Ekt geweet die kat gaan terugkom omdat hy die lam weer toe gemaak het. Ekt 'n hok gestel by die voerkraal waar hy gevang het sommer met 'n lekker lamsboud in ( van die lam wat hy gevang het) en nog 'n hok verder in die kloof opgestel met vis in (werk gewoontlik goed by my). Ek gaan toe ook laat die middag om die kat voor te sit, met skietstoel, lig en fles koffie, die wind het sterk gewaai en dit was koud. Teen so 21h00 se kant kry ek te koud, my koffie is op en nog geen teken van die kat nie. Ek dink toe die wind is te erg vir die kat en daar is mos 2 hokke as hy weer sou kom............Ek gaan toe maar huis toe.
Vrydag oggend gaan gee ek weer die voerkraal kos en sien dat die kat teruggekom en vir hom nog 'n lam gevang het!!!
Omdat die lam in die hoek gele het, het ek met takke hom afgesper en net een gat gelos waar die kat kon deur, 'n takkie oor die paadjie gesit sodat hy oor die takkie op die yster moet trap. Die ander yster het ek by die gat van die lam gestel waar die kat die lam toe gemaak het. Die ysters het ek begrawe sodat dit gelyk met die grond is, 'n stukkie koerantpapier boop gesit en liggies met grond en gras bedek.Sien aangehegte foto ( Ek sit die beskrywing van hoe ek die ysters gestel het by vir as van julle vir my raad of kritiek het)
Met groot opgewondenheid ry ek Saterdag om te kyk of die kat in die ysters is. Toe ek daar aankom is albei ysters af getrap, en lam se hele boud is opgevreet
Was die kat dan toe slim of dom? Hy gaan nie in hokke in nie, kom nie as ek hom voorsit nie en kom weg deur 2 ysters af te trap!MAAR kom wragtig weer terug vir nog? Ek hoop maar dis die oorspronklike vanger, maar as dit nie was nie is sy steeds 'n lamvreter.
Dit was 'n mooi jong wyfie kat ( sien foto) wat ek gevang het, 12kg geweeg ( wat 'n lam van 38kg vang?). Voel sleg om kat met ysters te vang maar sy het my skade gemaak van R2150 ( 2 lammers en 2 ysters van R 275 elk)
Dankie dat ek my storie kon deel.

