Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is in die posisie waar ek my 22K Hornet gebruik vir jakkalse.
My volgende kaliber 303Brit is bietjie groot vir die area's waar ek roep.
Dis nou nie die 6mm Rem of 22 250 klas kaliber nie maar met 45gr PMP SP teen so 2790fps het meer as net paar jakkalse in die grond vas geduik.
150 meter is 'n lang skoot met die kaliber maar het darm so paar jakkalse vas getrap op so 200 meter.
Skoot plasing met die kaliber is baie baie belangrik en selfs met 'n 45gr lood pil deur die boiler room kan jakkals 'n goeie ent hardloop voor hy omdop.
Een dag as ek groot is sal ek vir my daai 6mm bou vir daai 300 meter + skote...
Ek sal moet gaan krap in my reloading stats as ek in Pta is volgende week.
As ek reg onthou en dis onder korreksie kon ek in die hornet net so 9.5gr laai waar ek nou 11.2gr laai.
Soos ek s? ek sal moet gaan kyk. Ek was die laaste 2 jaar bietjie buite aksie gewees met die re loading en jakkals skiet dinge as alles volgens plan verloop verander dit volgende Donderdag en Vrydag aand.
Ek het begin speel met 35gr VMax punte en hele paar jakkalse geskiet met die punt maar hulle was vir my net te lig en jakkals het net te ver gehardloop as hy die pil gesluk het.
Ook nie veel verbetering gesien op 40gr Vmax nie en toe kon ek gelukkig so 1000 PMP SP 45gr punte in die hande kry.
Met die kombo wat ek nou het werk dit die beste en sal nie sommer verander nie.
Daai 200 meter skote hardloop jakkals en jy moet mooi kyk waar die oe weg raak in die gras en dan gaan soek of in die dag terug kom.
Ek kan met redelike veiligheid skiet en nie stress oor waar die punt sy energie gaan uit woed nadat hy deur die jakkals is nie. Area's waar ek die meeste roep is plase so gemiddeld van 300 tot 800 hektaar en ek wil nie die buurman se bees 'n gaatjie in skiet nie.
Bou maar daai 6mm my maat jy sal nooit spyt wees nie, daai roer skiet n bars hou!!!Daar is in elkgeval net een geweer wat beter as n 6mm skiet en dis n ander 6mm
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Bou maar daai 6mm my maat jy sal nooit spyt wees nie, daai roer skiet n bars hou!!!Daar is in elkgeval net een geweer wat beter as n 6mm skiet en dis n ander 6mm
Cois
Dit sal ek goed glo...
Soos dinge nou staan gaan dit 'n hele paar jaar vat om die geweer te bou.
Tot dan werk die Hornet. Gelukkig in die bosveld en baie plekke in die ho? veld kry ek die jakkalse 100 meter en nader in geroep.
In die bosveld op 'n kruis pad is 20 meter soms die afstand wat jy skiet as hy uit die bos stap in die pad in...