Koop die regte Tyres man!!!

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Koop die regte Tyres man!!!

Post by Raven »

Ek het laasweek tog te lekker gesels met 'n ou Baster Omie hier in ons geweste, maar die ouman praat bietjie so deur die neus, dat dit amper fluit.

Hy begin toe praat oor Bakkie Tyres, en ek s? maar ek het goeie Bridgestone op my bakkie, en daar beginne praat die ou Oom oor wat nou eintlik die regte bande vir bakkie moet wees. Ek verduidelik nou maar soos hy gepraat het.

"Luister mannetjie, jy moet nou mooi luister wat hierrie Oom vir jou vertel vandag. EK is al oud en het al bai-je tyres by darie kar va my                or-gee- treek.
Nou laat ek jou virtel. Kyk ons? mense ry mos doer van Kuruman s? wereldse af, en darie pad is nie jou spiel maat tie.
Ek het al darrie pad gery, en laat ek vir jou nou s?, darie dammelops(dunlops) en BriekieStones is sommer , dit s? ek nou vir jou.
Kyk lat ek jou nou vertel, tot darie Jenerals(generals), die wil ok nie darie pad loop nie. Maar as jy GnudGears(goodyears) kry, luister my keend, darie goed ry nou mooi, des reeds hoekom die Ingels man hom darie naam ge-g?  het.
Ek het laas net 5 ou pungur-tjies gekry allie pad hiernatoe."

Ek moes net my lag keer, want 'n man lag mos nie as die Grootmense praat nie.  ;D

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Koop die regte Tyres man!!!

Post by MJK »

Laat my dink aan die ou wat by vriend se bakkie aangekom het en gesien die bande is baie glad

"Buurman - sien jy het deesdae SSFG tyres op"
SSFG? ??? ???
Super SLip F.ol Grip!! ;D ;D
Post Reply