knaldemper vraag

User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

knaldemper vraag

Post by BenG »

Is daar iets wat mens om die knaldemper kan sit om die mirage op die teleskoop te voorkom/verminder wanneer die knaldemper warm word?
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: knaldemper vraag

Post by Monrique (SJ) »

Kontak vir Jakkalsgat op die forum hy verkoop n "baadjie" vir jou KD


Groetnis
Zack Benade

Re: knaldemper vraag

Post by Zack Benade »

As jy op die baan is kan jy 'n blind op die loop vas sit met valcro.  Jy kry dit in versillende breedtes.  Hulle gebruik dit by badkamer gordyne.  Jy kan jou hele loop en KD toemaak.

In die bos gebruik ek 'n gewone sykous.  Ek het ongelukkig 'n stainless loop en KD.  In die nag werk dit ook baie goed as jy met 'n lig skiet.

Ek weet dit help.


groete
Zack
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: knaldemper vraag

Post by BenG »

Zack,

Beduie asb mooi stadig vir die dom ou wat jy doen. Klink soos n gawe plan maar wil net seker maak ek verstaan reg.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: knaldemper vraag

Post by TOKELOS »

Moet tog nie vir Zack se ek het geklik nie, maar hy trek die sykouse saam met high polfy skoentjies aan as hy gaan jag! Dit help glo vir die blurr!

Sorry Zack, ek moes net! >:D
Danie Lombard .243

Re: knaldemper vraag

Post by Danie Lombard .243 »

Hi Ben
Hier op die plaas maak ons sommer enige plan om 'n ding te laat werk. Ek het altyd gewone kruip verband om die silencer gedraai, so 'n paar lae, lekker dik. Dan het ek duckt tape of insolation tape om gedraai en dit het soos 'n kaboom gewerk. Silencer was binne warm en buite koud. Al wat sleg is, dit maak die silencer effe vet en dik en so 'n knertsie swaarder.

Danie
Chrisjan

Re: knaldemper vraag

Post by Chrisjan »

TOKELOS wrote:Moet tog nie vir Zack se ek het geklik nie, maar hy trek die sykouse saam met high polfy skoentjies aan as hy gaan jag! Dit help glo vir die blurr!

Sorry Zack, ek moes net! >:D
My stainless loop en silver silencer blink ook baie met die scope mounted lightforce. Wat doen julle om dit te verbeter?

Askies, wil nie die post hijack nie.

Groete
Chrisjan
Zack Benade

Re: knaldemper vraag

Post by Zack Benade »

BenG

Badkamer blinds of badkamer metaal gordyne. Hulle het horisontale ronderige strips. Jy vat een wat dik genoeg is om oor die loop en kneldemper te gaan. Skakel of pm my as ek nog moet verduidelik of 'n foto stuur. Jy is meer as welkom.

Chrisjan
My stainless loop en silver silencer blink ook baie met die scope mounted lightforce. Wat doen julle om dit te verbeter?
Ek sit met dieselfde probleem. Ek gebruik 'n normale vroue sykous om die kneldemper en loop toe te maak. Ek gebruik isolation type om die kous op die punt van die kneldemper van te maak. Dan rol ek die kous om die loop totdat die kous dik genoeg is om die klink van die loop toe te maak. As die kous klaar is dan draai ek die laaste lunt ook vas met isolation type.

Die skietlig sal jou verseker nie verblind nie.
Last edited by Zack Benade on Tue Feb 05, 2013 8:17 am, edited 1 time in total.
Chrisjan

Re: knaldemper vraag

Post by Chrisjan »

Baie dankie, ek gaan die sykous ding probeer.

Mooi dag
Chrisjan
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: knaldemper vraag

Post by Carl »

Zack,
2 Vrae.
1. Het jy al ooit probleme met te warm loop en die sintetiese kouse wat dalk kan smelt ervaar? Of is dit net vir jag, lae skoot telling?
2. Het jy al ooit moeilikhied by die huis ervaar met die vroue onderklere tussen jou skietgoed? >:D
Zack Benade

Re: knaldemper vraag

Post by Zack Benade »

Carl

Dis 'n moeilike een hierdie. :o :o
Ek sukkel gewoonlik om my vrou en buurvrou se kouse te onderskei van mekaar. Moet net nie uitpraat nie asb. >:D >:D
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: knaldemper vraag

Post by SmitH »

My een geweer is ook st het hom en die demper met camo tape geplak en dit werk baie mooi nou is die geweer sommer gecamo.
User avatar
schalk
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Mon Feb 18, 2013 6:29 pm

Re: knaldemper vraag

Post by schalk »

Ai julle ouens is darm baie stout, ek geniet hierdie blad geweldig net om te lees en dan lag ek so hard dat my vrou vra of ek mal is, hehehe
maar ek maak baie notas uit die forum hoor, want n nuwe ou soos ek leer baie. Dankie vir n groep jagters wat lekker kan praat
.303 BSA
.22 Bruno
9mm Star Par
.357 Magnum
6.75 CZ
.303 Lee Enfield Mk4 No1
.22 Voere Magnum


Be safe, Be Good, Be the hunter.
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: knaldemper vraag

Post by BenG »

Ek het toe maar 'n rol camo tape gekoop en dit om die loop en knaldemper gedraai. Was bang die sykous smelt.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: knaldemper vraag

Post by Eugene »

BenG wrote:Ek het toe maar 'n rol camo tape gekoop en dit om die loop en knaldemper gedraai. Was bang die sykous smelt.
Kom daai camotape se gom nie los van die hitte nie? Ek wou dit ook doen, maar was bang dit kom los en dan sit ek met daai taai spul as jy 'n bottel se ettiket wil afwas....
Aim small, miss small
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: knaldemper vraag

Post by BenG »

Eugene,

Dit is van daai wat sonder gom werk. Die goed "plak" nie aan die loop en/of knaldemper nie, net aan homself. Wat dit lekker maak is dat die goed herbruikbaar is en maklik gewas kan word.
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: knaldemper vraag

Post by Wildjagter »

Hallo BenG

Kan jy my asb se wie die vervaardiger is van daai tape en wat hul genoem word? Sal dit ook graag wil kry.

Baie dankie

Cobus
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: knaldemper vraag

Post by Eugene »

Wildjagter wrote:Hallo BenG

Kan jy my asb se wie die vervaardiger is van daai tape en wat hul genoem word? Sal dit ook graag wil kry.

Baie dankie

Cobus
+1! Ek wil ook weet!
Aim small, miss small
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: knaldemper vraag

Post by BenG »

Dit word Camo Form genoem.

http://www.mcnett.com/camoform/
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: knaldemper vraag

Post by Wildjagter »

Baie dankie. :)
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: knaldemper vraag

Post by basie »

Probeer 'n dinwiel fiets tube vir die weerkaatsing. Werk lekker op 'n stainless demper.

Mooiloop
Basie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: knaldemper vraag

Post by tripodmvr »

basie wrote:Probeer 'n dinwiel fiets tube vir die weerkaatsing. Werk lekker op 'n stainless demper.

Mooiloop
Basie
Lyk my julle is nou vanaf sykouse na kondome vir gewere. Wat gaan ons nog belewe!
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: knaldemper vraag

Post by BenG »

tripodmvr wrote:
basie wrote:Probeer 'n dinwiel fiets tube vir die weerkaatsing. Werk lekker op 'n stainless demper.

Mooiloop
Basie
Lyk my julle is nou vanaf sykouse na kondome vir gewere. Wat gaan ons nog belewe!

Veiligheid eerste! ;D
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: knaldemper vraag

Post by jamalley »

Lyk my julle is nou vanaf sykouse na kondome vir gewere. Wat gaan ons nog belewe![/quote]

Ek het mos daarvoor gevra met my raad die kondome, maar ek gebruik ook sommer 'n stuk "tube" en dit werk
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: knaldemper vraag

Post by BRNO (Pierre) »

BenG wrote:
tripodmvr wrote:
basie wrote:Probeer 'n dinwiel fiets tube vir die weerkaatsing. Werk lekker op 'n stainless demper.

Mooiloop
Basie
Lyk my julle is nou vanaf sykouse na kondome vir gewere. Wat gaan ons nog belewe!

Veiligheid eerste! ;D
Los al die veiligheids goete, en vat net n stort tussen elke skoot :angel:
Veiligheid eerste manne!
Post Reply