Elke kat kry sy dag

Post Reply
User avatar
.243
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Thu Sep 15, 2011 8:30 pm

Elke kat kry sy dag

Post by .243 »

Ek wil net met julle my storie deel van 'n skelm rooikat. Die rooikatte was redelike stil by my tot ek donderdag by my lam voerkraal kom en sien dat een van my lammers in die voerkraal gevang en gevreet is! Die katte vang mos nooit die klein lammers nie en die een het so 38kg geweeg, mooi in die drade in gejaag, dood gebyt, lieste uitgevreet en toegekrap.

Ekt geweet die kat gaan terugkom omdat hy die lam weer toe gemaak het. Ekt 'n hok gestel by die voerkraal waar hy gevang het sommer met 'n lekker lamsboud in ( van die lam wat hy gevang het) en nog 'n hok verder in die kloof opgestel met vis in (werk gewoontlik goed by my). Ek gaan toe ook laat die middag om die kat voor te sit, met skietstoel, lig en fles koffie, die wind het sterk gewaai en dit was koud. Teen so 21h00 se kant kry ek te koud, my koffie is op en nog geen teken van die kat nie. Ek dink toe die wind is te erg vir die kat en daar is mos 2 hokke as hy weer sou kom............Ek gaan toe maar huis toe.

Vrydag oggend gaan gee ek weer die voerkraal kos en sien dat die kat teruggekom en vir hom nog 'n lam gevang het!!! :o Daar was ook niks in die hokke nie!! Ek moes toe al my lammers uit die voerkraal haal en hulle op die lande jaag tot ek die kat gevang het, hy het al immers R1600 se vleis weg!  Die lam was in die hoek van die voerkraal gevang en ook weer toe gemaak. Ek besluit toe om vir my twee slagysters te gaan koop, waarvan ek geen kennis of ervaring het nie. Ek bel toe paar mense en lees op oor slagysters.

Omdat die lam in die hoek gele het, het ek met takke hom afgesper en net een gat gelos waar die kat kon deur, 'n takkie oor die paadjie gesit sodat hy oor die takkie op die yster moet trap. Die ander yster het ek by die gat van die lam gestel waar die kat die lam toe gemaak het. Die ysters het ek begrawe sodat dit gelyk met die grond is, 'n stukkie koerantpapier boop gesit en liggies met grond en gras bedek.Sien aangehegte foto ( Ek sit die beskrywing van hoe ek die ysters gestel het by vir as van julle vir my raad of kritiek het)

Met groot opgewondenheid ry ek Saterdag om te kyk of die kat in die ysters is. Toe ek daar aankom is albei ysters af getrap, en lam se hele boud is opgevreet :o ??? Daar is nie 'n druppel bloed of 'n rooikat haar op die ysters nie! Ek was toe baie negatief en raad op! Stel toe maar weer die ysters op dieselfde plek, maar weet die kat sal nie terugkom nie, want die lam begin al te ruik en nie weer deur die kat bedek is nie. Ek kan ook nie die kat Saterdag aand gaan jag nie. So pla die kat my die heel Saterdag. Vanoggend (Sondag) ry ek om te gaan kyk of daar iets in die hokke of ysters is......... en wragtig sit die kat in die ysters, elke voorbeen in een!!

Was die kat dan toe slim of dom? Hy gaan nie in hokke in nie, kom nie as ek hom voorsit nie en kom weg deur 2 ysters af te trap!MAAR kom wragtig weer terug vir nog? Ek hoop maar dis die oorspronklike vanger, maar as dit nie was nie is sy steeds 'n lamvreter.

Dit was 'n mooi jong wyfie kat ( sien foto) wat ek gevang het, 12kg geweeg ( wat 'n lam van 38kg vang?). Voel sleg om kat met ysters te vang maar sy het my skade gemaak van R2150 ( 2 lammers en 2 ysters van R 275 elk)

Dankie dat ek my storie kon deel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Bruno
.243 Tikka
30-06 Howa
9mm Glock 19
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Elke kat kry sy dag

Post by Wayne »

As they say. nothing ventured, nothing gained. Well done, effort was well worth it.
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Elke kat kry sy dag

Post by Spanner »

Bly jy het die swerkater gekry, en nou het jy reeds die ysters vir volgende keer. 
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Elke kat kry sy dag

Post by visstok »

Baie geluk, soos jy se, elke kat kry sy dag! Hoop saam jou dit is of was die skuldige een.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Elke kat kry sy dag

Post by tafjak »

.243

Om ysters goed te stel vir katte en jakkalse(katte veral) is die skoon breek van die sneller belangrik. Die trapplaat moenie "kruip" voordat dit trigger nie.

Katte se reflekse is van die beste en as die yster "kruip" sit die kat baie keer langs die ysters en check hou dit afslaan. :D Hulle voel die papier en die papier laat die kake met "slow motion" toe maak. Net wol onder die trapplaat werk beter.

Jy kon natuurlik die kat se pens oopsny om te sien wat het dit gevreet om vas te stel of dit die skuldige was.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
.243
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Thu Sep 15, 2011 8:30 pm

Re: Elke kat kry sy dag

Post by .243 »

Tafjak
Dankie vir die raad met die ysters. Die kat se pens inhoud het lamsvleis bevat maar weet nie of hy dalk net vir hom 'n stukkie kom haal het nadat die lam alreeds gevang was nie. Sal maar sien as ek weer die lammers trug in die voerkraal sit...
.22 Bruno
.243 Tikka
30-06 Howa
9mm Glock 19
Post Reply