Ek toets so effe die water met die behoefte vir 'n Jakkals/Rooikat jag kursus deur Taffie/Louis en Niel Viljoen in kombinasie - Ek het Louis en Taffie se gevoel getoets en hulle is bereid om saam te werk aan so 'n kursus. - Ek sal Niel ook kontak as die kursus van die grond af kan kom....
Die manne in die Noorde het reeds so 'n gesamentlike kursus gedoen en as ek na die kommentaar kyk was dit 'n reuse sukses. Volgens alle aanduidings en aanbevelings is dit die manne wat genoeg tyd al spandeer het in die veld om vir ons ou Wes Kapenaars so effe 'n ding of twee te kom wys!!!
So vandaar my invalshoek.
Die volgende is die probleme:
1 Daar moet belangstelling wees!!!
2. Die plek van aanbieding moet darem redelik maklik bereikbaar/sentraal wees vir die meeste Wes Kapenaars en Noord Kapenaars wat sou belangstel. - Wocester/Touwsrivier/Ceres/Tankwa Karoo kom by my op, want ek dink daar sal plek wees om darem prakties in die aand ook te gaan doen, as ek die jakkals probleme in daardie omgewing so beluister.
3. Daar moet 'n man voorvat. - Dit lyk my nie dit sal ek wees nie!!!
Die man sal seker die omgewing moet ken - plek van aanbieding - genoeg blyplek - genoeg plek om saans uit te gaan - kostes te bereken van die kursus/verblyf ensovoorts.
4. Kostes moet Taffie, Louis en Niel se kostes om daar te kom en kursus aan te bied kan delg.
5. Die getal persone sal seker nie meer as so tussen 20 en 30 op die meeste kan wees nie anders sal ons niks uitrig in die prakties nie.
6. Tyd wanneer die kursus aangebied moet word.
So waar is die "mal" Wes Kaapenaar soos Geno, wat bereid is om vir voor te vat!!!!!?????Enige manne wat wil inkoop en bereid is om voor te vat? - Ek staan uit die water aangesien ek reken die belangstelling in my omgewing (Lutzville - Namakwaland) te min sal wees om dit op die skaal aan te bied
Help daar iemand!!! Groot asseblief!!! Julle het reeds 1 naam: CF Hugo, ek sal dalk nog slagoffers hier rond kry.
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo


