Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
Post Reply
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Francois Hugo »

Hello alle Jakkals jag/skieters ++>:

Ek toets so effe die water met die behoefte vir 'n Jakkals/Rooikat jag kursus deur Taffie/Louis en Niel Viljoen in kombinasie - Ek het Louis en Taffie se gevoel getoets en hulle is bereid om saam te werk aan so 'n kursus. - Ek sal Niel ook kontak as die kursus van die grond af kan kom....

Die manne in die Noorde het reeds so 'n gesamentlike kursus gedoen en as ek na die kommentaar kyk was dit 'n reuse sukses. Volgens alle aanduidings en aanbevelings is dit die manne wat genoeg tyd al spandeer het in die veld om vir ons ou Wes Kapenaars so effe 'n ding of twee te kom wys!!!

So vandaar my invalshoek.

Die volgende is die probleme:

1 Daar moet belangstelling wees!!! ???

2. Die plek van aanbieding moet darem redelik maklik bereikbaar/sentraal wees vir die meeste Wes Kapenaars en Noord Kapenaars wat sou belangstel. - Wocester/Touwsrivier/Ceres/Tankwa Karoo kom by my op, want ek dink daar sal plek wees om darem prakties in die aand ook te gaan doen, as ek die jakkals probleme in daardie omgewing so beluister.

3. Daar moet 'n man voorvat. - Dit lyk my nie dit sal ek wees nie!!! ::) >:D 8)

Die man sal seker die omgewing moet ken - plek van aanbieding - genoeg blyplek - genoeg plek om saans uit te gaan - kostes te bereken van die kursus/verblyf ensovoorts.

4. Kostes moet Taffie, Louis en Niel se kostes om daar te kom en kursus aan te bied kan delg.

5. Die getal persone sal seker nie meer as so tussen 20 en 30 op die meeste kan wees nie anders sal ons niks uitrig in die prakties nie.


6. Tyd wanneer die kursus aangebied moet word.

So waar is die "mal" Wes Kaapenaar soos Geno, wat bereid is om vir voor te vat!!!!!?????Enige manne wat wil inkoop en bereid is om voor te vat? - Ek staan uit die water aangesien ek reken die belangstelling in my omgewing (Lutzville - Namakwaland) te min sal wees om dit op die skaal aan te bied

Help daar iemand!!! Groot asseblief!!! Julle het reeds 1 naam: CF Hugo, ek sal dalk nog slagoffers hier rond kry. :angel:

Groete uit die Namakwaland

Francois Hugo
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by cassie_calvinia »

dagse!
ek sal belangstel. darm nie te ver nie.
solank dit nie ploegtyd is nie, sal ek kom.
ek ken redelik mense daar ook, wat miskien sal belangstel.
rawsonville.
goudini spa sal lekker plek wees, maar, weet nie of mens daar sal demonstrasie kan hou nie.
miskien ceres?
HOU HOM DAAI DIKTE
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Ockert1992 »

Middag Manne,

Ek sal self belangstel.

Het nou nog nie self gejag nie, maar was darem al heelwat kere agter die stokke.

Sal graag meer wil leer.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Cobus(Cobb) »

cassie_calvinia wrote: goudini spa sal lekker plek wees, maar, weet nie of mens daar sal demonstrasie kan hou nie.
Cassie, jy wil nou net weer in die watertjies baljaar.... ++>: ++>:
(skuus vir die hijack)
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by hennief »

Ockert1992 wrote:Middag Manne,

Ek sal self belangstel.

Het nou nog nie self gejag nie, maar was darem al heelwat kere agter die stokke.

Sal graag meer wil leer.
+1
User avatar
pam
Full Member
Full Member
Posts: 146
Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by pam »

Kom Kom hentie waars daai plaas van jou
hahaha
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Jakkie 321 »

Sal ook belang stel as die koste nie te hoog is nie.
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Francois Hugo »

Hello manne,

Die feit is dat baie sal belangstel!!!

Die probleem is die man wat kan voorvat in daardie area aangesien, ek skat dis die beste plek om bymekaar te kom? - redes dis sentraal, het genoeg jakkals probleme en naby 'n klomp manne wat beskikbaar behoort te wees vir die kursus en nie te verskriklik ver vir Cassie nie!! :angel:

Hoe lyk dit, ons soek 'n man wat voor wil vat met die reelings van plek (blyplek, kursus plek en praktiese "oefen" plek) en die tyd wat ons die poging werklikheid kan maak, die res sal ons mee kan help en dit lyk my daar is al belangstelling.

Enige iemand wat wil voorvat? Dink daar is 'n klomp manne wat graag by hierdie klas van manne met uitstekend kennis sal wil kers opsteek!!

Groete uit die Namakwaland

Francois Hugo
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by cassie_calvinia »

maat
hoekom staan ons nie maar saam, en reel die ding nie.
almal kan mos iets reel?
dalk moet jul dit maar ver reel, dan is jul ontsla van cassie!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Geno »

Francois Hugo wrote:So waar is die "mal" Wes Kaapenaar soos Geno
Nee Broer, ek het nog nooit in die Wes Kaap gewoon nie. Jy dink nie dalk aan iemand anders nie?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by DWB »

Geno, hy bedoel seker iemand soos jy in die Wes Kaap :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Francois Hugo »

Dankie DWB, het darem vir Geno so ge-pm!!! :angel:

Cassie, my probleem is die plek!!!! Daar moet darem nog lewende kwaaddoeners wees, want waar gaan ons dan anders daardie laaaaanag skote van die "proffesional" te siene kry!!!???? >:+

Verder probeer ek kyk of daar nie 'n man wil uitdop wat meer sentraal is nie?? Daar is tog sekerlik baie manne wat in die Kaap/Boland en onmiddelike Karoo omgewing (Calvinia, Fraserburg, Sutherland, Beaufort,Lainsburg, Barrydale) en die klas van omtes belang sal stel, wat die kursus kostes weer sal kan afbring. Sien daar is selfs al 'n man van Mosselbaai (dink ek), wat belangstel!!!

As ek die kursus getalle so in die "platteland" kyk lyk dit vir my so op 10 tot 15 man op 'n slag en om drie man van die kaliber hier rond te kry gaan effens meer kos as man in rekening bring waar hulle vandaan moet kom.

So nou is ons weer terug by "square one" :( >:( ::)

Enige iemand wat kans sien, ek stem saam met Cassie ons sal help waar dit kan!!

Groete uit die Namakwaland.

Francois Hugo
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by cassie_calvinia »

manne!
middelpos is so 300km uit Worcester, N1. en ceres karoo 240 buite ceres.
ek en francois dink daaraan om dit op middelpos te hou.
sal julle ry tot hier? of is dit te ver.
lekker goedkoop hotellietjie, en saal beskikbaar.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by cassie_calvinia »

as jul dink dit is regte plek, sal ek reelings vat
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by cassie_calvinia »

en daar is 'n bar!!!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Leiding neem Roep kursus - Boland- Wocester omgewing

Post by Francois Hugo »

Hygent hert Cassie,

Maar jy tik vinnig!!!

Nog besig om met jou op e-pos te pm en hier is jy al by die bar!!!! ++>:

Ek is in vir Middelpos - net 'n poll maak vir die datum sodat ons die meeste manne kan betrek en eers bepaal wanneer die die kursus leiers sal pas sou ek reken???

Vir my is die prakties gedeelte die belangrikste, man moet darem maar sien wat die "boffins" daar in die veld doen!!

Groete, hoop die manne stem vir die een!!!! ??? ??? :-\ ++>:

Francois Hugo
Post Reply