Ons was van die Donderdag tot die Sondag daar, en as my budget groter was dan sou ek 'n hele klompie fotos hier kon oplaai!
Die plek is regtig baie smart, die personeel is bekwaam en die wild is vollop en in puik kondisie.
Ek het lanklaas diere is sulke goeie kondisie gesien, veral vir die tyd van die jaar.
Die eerste Rooibok ram het ek die Donderdag geskiet, van die skietstokke af. Ons het hom gewaar en nader bekruip deur die ruig bos. Ek het die skoot seker van so 30m af gevat. Ek konnie glo ons het so naby gekom nie! Ek het hom in die hart geskiet en hy het net daar en dan inmekaar gesak.
Die Vrydag het ek die Vark en die tweede Rooibok geskiet. Die vark van die PH se skouer af van so 70m en die Rooibok van so 140m af van die stokke af.
Altwee het op die plek inmekaar gesak. Wat verbasend was, was die hoeveelheid vleiskade op die 3 diere. Daar was omtrent niks nie. Gaatjie in en gaatjie uit. Die vark het 'n groter exit wound gehad as entry, maar dis dit. Die 300gr Swift A-Frame (African Elite Ammo) het mooi gemaak!
Ek het wel Saterdag nie so lekker ondervinding gehad nie. Ek het my eerste kwes ooit met die geweer gehad. En dit op 'n Koedoe koei van alle diere. Ek en die PH, Robert het Saterdag oggend begin op voet agter die Koedoes aan. Ons het 'n trop van 6 koeie en 'n jong bul agtervolg, en 'n paar keer naby gekom, maar kon nie een van die kere 'n oop skoot kry nie.
Later die middag toe probeer ons weer. Maar ons kon nie regkom nie. Toe ons in die pad afloop en Robert roep dat die bakkie ons moet kom haal, toe stop ek hom eweskielik... Ek sien toe daar kom 'n mooi Koedoe Koei uit die bos gestap en sy steek toe vas in die pad. Hy maak die stokke oop, en ek vat so ewe my tyd en maak seker ek is steady op die stokke. Ek skat toe sy staan so 160m van ons af, ek sit my kruishaar op met haar regter voorbeen in die middel van die blad, en trek die sneller...
Die skoot klap mooi "doepfh" en sy spring in die lug op en toe sy grond vat toe hol sy in die bos in. Ek en Robert spring op en af van opgwondenheid, want ons het so hard gewerk vir haar, en hier kry ons toe so mooi oop skoot! Ek was 100% gelukkig met my skoot, en sou presies alles dieselfde oor gedoen het, al was die Koedoe koei 'n Trofee Bul wat daar gestaan het.
Om 'm lang storie kort te maak... Ons het bloed gekry maar baie min, en na so 2 ure se bloed soek en spoorsny het dit begin donker raak en die honde kon ook nie haar spoor verder optel nie.
So het die naweek toe nou nie so lekker ge-eindig nie, maar so leer mens en vat mens maar die positiewe uit enige situasie uit.
Die ander manne het met die boog geskiet op die boog gedeelte van die plaas en hulle het geroer...
My baas het onder andere 'n 60" 6/8 Koedoe bul geskiet met sy Stryker StrykZone 380 kruisboog.
Afgesien van die Koei wat ons nie kon kry nie was dit 'n bitter lekker naweek gewees, en ek sal verseker weer soontoe gaan!
Hier is so paar kiekies...
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... mpala1.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... arthog.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... mpala2.jpg[/img]
Groete,
Hennie
