Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post Reply
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by PRIVATE RYAN »

Wat doen julle manne om julle kolwe
mooi te hou?

Ek het al gesien 'n ou wat sy
hele kolf met geweerolie smeer.  :o

Myne het 'n matt finish en sal
hom graag so wil hou.

Groete
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by James Wilson »

ek vat maar min olie en vfryf dit dan met my kaal hande in die hout in. dit moet so effens warm raak as jy dit invryf. dit help glo om die hout se poriee te verstp wat dan weer die hout help beskerm teen bv water. het die raad gekry by die geweersmit wat my geweer gebou het met turkse o/hout. die olie wat ek bebruik is Shaftol.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by PRIVATE RYAN »

Dankie, hou dit die kolf lekker donker?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by James Wilson »

ja, dit het dalk effens donkerder geword as wat dit was maar bly nou konstant.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by PRIVATE RYAN »

Gaaf, dankie! Dit laat nie die hout blink nie?

Ek sal dit verkies as dit die plank nog klein bietjie
donkerder maak.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by James Wilson »

aag, hy het vir so n oomblik nadat jy die olie ingevryf het n glans, maar blink nie soos die gewere wat van vernis of franse polish op het nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by PRIVATE RYAN »

Dankie vir jou help, nou het ek rede
om my geweer te vryf.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by James Wilson »

mooi, sit nou net n fotoop en se wat dit is 8)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by PRIVATE RYAN »

Laat ek hom eers bietjie mooimaak!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by Francois Marais »

PR

Kyk as jy die SHAFTOL koop, jy kry dit in donker en ligte kleure, kry dan net vir jou die donker een.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by BLOK »

Francois

Shaftol, is dit spesifiek n geweer olie, en waar kry n man dit sal wapen handelaars dit aanhou.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by PRIVATE RYAN »

Dankie vir die raad
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by Francois Marais »

Blok

Dit is HOUT olie, spesiaal vir kolwe, n duitse produk, en ook al wat ek op my houtkolwe gebruik. Kry hom in klein botteltjies, en ook in hierdie 500ml blikke. Glo enige goeie geweer winkel behoort te he.....

Image

http://www.bitsofpieces.com/schaftol.html

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by BLOK »

Dankie Francois.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by Beyers »

Net 'n woordjie van waarskuwing. Moenie 'n minerale olie op hout gebruik nie. Schaftol, Woodoc pentrating oil, Teak oil is almal bedoel vir hout. Goed soos q20, wdf, is minerale olies wat die houtvesels vernietig.
As jou geweer in die pistoolgreep net agter die agterste skroef swart word is die skade van minerale olie duidelik sigbaar.
Beyers
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by spekieries »

More Private Ryan

My gewere gebruik ek net Roulyn olie. Dit moet egter die gekookte een wees. (Boiled linseed oil). Al my gewere het ek afgeskuur en met die olie behandel. Die olie gooi jy op die palm van jou hand dan vryf jy dit in. Die volgende dag wat jy toilet papier vryf die oortolige olie af en herhall die proses. Doen dit vir 'n week. Geweermakers beweer dat die gekookte roulyn olie die geweer se hout waterdig maak dat dit nie H2O absorbeer nie. Opvolg werk is maklik, elke twee maande vryf ek die kolwe af met 'n sagte lap en wend weer so lagie roulyn olie aan. Die hout se kleur kom pragtig af en dit is nie vernis afwerking nie , maar wel 'n mat afwerking. Die raad kom oorspronklik uit 'n ou Magnun Tydskrif.

Groete 
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by Stefan764 »

Spekieries

Ek sekondeer. Gebruik ook net Roulyn olie. Kolf voel ook of hy bietjie swaarder raak na 8jaar se olie, maar ek kan my verbeel ook...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by DawieKotze »

Ek gebruik ook Roulyn olie, maar op virgin hout verdun ek dit die eerste keer 50/50 met turps. Dit is dan dunner en die trek beter in die hout in. Los so vir 12 ure en dan weer met 75/25 roulyn en turps. 12 ure weer los en dan 100% roulyn.

Met elke aanwending (ek gebruik flennie lappie) "poets" jy die hout vir omtrent 20 minute. Na die laaste 100% roulyn, kan jy maar elke dag vir 'n week lank bietjie roulyn aanwend, maar die belangrikste is om die kolf baie goed op te vryf al sit jy nie nog olie op nie.

As jy niks het om te doen nie - slaan 'n vuurtjie aan en sit en vryf maar daardie kolf met so roulyn lappie en dink aan al die lekker dinge van die lewe. Hy raak net elke keer mooier.

Daar is gedagtes wat s? dit maak die geweer te swaar oor tyd, maar ek het dit nog nie ondervind nie.

PS - sien Spiekeries het ook gepost oor die swaarder word terwyl ek getik het.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by fanie17 »

Gaarlyn olie word droog en roulyn olie nie.Die 303 se oorspronklike kolwe is in dromme kokende roulyn olie gedruk voor hulle op die gewere gesit was,dit was om hulle in die oorlog te laat hou.Die probleem is egter dat as jy aan n 303 kolf wil lym(plak) jy eers die area met n blykmidel moet behandel,dit trek die olie uit die hout.Gaarlyn olie is die regte olie,dit word nie taai nie.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by DawieKotze »

Roulyn ook nie as jy dit gereeld poleer
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
MF Jak
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Wed Feb 09, 2011 10:38 am

Re: Instandhouding van Turkse okkerneut kolwe

Post by MF Jak »

Ek het self n okkerneut kolf op my geweer.  Die beste olie wt jy kan gebruik is Schaftol Light.  Dit word spesiaal vir geweerkolwe gemaak en is waterbestand en beskerm die kolf teen alle weeromstandighede. Jy kan dit kry by Safari & Outdoor, hul nom is 0861114330

Groete
Post Reply