Dettol

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Dettol

Post by Jakkalsgat »

More Manne

Ek het altyd Dettol (nie Savlon nie) in my bakkie / jagkrat en huis

Behalwe vir die algemene gebruik vir ontsmettingsmiddel gebruik ek ook Dettol vir:

1. Loopmaag (as jou stoelgang so dun is dat sou jy dit gebruik vir mondspoel en daar niks tussen jou tanne gaan vassit nie) gebruik as volg: 10 druppels saam met 'n glas Coke en binne 'n uur is jy weer normaal en kan jy waag om 'n flate te passeer.

2. Miskiete wat pla (Ek is gelukkig dat dit nie jeuk as hul my byt nie, seker te dikvellig) maak aan met water in spuitbottel en spuit op jou enkels en arms.


3. As jy hou van voertuig se bande mooi swart, verf aan met kwas op al jou buitekantste swart gedeeltes op jou voertuig en vryf blink met lap (werk ook vir motorfiets se sitplek ens.)


4. As jy van skoon reuk in jou voertuig hou, verdun erg met water en spuit op jou matte.

Gebruik dit of los dit :laugh:

Groete
Jaco

Ps: As daar enige iemand iets anders met dettol ook doen laat weet my ek sal graag wil weet.
Last edited by Jakkalsgat on Sun Oct 28, 2012 9:29 am, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Dettol

Post by Frederik »

Ek gebruik Mengsel van Dettol, sout en water om Capes van trofees te laat le vir paar uur voor ek dit ophang en in die sout sit dit werk baie vinniger as net sout om die bakterie dood te kry.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Dettol

Post by Jakkalsgat »

Frederik

Dankie, ek het vergeet van daai een.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Dettol

Post by MEERKAT »

3 Proppies dettol op 500ml water , smeer aan  vuilbek lammers se bekke met goiing sak. Gesond binne 2 of 3 dae.
Groetnis
MEERKAT
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Dettol

Post by johans »

dankie vir die inligting jaco
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

Re: Dettol

Post by cg rossouw »

Jaco ek meng weer gelyke dele dettol met baba olie vir miskiete, olie is maar net n basis dat dit nie so gou droog word nie, al ding is jy moet net in stof wees nie anders pak hy so jy sukkel om skoon te kom  en ook nie in die son nie

Hond wat bosluis koors het, gee n proppie vol, elke 4 uur, werk ook baie goed.
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Dettol

Post by Theo E »

After a days hunting pour some Dettol or baby oil the bath to
get rid of ticks /pepper ticks
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Dettol

Post by JuanVE »

Hallo Manne
Baie dankie vir al hierdie goeie gebruike van Dettol, beslis 'n produk wat altyd byderhand moet wees!
Juan Venter
Sako .30-06
Sako .243
Tikka .243
Lee Enfield .303
Zabala 12 Br
Sako .22
Brno .22
Z88 9mm Parabellum
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Dettol

Post by Geno »

Theo E wrote: After a days hunting pour some Dettol or baby oil the bath to
get rid of ticks /pepper ticks
+1.

Theo, that works great!
Goed, beter, 6millimeter!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Dettol

Post by Skolla »

Ek verbeel my hier iewers is al genoem dat jy dettol onderhuids kan spuit vir knopvel siekte by bees.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Dettol

Post by Frikkiedbr »

Die een is baie interessant:

Other Uses
Dettol is also commonly used in Australia to kill cane toads, which are a pest species. When toads are sprayed or wiped with the liquid, the Dettol is rapidly absorbed through the toad's skin, causing death.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Dettol

Post by Born2Late »

Ek het iewers gelees dat Dettol verdun moet word voordat dit op wonde gebruik word.Die skoon Dettol is te sterk en beskadig die weefsel wat dan langer neem om gesond te word.
n Vriend het die loopmaag raad beproef maar het die aanwysings nie gevolg nie.Na n proppie vol was die ou se pens so hard ,hy het n week later eers weer n beweging gehad...
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Dettol

Post by mariusr »

Dettol verdun met water ook goed vir seer en moee voete sorg ook dat jy nie vrot pootjie kry van te veel skoene!
Grt
Marius
User avatar
ThinusD
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm

Re: Dettol

Post by ThinusD »

Jis julle almal.
Ek moet se, ek is redelik be-indruk op al die informasie. Ek moet se (soos bo genoem) Dettol werk wel baie lekker in die bad water om Bosluise af te kry. Jaco ek gaan paar van jou idees probeer. ;D

Praat weer.

Groete
Groete
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS


[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: Dettol

Post by Karoo Klong »

Naand alle Mede Lede,

Ek wil net seker maak, Is Dettol nog beskikbaar?


http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/det ... roep-word/

Karoo Groete
Johan van Wyk
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dettol

Post by sako 30-06 »

Frikkiedbr wrote:Die een is baie interessant:

Other Uses
Dettol is also commonly used in Australia to kill cane toads, which are a pest species. When toads are sprayed or wiped with the liquid, the Dettol is rapidly absorbed through the toad's skin, causing death.
Dankie Frikkie,ek sal dit onthou as ek weer in Australie is :laugh:

Dankie vir al die goeie raad manne,ek gaan sommer vandag weer n bottel koop vir die huis en die noodhulp sakkie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Dettol

Post by Geno »

Karoo Klong wrote:Naand alle Mede Lede,

Ek wil net seker maak, Is Dettol nog beskikbaar?


http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/det ... roep-word/

Karoo Groete
Ja dis steeds op die rakke.
Goed, beter, 6millimeter!
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am

Re: Dettol

Post by marthinus100 »

TCP was ook baie goed, is ongelukkig van die mark gehaal. Alhoewel ek het gehoor dis terug onder n ander naam as iets anders.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Dettol

Post by Lourens Potgieter »

TCP is nou 3cp, te koop by enige apteek.
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Dettol

Post by LoveHenties »

My vrou het ons katgriep terrier deurgetrek met flou dettol-water elke 1/2 uur deur die nag.
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Dettol

Post by FrancoisW »

Dankie vir die goeie raad. Gaan verseker soek vir 3cp. Die tcp het baie goed gewerk as jy hom gorrel vir 'n seer keel.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Karoo Klong
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Aug 24, 2014 7:07 pm

Re: Dettol

Post by Karoo Klong »

Danki Geno,

Was lanklaas self in die snoepie.

Karoo groete
Johan van Wyk
lukie nel
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Wed Sep 03, 2014 11:37 am

Re: Dettol

Post by lukie nel »

Dis die tyd vd jaar, slange loop en die alombekende geelslang of kaapse kobra wat so lief is om in die huis in te gaan , Dettol is ook sy moses. Meng Dettol 1-20 en spuit reg rondom die huis. Geen slang sal naby kom nie. Dettol en nie Savlon.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Dettol

Post by Jacquesb »

Met n bottel Dettol kan jy op n oorlewingskursus gaan.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
NetEk
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm

Re: Dettol

Post by NetEk »

Ek het een keer ook gehoor jy kan Detol gebruik as 'n swangerskap toets maar dink dis dalk 'n bietjie ver gewens vir detol.
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
Post Reply