Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Naand almal, die naam is Hein Breytenbach, van Virginia in die Vrystaat.Nou eers aangesluit, alhoewel ek al vir maande lank alles op die forum volg.Is erg betrokke met PCP's. (weier volstrek om hulle windbukse te noem)
Jag nou al geruime tyd jakkalse saam met twee van my vriende. Het nog baie om te leer, maar dit word beter en beter. Vrydag aand weer twee n lift gegee.
Het vir my n Savage mod 12 in .204 ruger gekoop.Is belowe hy sal einde Maart maand in die land wees.Kan nie wag nie. Kan nie slaap nie.
Baie dankie vir die voorreg om te mag aansluit, het alreeds baie geleer, en weet ek gaan nog meer leer.
Hein
Last edited by HEINBMW on Sun Feb 10, 2013 8:52 pm, edited 1 time in total.
Hallo Hein
Welkom van 'n ander Hein en baie geluk met jou Ruger .204. Een besondere kaliber geweertjie en ek weet jy sal hom baie geniet. Geniet die forum
Groete