naweke as ons 'n geleentheid kry. Die jakkalse vang nou kwaai by hul. Het Vrydag aand 3 groot ooie gevang. Ons besluit toe om Saterdag aand te gaan. Kies toe 'n mooi plek in dieselfde kamp as wat skape loop, gooi bakkie mooi toe, wag so 10 min en begin roep. Maar niks.....Geen oë, en hoor ook niks. Dis nou al die 5de keer in 'n ry wat ons niks by hom kry nie. Ons roep nie te veel nie ook nie te lank nie....probeer so natuurlik as moontlik te roep.
Het nou al gedink daar is fout met die roeper.....maar die Jakkalse het tog gereageer by ons plaas op die roepe en ekt al 3 so geskiet by ons. Het gesukkel om hul te stop so oppad was hul na my toe. Het ook al 'n paar goeie roepe hier op Jaracal se online shop afgelaai...maar steeds geen sukses! Ek kan ook nie dink dat ons die Jakkalse slim gemaak het of iets nie. Ons sien en hoor dan niks nie. As ons nou al 'n paar mis geskiet het of so iets....sou dit te verstaande gewees het...maar het nog geen sukses by hul gehad nie. En het elke keer 'n paar nuwe geluide probeer...het gedink dit sal werk.
Is regtig raad op....daar is baie Jakkies ons weet dit. Die werkers kry hul tot in die dag. Die Kersie op di koek was....nadat ons Saterdag op 3 plekke probeer het en geen sukses gehad het en toe opgepak het....ry ons terug dorp toe en seker 2km van waar ons geroep het...hardloop hy in pad!!!!! Dog ek gooi die bakkie om!!! >:+ Hoop jul manne het raad!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by pieter h »

Sniper18 julle moet dalk dagroep probeer in omgewing waar werkers hulle bedags sien. Sterkte daar
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Dankie. Ja sal di dag roep ding bitjie probeer!
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by jamalley »

Die naweek boere het nie dalk seuns/kinders wat oor die naweek ook, soos dit deesdae gaan, met 'n gekoopte roeper, geen opleiding of ondervinding gaan roep en die jakkalse slim maak nie?
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Dit is nie by ons waar ek sukkel nie. Dis by my vriend hul plaas is so 20km anderkant Frankfort.
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by James Wilson »

Sniper, ek belowe jou jy is nie alleen nie, ons begin die moeilike tyd ingaan. Van nou af vorentoe moet jy n gesoute jakjagter wees om sukses te behaal. Verkeerde roeppe kan jou in die voet skiet. Het jy al n roep kurses gedoen?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by G-force »

Sniper die kere wat jul nou daar geroep het,het jul op die selfde plek/area gestaan?Weet jy waar hul kern gebied is?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by cassie_calvinia »

stem saam met ge
kern gebiet, anders sal jy 'n jaar roep, sonder om iets te skiet. en, maak hul net slim.
het jy al kurses gedoen? as nie, asap!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Ek het nog nie 'n kurses bygewoon nie. Maar het al baie die bestuur werk gedoen by ouens wat hul storie ken. Oorlede oom Peet wat naby Heidelberg gebly het was een. Hy het oor die 7000 Jakkalse geskiet in sy leeftyd. Waarvan seker 10 of 12 op ons plaas was... Sal hom en sy Zackrussel RAMBO nooit vergeet nie. Het ook al artikels gelees oor hoe om hul te roep en watse roepe om te gebruik watter tyd van jaar. So ook hul siklus geleer. Soos byvoorbeeld hul is nou aan einde van sosiale en begin van paar tyd. Het ook al so met die tyd geleer dat j jou eie roepe moet versamel. Het een aand 'n Jakkals gekwes....en hom toe gerecord... Daai geluid werk baie goed. So het darm so bitji ondervinding maar sal graag 'n kurses wil bywoon...
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Ons het nooit op dieselfte plek geroep nie. Ons hoor maar so by die Werkers en my vriend se Pa waar hul lammers vang....gaan dan voor son onder en kies 'n goeie spot waar ons lekker ver kan sien en gras nie te lank is nie. En waar ons op dieselfde plaas geroep het, het ons tenminste 3 weeke gewag voor ons weer gegaan het!
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Pvdw »

Het julle al bepaal waar die kern gebiedde is?? Vang en vreet plek is een ding maar jy moet hulle gaan soek daar waar hy op sy eie stoep sit. Kry hulle adres en die wa is deur die drif.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by G-force »

In my opinie is drie weke bietjie min.Tot hoelaat het jul gesit en roep?Probeer dalk later die aand te begin.Ry eers so 21h00 soentoe.Onthou hy bly en vang nie in die selde plek nie so as jy dalk te vroeg begin roep in sy vang area is hy dalk nog op n ander plek.Ek is dalk verkeerd maar ek sal dit afwissel van normaal af.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Nee ons weet nie waar hul kern gebied is nie. Ons roep tot 11uur half 12h se kant. Roep van So 7h tot 9h op een plek dan skyf ons na anderplek. Roep so op 2plekke partykeer 3 plekke in een aand.
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by G-force »

Kry jy geen antwoord nie al is dit ver weg?Watse jakkals roepe gebruik julle daar?Hoe ver skuif jy tussen staanplekke?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Laaste 5 keer het ons niks Antwoorde gekry nie. Ons het Jakkals roep 1 en 2 Probeer. Het ook al vlekkie 3a probeer. Skuif so 800m tot 'n km. Tussen staan plekke. Of as dit baie stil is na 'n ander plaas.
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Mac »

Sniper,

Hierdie is maar net 'n klip in die bos, maar ek het al gekry dat die meeste groot ooie wat gevang is, is deur rooikatte gevang, en vlekkie kom maar net agterna, dit kos vlekkie nogal baie werk (tyd) en maatjies om 'n groot ooi plat te trek, vernaam in 'n trop, want die ooi sluit by die trop aan sodra sy kans kry. Drie op een aand vir vlekkie wil gedoen wees, ek twyfel dat hulle al die skuld sal dra. kyk maar bietjie wyer.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Ja dit kan maklik 'n rooikat ook wees. Ons het nie na die ooie gaan kyk nie,daar was nie tyd nie. Volgens werkers is al 3 ooie in een aand gevang. Sal bitji gaan ondersoek doen...
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Cobus(Cobb) »

Hiers gou 'n storie....use it, dont use it....

Ek en Dewie sit en roep, soos altyd,....ons kan seker 400m agter ons sien en tot so 800m(boomlyn) voor ons. Geen vokale reaksie, geen oge nie. 45min gesit, koffie gedrink, roeper loop haal. 600m vorentoe gery tot so 200m voor die boomlyn.
Kliphasie ZF...20min toe ry 3 jakke saam.
As ons nie nader gery het nie, het ons niks kon skiet nie....en nee, daai drie was nie nog oppad na vorige stand toe nie..hulle het ons gestorm daar uit die bome uit.

Kerngebied...dis die wagwoord.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Mac »

Om nie na die ooie te kyk, en vas te stel wat vang, het jou 'n hele aand se tyd gekos, die kyk self sou net 'n paar minute geduur het, julle was hoeka in dieselfde kamp. Prioriteite maak als net makkliker
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by cassie_calvinia »

stem saam met mac. huiswerk moet deeglik en reg wees.
onthou, taffie het vir my gese die tyd van jaar, vermy vangplekke. hul is bitter skelm by vangplekke.
kry jou kern!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Dankie vir die goeie raad. Sal bitjie huiswerk gaan doen. Die Jakkies gaan ons nie wen nie.!
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Suidwes »

Hallo Sniper,

Ek deel in jou mismoedigheid. Ek het my strategie hierdie jaar verander want het gesukkel om jakke ingeroep te kry by my en my terrein is rof, staanplekke is min en wyd uitmekaar. Met die verandering in die strategie het ek 10 jakkels by my geskiet die jaar al, meer as laas jaar.

Ek doen die volgende, ek probeer uitvind waar hulle water drink op my plaas. Ek is n armgat, so ek het nie trailcams nie. Ek gaan oggende uit dan maak ek skoon om die krippe in die areas waar hulle is. Aaande gaan kyk ek, so bepaal ek of hulle deur die dag water drink of nie. Dan maak ek weer skoon en die volgende oggend kyk ek weer, so herhaal ek die proses by my waters vir n week of so. Dit gee min of meer vir my n indikasie waar hulle suip en die meeste.

By daai krippe bery ek daan my voorsit plek voor, of in n boom of n skerm op die grond. Ek los dit dan so tot ek sien hulle begin weer daar water suip, wat by my verbasend vinnig is, +/- 5 dae. Dan gaan ek uit vir n hele nag na daardie water toe, ek vat nie eers n roeper saam nie, want dit ly my in die versoeking om te roep as ure verbygaan en daar kom nie jakkies in nie. So skiet ek hulle as hulle water kom suip.

Die voordeel hiervan ook is , soos jy nagte deurbring by die waters, hoor jy waar hulle meeste aktief is. Daar kan jy dan gaan spoorsny en sien of dit adresse is of vang areas.

By my is al die jakkalse geskiet van 7pm tot 11pm en van 4am tot son opkom. So nou sit ek ook nie meer heelnag in die bome nie, ek klim middernag uit en slaap in my bakkie wat redelik ver weg is, dan kom klim ek weer so 3:30am in die boom. Ek gebruik nooit n flits om na en van my bakkie te beweeg nie, paar maal oor bosse geval, jakkies wonder seker watse klanke daai is...

As jy nie jakke met n roeper in die nag inkry nie, maar hulle is daar, moet jy jou strategie verander, dit is wat ek maar wil se.

Groete
Suidwes
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Halo Suidwes
Dis 'n baie goeie plan wat jy daar het! Het nog nooit daaraan gedink nie. So kan jy ook sien watse ander gediertes op jou plaas is...deur net na die spore te kyk! Dit sal ongelukkig nie by ons werk nie. My vriend se plaas is teen die Wilge rivier en daar nog baie damme ook op die plaas. Daars ook geen bosse soos daar by jul nie. Die Vrystaat is mos maar plat en oop soos jul weet!
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Suidwes »

Ja nee,

Klink vir my moeilik vir voorsit daar, maar waarop dit neerkom, is dat jy jou roetine en strategie verander, in plaas van aand roep, roep in die oggend hier van 1am af of so iets. Dit is hier bo ook genoem. Ek het ook laas jaar aand roep gedoen en niks gekry nie, maar toe staan ek 1:00 op en gaan roep en die eerste aand wat ek dit doen toe skiet ek n teef, daarna nog 4 gekry so. Die blikskotteltjies is mos maar skelm en leer jou roetine is ek seker daarvan, as jy dit verander dan betrap jy hulle omkant partykeer.

Voorspoed met die jakkies, hoop jy kry darem n paar dood, wil se almal, maar ek dink dan lewe ons in n droom wereld!

Groete
Suidwes
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Post by Sniper18 »

Dankie suidwes sal bitjie strategie verander. Dink ek moet een aand van so 3uur af tot Sonop probeer!
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
Post Reply