My 6.5 is soos 'n student (mans?
Nou die week het die werk my gedwing om saam met n paar customers te gaan jag. (Vir die eerste keer was ek op die regte tyd op die regte plek!!!) Die geweer was ingestel met die nuwe knaldemper en 140gr Sierras (2750fps). 1 Duim hoog op 100m en op die spot op 200m met die 1ste strepie van my Burris. Die lading skiet onder n duim op 100m die hele dag lank.
Toe klop ek n jong koedoe en n rooibok. Rooibok dwars gestaan - koeel is deur en bok is net daar plat. Koedoe 1/4 na my toe en laer gestaan as ek. Die koeel is tussen die nek en blad in, die het ook net daar geval. Ek was nie by met slag nie en het nie die koeel terug gekry nie.
Nou die vraag :
Ek weet die NP gaan soos die Sierras (en Nosler CC en Hornady Interlocks) groepeer. Ek weet hulle is nie in die selfde klas as die TSX,GSC en GMX nie maar gaan hulle nie baie beter wees as die gewone cup en core nie. Ek weet Neels en Wouter hou niks van hulle nie maar in die land van die blindes .....??


