Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Watter kruit sal julle aanbeveel vir my 7x64mm en die 120gr Nosler BT's? Ek het S365 en S355 en glo hul sal die ding kan doen maar watter een?
Ek het besluit op die 120gr's omdat my 243 AI bietjie by die dokter is vir ondersoek en ek nie die jakkies so lank kan laat wag voor hul bakkie ry nie.
Hier is my data soos ek laas gemeet het met 139gr Interbond
loop = 570mm
Dop H2o = 68gr
tpl = 84mm
lading = 52gr S365
primer = CCI200
Spoed = +- 2900vps
Ek het S365 en S355 by my wat ek kan gebruik.
Was in wintermaande, so ek skat die temperatuur was so 20 grade C
Sal gaaf wees as oom vir my node kan voorspel asook die kruit wat oom sal aanbeveel. Dalk moet ek met altwee skiet en kyk wat beter groepe gee as hul spoed nie teveel verskil nie.