Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne ek weet die is nou nie 'n probleem dier nie, maar dit is vir my kommer wekkend hoe min ek die diertjies deesdae raak loop. Ek het jare laas een in die veld tee gekom. As kind was daar hordes op die plaas, hulle was lief om in die nag huis se kant toe te beweeg en die goggatjies onder die buite lig te vreet as hy brand.
Maar so deur die jare het hulle al minder en minder geword, ek lieg nou nie vir julle nie maar ek het seker 25 jaar laas 'n lewendige krimpvarkie in die veld gesien. Is ek verniet bekommerd of kom ek net te min en op die verkkerde plekke in die veld?
Ek weet die volk was destyds lief om hulle te vang en te verorber, ek hoop nie almal is opgevreet nie...
Het reeds saterdagaand 1netjie gehad wat per toeval op my af beur.Hier by my kry ek hulle nog baie in die veld.Raak reeds so kwaad as die blinde mense hul so op die pad doodry!Selfs skilpaaie,het gekry dat 'n vabond twee skilpaaie raakry langs mekaar,hoe blind wil jy wees?Het 'n kommerwekkende probleem hier by my,in ons hele distrik,al selfs 'n punt op die boerevereniging se vergadering.Sal ek maar se mense ry in die aande hier op ons grondpaaie rond en kyk wat hul kan doodry om te eet!Dus 'n groot probleem nou by ons.Selfs jag in die langkamp!Het skoolmannetjies gevang hier by my wat my ribbokke van die pad af skiet,vang hul met 'n boot vol hase,steenbokkies en duikertjies,glo verkoop die gemorse dit vir drink geld in die lokasie.
Taffie, ek is regtig bekommerd oor die diertjies se getalle. Dit lyk nie vir my gesond nie.
Arno bly om te hoor daar loop nog lewendige krimpvarke daar by jou rond, jy moet die goetjies maar mooi oppas, hulle is baie skaars. Dit is verskriklik jammer dat mense genot put uit sulke roekelose bedreiwighede 'n man kan ook nie orals red nie. Ek hoop en bid hard dat hierdie mense tot hulle sinne sal kom en dink voordat hulle sulke roekelose besluite neem.
As jy ernstig is kan ons reel.Dan doen ons ook ons bydra om die diertjies te hervestig in gebied waar hul nie meer voorkom nie.Dink dit sal 'n baie goeie projek wees.Sal selfs bystand kan kry van instansies as ons so ver wil gan.Weet van 1ne wat graag sal bystand lewer.
Manne dit is miskien hoogtyd dat dit gebeur, maak asb. net seker dat sou dit gebeur ons dit reg hanteer en nie onnodige verdere skade aanrig deur onkunde en verkeerde praktyke nie. Ek hou van daai gedagte sal definitief die oefening ondersteun as dit reg aangepak word.
Ek sal uitvind wat die minimum vereistes is en dan kan ons die projek aanpak. Alan Truter se vrou is hoog opgejack op hierdie tipe van projekte en ek sal haar vandag kontak om die bal aan die rol te kry.
Ek het ook Saterdagaand 17 Januarie '09 net buite Bloemies, enetjie in die veld gekry. Moet vir julle manne s? dat hulle werklik skaars is, maar dat ek darem so een maal of wat per jaar een raakloop in die Suid-Wes Vrystaat. In ons geweste was dit die werkers en hul honde op die plase wat hulle vro?rjare uitgeroei het. Die boere hier is nou baie streng t.o.v. honde en dit lyk tog of die krimpvarkies se getalle stadig aan die styg is.
Manne sorg net dat julle enige projekte wettig doen, samblieftog.
dis die een en aleen vooordeel van die veeposte waar daar geen siel meer is nie,,, tussen smithfield en dewetsdorp key ek gereeld van die mannetjies langs die pad... maar dis op stil paaie....en veeposte sonder volk en honne en dis ook waar die meeste miershooptiere uitpeul....
hi almal,
weet enige iemand wat die situasie is met krimpvarkies in KZN, meer so naby die suidkus gebied? ons sal graag ook van hulle in ons gebied wil versprei aangesien ons net so graag wil sien dat hulle aanhou lewe en n gesonde getal behou.
enige iemand met meer info asb laat weet so gou moontlik
dankie baie
Hi
ek sien so af en toe n paar op die lusern lande.het nog nooit 1 se oog opgetel met n lig nie.as jy nie op hom af ry in die pad nie good-luck.sal laat weet as ek weer sien.(my plaas was altyd die vee pos en honde was nie altyd geduld nie)
Het anderdag (14 Jan.) 'n mannetjie gekry wat in die pad doodgetrap is, daar tussen Perdeberg en Kimberly. Dit het die vorige aand bietjie gereen in daai geweste, dis hoekom die outjie toe rondgeloop het en getrap is. Boer daar naby wie ek besoek het, s? hy sien gereeld krimpvarkies op die plaas en hulle kom ook gereeld na sy werf om goggas onder die sekuriteits ligte te vang. Het ook 'n paar maande terug (Oktober) twee gesien in die Van Stadensrus/Weppener omgewing.
Dit lyk tog of die krimpvarkie getalle stadig maar seker besig is om by te kom in sekere dele van die Vrystaat.
Wat het toegeword van die idee om die varkies te hervestig?, Hier by ons in die Frankfort kry ek hulle darm nog so nou en dan op die pad. Het self by my huis ook al menigmale gesien.