Kruit vir 7x64 en 120gr koele?

Post Reply
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Kruit vir 7x64 en 120gr koele?

Post by Danie01 »

Hi manne

Watter kruit sal julle aanbeveel vir my 7x64mm en die 120gr Nosler BT's? Ek het S365 en S355 en glo hul sal die ding kan doen maar watter een?

Ek het besluit op die 120gr's omdat my 243 AI bietjie by die dokter is vir ondersoek en ek nie die jakkies so lank kan laat wag voor hul bakkie ry nie. :police:

Groete
Danie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kruit vir 7x64 en 120gr koele?

Post by tripodmvr »

Het sommer net maksimum druk en gepaardgaande spoed bekyk en hier is die stats :-

S361  3190vps
S355  3230vps
S365  3300vps

Lyk tog asof S365 die beste sal wees en met my voorbeeld was dopvulling 103%. Die nodes het ek nie voor geloer - het jou geweerdata nodig.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Kruit vir 7x64 en 120gr koele?

Post by Danie01 »

Dankie oom Driepoot

Hier is my data soos ek laas gemeet het met 139gr Interbond
loop = 570mm
Dop H2o = 68gr
tpl = 84mm
lading = 52gr S365
primer = CCI200
Spoed = +- 2900vps

Ek het S365 en S355 by my wat ek kan gebruik.

Was in wintermaande, so ek skat die temperatuur was so 20 grade C

Sal gaaf wees as oom vir my node kan voorspel asook die kruit wat oom sal aanbeveel. Dalk moet ek met altwee skiet en kyk wat beter groepe gee as hul spoed nie teveel verskil nie.

Groete
Danie
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Kruit vir 7x64 en 120gr koele?

Post by Chevvy SS »

tripodmvr wrote: Het sommer net maksimum druk en gepaardgaande spoed bekyk en hier is die stats :-

S361  3190vps
S355  3230vps
S365  3300vps

Lyk tog asof S365 die beste sal wees en met my voorbeeld was dopvulling 103%. Die nodes het ek nie voor geloer - het jou geweerdata nodig.
3poot, hoeveel grein S365 gee die 300 vps?
Post Reply