Resepte

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Chopper

Resepte

Post by Chopper »

Dags? almal.

Dink julle nie ook dat ons ?rens spasie maak vir die deel van resepte nie. Dis nou van jou spesiale jagters ontbyt tot die bekende aartapelpot wat sommer in die veld gemaak kan word?
Ek vra maar net, hoop nie almal is suinig nie!

Ek luister uit vir jul kommetaar.

Groete.

Chopper
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Resepte

Post by BLOK »

Chopper

Ek sekondeer, ek het reeds vanoggend die selfde ding gesit en dink. Ek het iewers gelees van n resep om n vlakvark te spit en kon nie onhou of dit op die forum was of wa nie, so ek dink ook nogal so iets kan werk. Dan kan ons lekke resepte en koekbak stories uitruil. En as dit nou werklik vooruit gaan en ek raak n boffin kan ek selfs vir mamma inruil en nog n geweer koop.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Resepte

Post by Robert »

Chopper

Man kan mos nou nie op 'n lee maag loop werk in die nag nie.

Ek maak nogal 'n mean hoender en ysbine pot. Ek het nou al 'n no.14 penspot aan geskaf om kos in te maak.  :-\

Veld kos is makilk.

Vat 'n paar stukke wilds lewer, niere en harte.
sny in duim size blokkies
Braai groot dubbelhand grof gesnyde uie in olie.
Skep uie uit en braai lewer en niere saam, skep uit
Braai hart stukkies tot bruin en gooi water en koppie bruin asyn by en laat kook.
Gooi peper, bietjie koljander, sixgun en lorier blare by
Sodra hart begin sag raak gooi lewer en niere by en gooi nog 'n goeie skuit bruin asyn by en laat simmer
Gooi nou sout by as dit kort.
Gooi uie by en 'n potjie room by en roer deur.
laat bietjie dik word en skep op bruin rys of vars potbrood

Maak 'n goeie bottel donker rooi wyn oop en geniet


Dit is nou suurkos op sy beste

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Resepte

Post by KSV »

Hier is 'n resep vir kabeljou.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Resepte

Post by Janjak »

Jakkals lewer?
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Resepte

Post by Skolla »

Janjak wrote: Jakkals lewer?
Janjak
Jou blikskottel, hoe ruk my maag nou op toe ek afbeweeg op die topic.
Jy moet by resepte bly anders is nou net weer by .308's.
Skolla
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Resepte

Post by henslin »

Robert - 308 gradeboog of 22250 liniaal. Daai kossies wat jy van praat werk pragtig met die eerste bokkie op enige jagtog. Demit - die seisoen is nog 'n tydjie weg !!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Resepte

Post by Robert »

Henslin

Se mos daai gradeboog van my bring kos huis toe. 8)

Robert
Oorwining deur opleiding
Biltongjagter

Re: Resepte

Post by Biltongjagter »

Heerlike braaivleis marinade en wildsvleis versagter:

Meng gelyke dele van elk van die volgende bestanddele:
1.  Suiwer heuning;
2.  Sojasous en
3.  Tamatiesous.

Bedek vleis met mengsel en let op volgende belangrike metode:

a)  Wildsvleis gejag met .308 en 100gr tot 130gr GSCHV koe?ls - 4 ure lank;

b)  Wildsvleis gejag met .308 en gradeboog koe?ls - 8 ure lank.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Resepte

Post by Geno »

Biltongjagter wrote: b)  Wildsvleis gejag met .308 en gradeboog koe?ls - 8 ure lank.
Nie as jy hom in die coconut skiet nie.
Enige bok is taai as jy hom in die chutney skiet, GSCHV of te not!
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Biltongjagter

Re: Resepte

Post by Biltongjagter »

Is 'chutney' nou iets soos 'n 'Vrystaatse hartskoot' ?

Dit kan ek dink as  enige koe?l daardeur 'hol'  ;D

Lekker aand,
Koos.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Resepte

Post by Geno »

Biltongjagter wrote: Is 'chutney' nou iets soos 'n 'Vrystaatse hartskoot' ?
Dis hy daai!
Goed, beter, 6millimeter!
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Resepte

Post by henslin »

Hierdie is beter as enige face book storie.  Het lanklaas so lekker gelag - dankie manne !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Resepte

Post by Monrique (SJ) »

Dink die resepte afdeling is nie n sleg idee.

Groetnis
SJ
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Resepte

Post by Francois Marais »

Ok Manne.

Da het julle hom nu, moet my nou ni teleurstel nie, laat loop soos die anties van ou Springbok radio.

Lekker kook
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Resepte

Post by Monrique (SJ) »

Baie dankie FM, jy is n staatmaker. 

Kerels gooi nou met die resepte.

Groetnis
SJ
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: Resepte

Post by Benman »

Kerels

Julle sal vir Chopper moet keer, die man vat die forum oor...  Ha ha. Ek moet se ek lag darem ook lekker saam. Chopper en ek is van die selfde ma en pa, die wat ek hom sommer bietjie gas gee... Eintlik baie lief vir die jong boet van my.

Ek lees ook julle resepte graag, chutney of nie....

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
Chopper

Re: Resepte

Post by Chopper »

Francois Marais wrote: Ok Manne.

Da het julle hom nu, moet my nou ni teleurstel nie, laat loop soos die anties van ou Springbok radio.

Lekker kook
Francois
FM

Baie dankie vir die moeite.  Ek glo nie ons sal teleur stel nie!

Groete.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Resepte

Post by Rooies »

Benman

n Mens kan duidelik sien dis skoolvakansie en die rugby seisoen is verby!!

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Chopper

Re: Resepte

Post by Chopper »

Wie van julle ken die aartapel pot? Dit is nie vir die manne met kolestrol nie!!

Braai lekker vet skaapvleis saam met uie in 'n swartpot, moet nog nie speserye ingooi nie. Braai tot al die vet uitgebraai is, gooi dan so klompie aartappels, geskil, by die pot asook skaapskenkels of nek. Hou dit danso op die hitte dat dit net prut-prut totdat die vleis sag is en die aartapel fyn raak as jy dit roer!!! Bedien warm saam met pap of rys en potbrood!

Bietjie ongesond,maar vrek lekker!!

Groete

Chopper
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Resepte

Post by Stefan764 »

BLOK wrote:
En as dit nou werklik vooruit gaan en ek raak n boffin kan ek selfs vir mamma inruil en nog n geweer koop.
BLOK

Smaak my jyt n plan beet hier... Gooi met die resepte manne...

Ek sal my vlakvarkspit opsit, moet net gaan grou vir die fotos...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
jmb

Re: Resepte

Post by jmb »

Chopper ek neem aan vir nagereg is dit roomys met 'n gekrummelde Rennies in 'n dikgeklopte Gaviscon sousie. ;D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Resepte

Post by Stefan764 »

Johan, as n man genoeg Bells vat dan pla die bosbrand nie so kwai nie! :)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Resepte

Post by Skolla »

Vir die manne wat daai otterjasies so geniet.
Dronk varkpot
Gerookte varkrib (moet gerook wees) in kleinerige stukkies gesaag - een een bene en dan nog 2 of 3 keer gedeel.
Gerookte bacon - klein gesny
uie - kleinerig gesny
sampioene - gesny
1 blik pynappel stukke
1 bottel soetwyn
sout en peper na smaak
Braai uie, bacon en sampioene en haal uit vir latere toevoeging
Braai vleis tot lekker bruin en gooi dan die hele bottel soetwyn by
Kook tot sag genoeg - varkie is mos nie taai nie
Gooi dan die pynappel stukkies by saam met die sous van die pynappel en kook tot die sous bietjie minder is maar die pynappel stukke moet heel bly - so nie kan jy eers die sous bygooi en dan later die pynappel stukke
Die hitte van die pot moet so bly dat jy nooit nodig het om water by te gooi nie
As die pot heel klaar is kom die gebraaide uie,bacon en sampioene by sodat dit net warm word, moet nie verder kook nie want dan verloor dit die braai smaak
Die pot hou nie van groente nie maar n bietjie aartappels kan dalk nie skade doen nie
Die vleis moet ook nie te veel vet op h? nie
Sous kan n bietjie dikker gemaak word as dit nodig is (verkieslik nie)
As jy minder vleis gebruik moet jy die wyn en pynappel sous dienooreenkomstig verminder
Bedien dit saam met pasta
Hoe water my mond nou
Gee bietjie terugvoering as jy klaar geproe het.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Resepte

Post by Christo »

Vir die manne wat hou van min goed saamry.

Net die 2 dinge is nodig vir 'n lekker veldbraai, o ja, en 'n rooster.

Een rol van jou eie resep wors, of die slagter s'n.

Nou.

Maak 'n pot lekker pap ( putu , nie krummel ) Laat afkoel
Sny bacon, mushrooms, uie, en wat jy lus het en braai. Laat afkoel
Sny nou kaas in ? cm blokkies.

Meng al die bestandele lekker saam in 'n bak.

Haal jou worsstopper uit en stop gewone worsderms met die mengsel.

Braai saam met boerewors/vleis/wild of wat ook al op dieselfde rooster.

Nou kan jy in elke hand een stuk wors vat en geniet. Geen skottelgoed en geen gemors.

Enjoy. Dit is baie lekker.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply