Cheetah Safaris

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Cheetah Safaris

Post by Hartskoot Hennie »

Ek was so 2 naweke terug Cheetah Safaris toe naby Elliras, saam met 'n paar werksmense.

Ons was van die Donderdag tot die Sondag daar, en as my budget groter was dan sou ek 'n hele klompie fotos hier kon oplaai!

Die plek is regtig baie smart, die personeel is bekwaam en die wild is vollop en in puik kondisie.

Ek het lanklaas diere is sulke goeie kondisie gesien, veral vir die tyd van die jaar.

Die eerste Rooibok ram het ek die Donderdag geskiet, van die skietstokke af. Ons het hom gewaar en nader bekruip deur die ruig bos. Ek het die skoot seker van so 30m af gevat. Ek konnie glo ons het so naby gekom nie! Ek het hom in die hart geskiet en hy het net daar en dan inmekaar gesak.

Die Vrydag het ek die Vark en die tweede Rooibok geskiet. Die vark van die PH se skouer af van so 70m en die Rooibok van so 140m af van die stokke af.

Altwee het op die plek inmekaar gesak. Wat verbasend was, was die hoeveelheid vleiskade op die 3 diere. Daar was omtrent niks nie. Gaatjie in en gaatjie uit. Die vark het 'n groter exit wound gehad as entry, maar dis dit. Die 300gr Swift A-Frame (African Elite Ammo) het mooi gemaak!  ;)

Ek het wel Saterdag nie so lekker ondervinding gehad nie. Ek het my eerste kwes ooit met die geweer gehad. En dit op 'n Koedoe koei van alle diere. Ek en die PH, Robert het Saterdag oggend begin op voet agter die Koedoes aan. Ons het 'n trop van 6 koeie en 'n jong bul agtervolg, en 'n paar keer naby gekom, maar kon nie een van die kere 'n oop skoot kry nie.

Later die middag toe probeer ons weer. Maar ons kon nie regkom nie. Toe ons in die pad afloop en Robert roep dat die bakkie ons moet kom haal, toe stop ek hom eweskielik... Ek sien toe daar kom 'n mooi Koedoe Koei uit die bos gestap en sy steek toe vas in die pad. Hy maak die stokke oop, en ek vat so ewe my tyd en maak seker ek is steady op die stokke. Ek skat toe sy staan so 160m van ons af, ek sit my kruishaar op met haar regter voorbeen in die middel van die blad, en trek die sneller...

Die skoot klap mooi "doepfh" en sy spring in die lug op en toe sy grond vat toe hol sy in die bos in. Ek en Robert spring op en af van opgwondenheid, want ons het so hard gewerk vir haar, en hier kry ons toe so mooi oop skoot! Ek was 100% gelukkig met my skoot, en sou presies alles dieselfde oor gedoen het, al was die Koedoe koei 'n Trofee Bul wat daar gestaan het.

Om 'm lang storie kort te maak... Ons het bloed gekry maar baie min, en na so 2 ure se bloed soek en spoorsny het dit begin donker raak en die honde kon ook nie haar spoor verder optel nie.

So het die naweek toe nou nie so lekker ge-eindig nie, maar so leer mens en vat mens maar die positiewe uit enige situasie uit.

Die ander manne het met die boog geskiet op die boog gedeelte van die plaas en hulle het geroer...

My baas het onder andere 'n 60" 6/8 Koedoe bul geskiet met sy Stryker StrykZone 380 kruisboog.

Afgesien van die Koei wat ons nie kon kry nie was dit 'n bitter lekker naweek gewees, en ek sal verseker weer soontoe gaan!

Hier is so paar kiekies...

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... mpala1.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... arthog.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... mpala2.jpg[/img]

Groete,

Hennie
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
Zack Benade

Re: Cheetah Safaris

Post by Zack Benade »

Mooi Hennie
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Cheetah Safaris

Post by FCLoretz »

Mooi gedoen Hennie,

Jammer oor die koedoe. Dit is nooit 'n lekker gevoel nie.

Laai bietjie 'n foto van jou baas se koedoe.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Cheetah Safaris

Post by Hartskoot Hennie »

So lyk hy!

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_7224.jpg[/img]
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Cheetah Safaris

Post by Carl »

Goeie verslag Hennie, dit is darem lekker as die bokke mooi val. Die koei is 10-1 dood maar soms verdwyn hulle net spoorloos. Nog steeds nie goeie gevoel.

Lekker WYE draaie aan daardie bul!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Cheetah Safaris

Post by Louis Kriel »

Mooi Hennie ek sien jy doen jou naam gestand! Jy gebruik darem baie duur ammo!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Cheetah Safaris

Post by tau »

Lekker Hennie.

Ek het Julie maand 'n Blesbok so gekry ek het die spoorsnyer net gestop die roer opgetel en die bok geskiet nie eens 70 m nie. Toe die skoot klap claim ek 'n nek skoot. Kom daar en niks nie geen bok. Die area was relatief ruig. Daar le net so bietjie bloed en toe niks.

30 min later en niks spoor etc nie wil die gids die baas bel en kwesbok aanggee. Ek is stom soos in helemal. My vertroue is totsiens. Oppad na die lodge stap ons naby'n bos verby  so 20 m vanaf die skoot area. Bok le morsdood nek af in 'n bos. Ons het hom toevallig raak geloop. En dit was nie 'n groot bos nie. Soms as jy so lank intens en stil geloop het en die skoot klap is jou ore en alles vir so sekonde of twee useless. Ons het nooit die bos hoor kraak nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: Cheetah Safaris

Post by Alvar »

Mooi Hennie!! Julle het geroer onder daai bokke!
Post Reply