Ek krap nou die dag rond in ons winkel en ontdek toe hierdie aksie.
'n Farquharson enkelskoot aksie, die oorspronklike kaliber was n 450 3 1/4'' Nitro Express. Met die "baas" se toestemming gaan ek nou vir my n .500 3'' Nitro Express bou. Die ooreenkoms is dat ek die wapen self bou
Ek't vandag die aksie ge-case harden as n proeflopie en die kleure so na as moontlik aan die oorspronklike te kry. Maar ek hou glad nie van die kleur verspreiding nie alowel dit korrek is vir die 1800's. Dit lyk vir my teveel na n gesmelte toffee!!!
Gee maar julle insig:







Oja ek't vandag my .470 Nitro Express lisensie gekry.!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Groete
Ralph jr.






