Hy begin toe praat oor Bakkie Tyres, en ek s? maar ek het goeie Bridgestone op my bakkie, en daar beginne praat die ou Oom oor wat nou eintlik die regte bande vir bakkie moet wees. Ek verduidelik nou maar soos hy gepraat het.
"Luister mannetjie, jy moet nou mooi luister wat hierrie Oom vir jou vertel vandag. EK is al oud en het al bai-je tyres by darie kar va my or-gee- treek.
Nou laat ek jou virtel. Kyk ons? mense ry mos doer van Kuruman s? wereldse af, en darie pad is nie jou spiel maat tie.
Ek het al darrie pad gery, en laat ek vir jou nou s?, darie dammelops(dunlops) en BriekieStones is sommer , dit s? ek nou vir jou.
Kyk lat ek jou nou vertel, tot darie Jenerals(generals), die wil ok nie darie pad loop nie. Maar as jy GnudGears(goodyears) kry, luister my keend, darie goed ry nou mooi, des reeds hoekom die Ingels man hom darie naam ge-g? het.
Ek het laas net 5 ou pungur-tjies gekry allie pad hiernatoe."
Ek moes net my lag keer, want 'n man lag mos nie as die Grootmense praat nie.
Raven
