.500 N.E Farquharson

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
Post Reply
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

.500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

Dagse manne

Ek krap nou die dag rond in ons winkel en ontdek toe hierdie aksie.

'n Farquharson enkelskoot aksie, die oorspronklike kaliber was n 450 3 1/4'' Nitro Express. Met die "baas" se toestemming gaan ek nou vir my n .500 3'' Nitro Express bou. Die ooreenkoms is dat ek die wapen self bou  8) Maar ja Natuurbewaarders het mos nou nie eintlik naweke af nie, so hierdie projek gaaaaaaan n Laaaaaaaang termyn projek wees.

Ek't vandag die aksie ge-case harden as n proeflopie en die kleure so na as moontlik aan die oorspronklike te kry. Maar ek hou glad nie van die kleur verspreiding nie alowel dit korrek is vir die 1800's. Dit lyk vir my teveel na n gesmelte toffee!!!

Gee maar julle insig:

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image

Oja ek't vandag my .470 Nitro Express lisensie gekry.!!!!!!!!!!!!!!!!!!  ;D ;D ;D

Groete

Ralph jr.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: .500 N.E Farquharson

Post by JTM »

Dit gaan sker nog 'n pragstuk wees soos ek jou werk ken.

Kan die case hardening proses beheer om die kleure se verspreiding te laat vloei soos jy wil?

Ek het vinnig gesien hoe die ouens op American Guns een aand dit gedoen het. Dit lyk so effe na 'n warm proses.
Jannie Welman
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

Korrek ek kan kleure manipuleer na my smaak of n klient s'n. Ja nee ek't daardie episode gesien van American guns, iets wat ek nie verstaan nie is dat hulle nooit naby skote gewys het van die eindproduk nie. die bietjie wat ek kon sien het vir my gese dat hulle case hardening gevlop het.

Kyk hoe verskil die werk wa ek al gedoen het:

Holland & Holland
Image

1873 Win
Image

Mauser
Image

.22 Win
Image

Nog n mauser
Image

Ja dit is nogal n hittige proses. Baie ouens wat die self probeer sal 99% van die keer hul aksies kraak of breek.
Last edited by Ralph Badenhorst on Fri Dec 28, 2012 5:32 pm, edited 1 time in total.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: .500 N.E Farquharson

Post by JTM »

Ja jong, mens kannie als glo wat jy op TV sien nie. Ek laaik daai 1873. Ek wil nog so outjie in my kluis hê.
Jannie Welman
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

Dankie!

Ek is tans besig om die loop te roes blou en n paar nuwe parte op die cnc masjien te sny. Die geweertjie se sneller het afgebreek, die "7 leaf Express sights" is stukkend en die kolf is gebreek...
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Gert Odendaal »

Ralph , dit is mooi, ek sou net meer helder kobalt blou kleure wou sien...miskien dink daaraan om potasuim nitraat by die quenstank te gooi...kan moontlik blouer kleure tot pers skakerings gee..
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Johan Nel »

Ralph,
Ek is geen kenner nie, maar vir my leke oog lyk die aksie se kleure baie mooi.
Groete,
JHn
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

Gaan hom vandag weer case Harden. Ek't gister die kleure gerepliseer tot die era van die aksie (1800's). Mens moet in ag neem dat wanneer daar grafering op n aksie is mens nooit helder kleure sal kry nie

Ek post vanmiddag fotos

Groete
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

Nou is ek tevrede.

Ek't vir my n mooi Engelse Okkerneut plank gaan kies uit ons versameling, soos die "kenners" se n "thin shelled English Walnut Blank". Dink dit gaan n mooi klasieke wapen wees. Ek wil meskien my pa se arm draai om hierdie wapen weg te gee by HUNTEX2013. Maar sal eers moet mooi praat ;)

Die onderste gedeelte ( sneller-beul, hefboom etc.) is volgende.

[img width=560 height=191]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 3f2e70.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... e4f802.jpg[/img]
[img width=560 height=359]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... b477ad.jpg[/img]
[img width=560 height=452]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 723b56.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 27032c.jpg[/img]
[img width=560 height=475]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 9764b6.jpg[/img]
[img width=560 height=457]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 49c4d0.jpg[/img]
[img width=560 height=252]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 27927e.jpg[/img]

Groete

Ralph jr.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: .500 N.E Farquharson

Post by JTM »

Dit gaan 'n mooi outjie wees... Kom gee dit weg hier by die Kaapse Huntex asb. ;D
Jannie Welman
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

Ons beplan om volgende jaar ( oor 2 dae ;D )  jaar kaap HUNTEX toe te kom, het hierdie jaar uit gemis.
Last edited by Ralph Badenhorst on Sun Dec 30, 2012 10:32 am, edited 1 time in total.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1838
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Rudi Fischer »

Wat het toe geword van die 500NE ?
Is hy klaar ?

...... en is hy dalk te koop ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 N.E Farquharson

Post by Ralph Badenhorst »

458Exp wrote:Wat het toe geword van die 500NE ?
Is hy klaar ?

...... en is hy dalk te koop ?
Goeie naand

Nee jong hy staan nog in die kluis , bestellings op ons ander gewere veroorsaak dat ek hom soe bietjie afskeep.

Maar ek stem saam ek moet weer tyd maak om aan hom te werk.

Groete

R
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: .500 N.E Farquharson

Post by 470rigby »

Ralph, gaan jy by Huntex wees? Ek is te dom om jou boodskap te verstaan.....
Post Reply