22 Hornet - 22K Hornet

Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

22 Hornet - 22K Hornet

Post by Gerhard »

Hoeveel manne ken die Hornet?

Ek is in die posisie waar ek my 22K Hornet gebruik vir jakkalse.

My volgende kaliber 303Brit is bietjie groot vir die area's waar ek roep.  ;)

Dis nou nie die 6mm Rem of 22 250 klas kaliber nie maar met 45gr PMP SP teen so 2790fps het meer as net paar jakkalse in die grond vas geduik.

150 meter is 'n lang skoot met die kaliber maar het darm so paar jakkalse vas getrap op so 200 meter.

Skoot plasing met die kaliber is baie baie belangrik en selfs met 'n 45gr lood pil deur die boiler room kan jakkals 'n goeie ent hardloop voor hy omdop.

Een dag as ek groot is sal ek vir my daai 6mm bou vir daai 300 meter + skote...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 22 Hornet - 22K Hornet

Post by Nico Harris »

hi Gerhard.

watse velocity verbetering het jy uit die k-hornet gekry in vergelyking met die gewone hornet? data wat ek het wys maar net 100ft/s.

groete

nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 22 Hornet - 22K Hornet

Post by Gerhard »

Nico,

Ek sal moet gaan krap in my reloading stats as ek in Pta is volgende week.

As ek reg onthou en dis onder korreksie kon ek in die hornet net so 9.5gr laai waar ek nou 11.2gr laai.

Soos ek s? ek sal moet gaan kyk. Ek was die laaste 2 jaar bietjie buite aksie gewees met die re loading en jakkals skiet dinge as alles volgens plan verloop verander dit volgende Donderdag en Vrydag aand.

Ek het begin speel met 35gr VMax punte en hele paar jakkalse geskiet met die punt maar hulle was vir my net te lig en jakkals het net te ver gehardloop as hy die pil gesluk het.

Ook nie veel verbetering gesien op 40gr Vmax nie en toe kon ek gelukkig so 1000 PMP SP 45gr punte in die hande kry.

Met die kombo wat ek nou het werk dit die beste en sal nie sommer verander nie.

Daai 200 meter skote hardloop jakkals en jy moet mooi kyk waar die oe weg raak in die gras en dan gaan soek of in die dag terug kom.

Ek kan met redelike veiligheid skiet en nie stress oor waar die punt sy energie gaan uit woed nadat hy deur die jakkals is nie. Area's waar ek die meeste roep is plase so gemiddeld van 300 tot 800 hektaar en ek wil nie die buurman se bees 'n gaatjie in skiet nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: 22 Hornet - 22K Hornet

Post by Cois »

Gerhard

Bou maar daai 6mm my maat jy sal nooit spyt wees nie, daai roer skiet n bars hou!!!Daar is in elkgeval net een geweer wat beter as n 6mm skiet en dis n ander 6mm ;) ;D

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 22 Hornet - 22K Hornet

Post by Gerhard »

Cois wrote: Gerhard

Bou maar daai 6mm my maat jy sal nooit spyt wees nie, daai roer skiet n bars hou!!!Daar is in elkgeval net een geweer wat beter as n 6mm skiet en dis n ander 6mm ;) ;D

Cois
Dit sal ek goed glo...

Soos dinge nou staan gaan dit 'n hele paar jaar vat om die geweer te bou.

Tot dan werk die Hornet. Gelukkig in die bosveld en baie plekke in die ho? veld kry ek die jakkalse 100 meter en nader in geroep.

In die bosveld op 'n kruis pad is 20 meter soms die afstand wat jy skiet as hy uit die bos stap in die pad in...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: 22 Hornet - 22K Hornet

Post by vriell »

Gerhard,Watter kruit en lading gebruik jy vir die hornet ?
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 22 Hornet - 22K Hornet

Post by Gerhard »

vriell wrote: Gerhard,Watter kruit en lading gebruik jy vir die hornet ?
S 265 en laai 11.5gr in die 22K Hornet as ek reg onthou ek sal moet seker maak as ek weer by my laai data kom in Pretoria
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply