Nosler Partion?

Post Reply
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Nosler Partion?

Post by VdWalt »

Lekker lang intro tot die vraag.....! ;D

My 6.5 is soos 'n student (mans?  ;D) en like die verkeerde goed in die lewe!! Ek kry nie sover 'n premium koel wat werk in hom nie. (140 Accubond, 120 GMX, 129gr Interbond!) Die spulletjie raak nou al duur.

Nou die week het die werk my gedwing om saam met n paar customers te gaan jag. (Vir die eerste keer was ek op die regte tyd op die regte plek!!!) Die geweer was ingestel met die nuwe knaldemper en 140gr Sierras (2750fps). 1 Duim hoog op 100m en op die spot op 200m met die 1ste strepie van my Burris. Die lading skiet onder n duim op 100m die hele dag lank.

Toe klop ek n jong koedoe en n rooibok. Rooibok dwars gestaan - koeel is deur en bok is net daar plat. Koedoe 1/4 na my toe en laer gestaan as ek. Die koeel is tussen die nek en blad in, die het ook net daar geval.  Ek was nie by met slag nie en het nie die koeel terug gekry nie.

Nou die vraag :

Ek weet die NP gaan soos die Sierras (en Nosler CC en Hornady Interlocks) groepeer. Ek weet hulle is nie in die selfde klas as die TSX,GSC en GMX nie maar gaan hulle nie baie beter wees as die gewone cup en core nie. Ek weet Neels en Wouter hou niks van hulle nie maar in die land van die blindes .....??
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nosler Partion?

Post by Wouter Roets »

Hallo Van Der Walt

Dis nie die geval dat ek glad nie van Partition hou nie. Dit is darem nog die koeel wat alles aan die gegang gesit het in die premuim veld. Ek en Neels voel net dat dinge aan beweeg het en dat daar baie beter koeels op die mark is. Die Partition is ook buitensporig duur as n mens hulle vergelyk met die beteres op die mark. Se bietjie hoekom se jy jy weet hulle gaan groepeer in jou geweer? Dis vir my bitter snaaks dat die 140gr Accubonds nie wou groepeer in jou geweer nie. Hoekom probeer jy nie die TSX'e nie?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Nosler Partion?

Post by Jagtersdok »

Wat is die twist op daai 6.5???
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Nosler Partion?

Post by VdWalt »

Ek kon nog nooit op hulle (CZ) website die twist kry nie
maar ek het hom met die draai op die skoonmaak stok gemeet
en dit het vir my 9 duim gegee.

Wouter - lyk my sover al die korter koeels werk beter en die NP
is baie korter as die Accubonds. Dis ook die selfde rede hoekom ek
nie die TXS al probeer het nie - hulle is ook maar lekker lank.
(Om die NP te gebruik was sommer om kort pad te vat.)

O ja - nog iets - die beste groepeerings wat ek kry is met n helse
jump elke keer - 75.5 mm TPL met die hele lot. En dis nie dat hy sleg skiet nie.

[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... arget2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... arget1.jpg[/img]
Last edited by VdWalt on Sat Aug 25, 2012 3:16 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nosler Partion?

Post by tripodmvr »

Ek het na die giro stabiliteit gaan loer vir 140 Sierra en ook die van 120GMX en 120TSX. Beide die ligter koe?ls se waardes is laer.

Ek het met die ou Barnes X in my 7x64 ervaar dat dit nie met S365 en std primers wou groepeer. Die gebruik van S385 en magnum primers het egter die akkuraatheid gebring.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Nosler Partion?

Post by VdWalt »

tripodmvr wrote: Ek het na die giro stabiliteit gaan loer vir 140 Sierra en ook die van 120GMX en 120TSX. Beide die ligter koe?ls se waardes is laer.
:-[ Mmmm ek weet nie wat dit beteken nie...  :-X
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nosler Partion?

Post by tripodmvr »

Hoe laer die giro stabiliteit is hoe makliker "wobble" die koe?l in vlug en skiet dan bont. Kyk na twist in www.gsgroup.co.za  se "Useful Stuff" afdeling.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nosler Partion?

Post by Arnold »

cz-usa gee die twist aan as 1:9 vir die 6.5x55
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Nosler Partion?

Post by Boesman »

Jy't 'n lekker werk! Ek stuur my CV.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Nosler Partion?

Post by VdWalt »

Arnold wrote: cz-usa gee die twist aan as 1:9 vir die 6.5x55
Dankie, so ek het reg gemeet.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Nosler Partion?

Post by VdWalt »

Wouter Roets wrote: Hallo Van Der Walt

Hoekom probeer jy nie die TSX'e nie?

Groetnis
Wout
Baas Wouter - ek het toe maar vir my 'n pakkie van die 130gr TSX aangeskaf...  8)
Post Reply