Krimpvarkies

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Krimpvarkies

Post by Freek »

Manne ek weet die is nou nie 'n probleem dier nie, maar dit is vir my kommer wekkend hoe min ek die diertjies deesdae raak loop. Ek het jare laas een in die veld tee gekom. As kind was daar hordes op die plaas, hulle was lief om in die nag huis se kant toe te beweeg en die goggatjies onder die buite lig te vreet as hy brand.

Maar so deur die jare het hulle al minder en minder geword, ek lieg nou nie vir julle nie maar ek het seker 25 jaar laas 'n lewendige krimpvarkie in die veld gesien.  ??? Is ek verniet bekommerd of kom ek net te min en op die verkkerde plekke in die veld?

Ek weet die volk was destyds lief om hulle te vang en te verorber, ek hoop nie almal is opgevreet nie...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Krimpvarkies

Post by tafjak »

Term

Ek het in 1988 die laaste een gesien, dit was in noorde van die ou SWA.

Taffie
Arno

Re: Krimpvarkies

Post by Arno »

Terminator

Het reeds saterdagaand 1netjie gehad wat per toeval op my af beur.Hier by my kry ek hulle nog baie in die veld.Raak reeds so kwaad as die blinde mense hul so op die pad doodry!Selfs skilpaaie,het gekry dat 'n vabond twee skilpaaie raakry langs mekaar,hoe blind wil jy wees?Het 'n kommerwekkende probleem hier by my,in ons hele distrik,al selfs 'n punt op die boerevereniging se vergadering.Sal ek maar se mense ry in die aande hier op ons grondpaaie rond en kyk wat hul kan doodry om te eet!Dus 'n groot probleem nou by ons.Selfs jag in die langkamp!Het skoolmannetjies gevang hier by my wat my ribbokke van die pad af skiet,vang hul met 'n boot vol hase,steenbokkies en duikertjies,glo verkoop die gemorse dit vir drink geld in die lokasie.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Krimpvarkies

Post by Freek »

Taffie, ek is regtig bekommerd oor die diertjies se getalle. Dit lyk nie vir my gesond nie.

Arno bly om te hoor daar loop nog lewendige krimpvarke daar by jou rond, jy moet die goetjies maar mooi oppas, hulle is baie skaars.  :o Dit is verskriklik jammer dat mense genot put uit sulke roekelose bedreiwighede 'n man kan ook nie orals red nie. Ek hoop en bid hard dat hierdie mense tot hulle sinne sal kom en dink voordat hulle sulke roekelose besluite neem.

Sterkte!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Krimpvarkies

Post by tafjak »

Arno

Stuur so paar dan kan ons 'n telery begin en dan kan ons die goedjies weer op die map sit. Ek is baie ernstig.

Ek dink dit is die klomp gif in die veld vir sprinkane, vrugtevliee ens wat die probleem veroorsaak. Wetie.

Taffie
Arno

Re: Krimpvarkies

Post by Arno »

Taffie

As jy ernstig is kan ons reel.Dan doen ons ook ons bydra om die diertjies te hervestig in gebied waar hul nie meer voorkom nie.Dink dit sal 'n baie goeie projek wees.Sal selfs bystand kan kry van instansies as ons so ver wil gan.Weet van 1ne wat graag sal bystand lewer.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Krimpvarkies

Post by Freek »

Manne dit is miskien hoogtyd dat dit gebeur, maak asb. net seker dat sou dit gebeur ons dit reg hanteer en nie onnodige verdere skade aanrig deur onkunde en verkeerde praktyke nie. Ek hou van daai gedagte sal definitief die oefening ondersteun as dit reg aangepak word. :)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Krimpvarkies

Post by tafjak »

Arno

Ek sal uitvind wat die minimum vereistes is en dan kan ons die projek aanpak. Alan Truter se vrou is hoog opgejack op hierdie tipe van projekte en ek sal haar vandag kontak om die bal aan die rol te kry.

Dankie manne.

Taffie
Arno

Re: Krimpvarkies

Post by Arno »

Regso taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Krimpvarkies

Post by Caller »

Freek

Ek het ook Saterdagaand 17 Januarie '09 net buite Bloemies, enetjie in die veld gekry. Moet vir julle manne s? dat hulle werklik skaars is, maar dat ek darem so een maal of wat per jaar een raakloop in die Suid-Wes Vrystaat. In ons geweste was dit die werkers en hul honde op die plase wat hulle vro?rjare uitgeroei het. Die boere hier is nou baie streng t.o.v. honde en dit lyk tog of die krimpvarkies se getalle stadig aan die styg is.

Manne sorg net dat julle enige projekte wettig doen, samblieftog.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Krimpvarkies

Post by tafjak »

Caller

Judy Truter is die aangewese persoon om dit te doen, baie deeglik in haar benadering t.o.v. wetlike aspeke.

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Krimpvarkies

Post by Freek »

8) Asb, hou my op hoogte van hoe wat en waar...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Krimpvarkies

Post by Yalair »

'n Student het op 'n vriend van my se plaas navorsing gedoen, sal hoor dan kan hulle meer inligting gee.
Pieter E

Re: Krimpvarkies

Post by Pieter E »

As julle wil hervestig (en dit is toelaatbaar) sal ek baie graag ook by my wil vestig. Ek het ook jare laas een gesien.

Groete

Pieter Esterhuizen
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Krimpvarkies

Post by Yalair »

Ek het die dame gekontak wat navorsing oor krimpvarkies doen sy sal op die forum registreer en meer inligting gee.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Krimpvarkies

Post by JACQUES BOTHA »

dis die een en aleen vooordeel van die veeposte waar daar geen siel meer is nie,,, tussen smithfield en dewetsdorp key ek gereeld van die mannetjies langs die pad... maar dis op stil paaie....en veeposte sonder volk en honne en dis ook waar die meeste miershooptiere uitpeul....
Shoot straight and tell the truth!
varkies forever

Re: Krimpvarkies

Post by varkies forever »

:) hi almal,
weet enige iemand wat die situasie is met krimpvarkies in KZN, meer so naby die suidkus gebied? ons sal graag ook van hulle in ons gebied wil versprei aangesien ons net so graag wil sien dat hulle aanhou lewe en n gesonde getal behou.
enige iemand met meer info asb laat weet so gou moontlik
dankie baie
Ambessa

Re: Krimpvarkies

Post by Ambessa »

Hallo varkies forever

Welkom hier. Hou hulle net bymekaar - dit is nou die varkies....

Jy weet nie hoe gelukkig jy is nie.

Kontak vir StaceyHallam op die lede lys - sy is 'n ekspert.

Ambessa
Hunter xxx

Re: Krimpvarkies

Post by Hunter xxx »

tafjak wrote: Term
Ek het in 1988 die laaste een gesien, dit was in noorde van die ou SWA.

Taffie
Dit was seker in Ruacana in die Noorde jy kry hulle nog daar, maar hulle raak maar min.
Hunter
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Krimpvarkies

Post by Chris101 »

Laaste week 3 gesien Copperton Bo karoo.
Knou die gediertes AF.
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Krimpvarkies

Post by tobie »

Hi
ek sien so af en toe n paar op die lusern lande.het nog nooit 1 se oog opgetel met n lig nie.as jy nie op hom af ry in die pad nie good-luck.sal laat weet as ek weer sien.(my plaas was altyd die vee pos en honde was nie altyd geduld nie)
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Krimpvarkies

Post by Caller »

Het anderdag (14 Jan.) 'n mannetjie gekry wat in die pad doodgetrap is, daar tussen Perdeberg en Kimberly. Dit het die vorige aand bietjie gereen in daai geweste, dis hoekom die outjie toe rondgeloop het en getrap is. Boer daar naby wie ek besoek het, s? hy sien gereeld krimpvarkies op die plaas en hulle kom ook gereeld na sy werf om goggas onder die sekuriteits ligte te vang. Het ook 'n paar maande terug (Oktober) twee gesien in die Van Stadensrus/Weppener omgewing. 

Dit lyk tog of die krimpvarkie getalle stadig maar seker besig is om by te kom in sekere dele van die Vrystaat.

Caller   
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: Krimpvarkies

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Het tussen kersfees en nuwejaar n manetjie en wyfie gekry op plaas naby dewetsdorp vrystaat.
Groete Rudie
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Krimpvarkies

Post by Beyers »

My dogter het een in Graaff-Reinet, by Wolwas gesien.
User avatar
Taylor
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm

Re: Krimpvarkies

Post by Taylor »

Dag se

Wat het toegeword van die idee om die varkies te hervestig?, Hier by ons in die Frankfort kry ek hulle darm nog so nou en dan op die pad. Het self by my huis ook al menigmale gesien.

Taylor
Gooi daai lood reguit !!!!
Post Reply