Ek het altyd Dettol (nie Savlon nie) in my bakkie / jagkrat en huis
Behalwe vir die algemene gebruik vir ontsmettingsmiddel gebruik ek ook Dettol vir:
1. Loopmaag (as jou stoelgang so dun is dat sou jy dit gebruik vir mondspoel en daar niks tussen jou tanne gaan vassit nie) gebruik as volg: 10 druppels saam met 'n glas Coke en binne 'n uur is jy weer normaal en kan jy waag om 'n flate te passeer.
2. Miskiete wat pla (Ek is gelukkig dat dit nie jeuk as hul my byt nie, seker te dikvellig) maak aan met water in spuitbottel en spuit op jou enkels en arms.
3. As jy hou van voertuig se bande mooi swart, verf aan met kwas op al jou buitekantste swart gedeeltes op jou voertuig en vryf blink met lap (werk ook vir motorfiets se sitplek ens.)
4. As jy van skoon reuk in jou voertuig hou, verdun erg met water en spuit op jou matte.
Gebruik dit of los dit
Groete
Jaco
Ps: As daar enige iemand iets anders met dettol ook doen laat weet my ek sal graag wil weet.


