Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
ek vat maar min olie en vfryf dit dan met my kaal hande in die hout in. dit moet so effens warm raak as jy dit invryf. dit help glo om die hout se poriee te verstp wat dan weer die hout help beskerm teen bv water. het die raad gekry by die geweersmit wat my geweer gebou het met turkse o/hout. die olie wat ek bebruik is Shaftol.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Dit is HOUT olie, spesiaal vir kolwe, n duitse produk, en ook al wat ek op my houtkolwe gebruik. Kry hom in klein botteltjies, en ook in hierdie 500ml blikke. Glo enige goeie geweer winkel behoort te he.....
Net 'n woordjie van waarskuwing. Moenie 'n minerale olie op hout gebruik nie. Schaftol, Woodoc pentrating oil, Teak oil is almal bedoel vir hout. Goed soos q20, wdf, is minerale olies wat die houtvesels vernietig.
As jou geweer in die pistoolgreep net agter die agterste skroef swart word is die skade van minerale olie duidelik sigbaar.
Beyers
My gewere gebruik ek net Roulyn olie. Dit moet egter die gekookte een wees. (Boiled linseed oil). Al my gewere het ek afgeskuur en met die olie behandel. Die olie gooi jy op die palm van jou hand dan vryf jy dit in. Die volgende dag wat jy toilet papier vryf die oortolige olie af en herhall die proses. Doen dit vir 'n week. Geweermakers beweer dat die gekookte roulyn olie die geweer se hout waterdig maak dat dit nie H2O absorbeer nie. Opvolg werk is maklik, elke twee maande vryf ek die kolwe af met 'n sagte lap en wend weer so lagie roulyn olie aan. Die hout se kleur kom pragtig af en dit is nie vernis afwerking nie , maar wel 'n mat afwerking. Die raad kom oorspronklik uit 'n ou Magnun Tydskrif.
Ek gebruik ook Roulyn olie, maar op virgin hout verdun ek dit die eerste keer 50/50 met turps. Dit is dan dunner en die trek beter in die hout in. Los so vir 12 ure en dan weer met 75/25 roulyn en turps. 12 ure weer los en dan 100% roulyn.
Met elke aanwending (ek gebruik flennie lappie) "poets" jy die hout vir omtrent 20 minute. Na die laaste 100% roulyn, kan jy maar elke dag vir 'n week lank bietjie roulyn aanwend, maar die belangrikste is om die kolf baie goed op te vryf al sit jy nie nog olie op nie.
As jy niks het om te doen nie - slaan 'n vuurtjie aan en sit en vryf maar daardie kolf met so roulyn lappie en dink aan al die lekker dinge van die lewe. Hy raak net elke keer mooier.
Daar is gedagtes wat s? dit maak die geweer te swaar oor tyd, maar ek het dit nog nie ondervind nie.
PS - sien Spiekeries het ook gepost oor die swaarder word terwyl ek getik het.
Gaarlyn olie word droog en roulyn olie nie.Die 303 se oorspronklike kolwe is in dromme kokende roulyn olie gedruk voor hulle op die gewere gesit was,dit was om hulle in die oorlog te laat hou.Die probleem is egter dat as jy aan n 303 kolf wil lym(plak) jy eers die area met n blykmidel moet behandel,dit trek die olie uit die hout.Gaarlyn olie is die regte olie,dit word nie taai nie.
Ek het self n okkerneut kolf op my geweer. Die beste olie wt jy kan gebruik is Schaftol Light. Dit word spesiaal vir geweerkolwe gemaak en is waterbestand en beskerm die kolf teen alle weeromstandighede. Jy kan dit kry by Safari & Outdoor, hul nom is 0861114330