Ek sien dat die onderwerp van stoele redelik lanklaas onder die loep geneem is.
In my opinie is 'n goeie stoel so belangrik soos die regte caller. So is dit my beskeie opinie dat in soverre dit die callers aangaan, die foxpro tans die goudstandaard is. Dit het 'n onmiddelike, merkbare verskil aan my suksesse gemaak. Nie almal van ons het die talent om 'n critcaller tot sy volle reg te laat kom nie en die foxpro maak dit selfs vir 'n ou soos ek moontlik om darem ook 'n kans op 'n Jakkie of Kat te kry.
Oor stoele kan ek my nie uitspreek nie en gooi die forum oop. Ek ken maar net myne. En ek weet wat ek in haar wou gehad het. My ontwerp was primer gedrewe deur al die goed wat ek nie meer mee geirriteer wou word nie:Ek wou nie meer staan en skiet nie. Ek wou sit. Nie so laag dat ek nie oor die bosse en bome kon sien nie - ek het in die bosveld begin Jakkies skiet, sien. (Ek wonder hoeveel Jaracal manne het nog van provinsie verhuis, net om nader aan die Jakkies en die Katties te wees? Dit was een van my grootste oorwegings om Vanderkloof toe te trek - dis mos lekker oop in daai wereld)
Maar ek moes nou ook nie te gemaklik sit nie. 02:00 AM hou ongemak my wakker...so, my sitplekkie is maar hard en eenvoudig...nie die ideaal vir 'n man wat met aambuie sukkel nie!
Ek wou nie meer heeltyd met drade sukkel wat of uit die draagbare battery uitrek, of om my bene in die donker koek nie.
En verder wou ek nie he dat sy op die mees ongelee oomblik, van haar moes laat hoor nie. Sy moes tjoepstil wees. Sy moes my toelaat om onmiddelik op die teiken te kom, en dan doodstil staan sodat ek dooierus my korrel kon kry. Ons weet mos - Jakkie gee jou nie baie tyd nie... Dit alles het ek in haar gevind.
Vertel ons bietjie meer van jou stoel?
Ek heg 'n foto van haar aan - is sy nie die pragtigste ding wat julle nog ooit gesien het nie
Groette
.220 Swift (ne Stofs)







