Stoele

Post Reply
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Stoele

Post by .220 Swift »

Manne

Ek sien dat die onderwerp van stoele redelik lanklaas onder die loep geneem is.

In my opinie is 'n goeie stoel so belangrik soos die regte caller. So is dit my beskeie opinie dat in soverre dit die callers aangaan, die foxpro tans die goudstandaard is. Dit het 'n onmiddelike, merkbare verskil aan my suksesse gemaak. Nie almal van ons het die talent om 'n critcaller tot sy volle reg te laat kom nie en die foxpro maak dit selfs vir 'n ou soos ek moontlik om darem ook 'n kans op 'n Jakkie of Kat te kry.

Oor stoele kan ek my nie uitspreek nie en gooi die forum oop. Ek ken maar net myne. En ek weet wat ek in haar wou gehad het. My ontwerp was primer gedrewe deur al die goed wat ek nie meer mee geirriteer wou word nie:Ek wou nie meer staan en skiet nie. Ek wou sit. Nie so laag dat ek nie oor die bosse en bome kon sien nie - ek het in die bosveld begin Jakkies skiet, sien. (Ek wonder hoeveel Jaracal manne het nog van provinsie verhuis, net om nader aan die Jakkies en die Katties te wees? Dit was een van my grootste oorwegings om Vanderkloof toe te trek - dis mos lekker oop in daai wereld)
Maar ek moes nou ook nie te gemaklik sit nie. 02:00 AM hou ongemak my wakker...so, my sitplekkie is maar hard en eenvoudig...nie die ideaal vir 'n man wat met aambuie sukkel nie!
Ek wou nie meer heeltyd met drade sukkel wat of uit die draagbare battery uitrek, of om my bene in die donker koek nie.
En verder wou ek nie he dat sy op die mees ongelee oomblik, van haar moes laat hoor nie. Sy moes tjoepstil wees. Sy moes my toelaat om onmiddelik op die teiken te kom, en dan doodstil staan sodat ek dooierus my korrel kon kry. Ons weet mos - Jakkie gee jou nie baie tyd nie... Dit alles het ek in haar gevind.

Vertel ons bietjie meer van jou stoel?

Ek heg 'n foto van haar aan - is sy nie die pragtigste ding wat julle nog ooit gesien het nie :)?.

Groette
.220 Swift (ne Stofs)
Image
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Stoele

Post by Christo »

222Swift

Daai stoel is baie netjies gebou. Geverf, vernis en al. Baie ander stoele is maat roi. Ek dink nie 'n Jakkals het lekker kans om die stoel te sien voor dit te laat is nie. Ten minste sal jou Jakkies jakkiehemel toe gaan met die wete hulle is deur 'n pragtig vernisde stoel op hulle pad gesit. ;)

Laai hulle. Die bakkie kort nog 'n paar krapmerke

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Stoele

Post by Freddie101 »

220swift
Duidelik het jy moeite gedoen met jou stoel. As hy werk dan werk hy . Voorspoed.

Vertel bietjie meer oor jou geweer. Spoed . Punte. Trajek.

Groete Freddie
yol bolsun
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Stoele

Post by Freek »

Mooi .220, dit is nou 'n stoel waarop jy trots kan wees! Hoe pas die bakkie onder die garage in, met die stoel op, of af?  Vertel ons hoe werk hy, miskien kan die manne wat nog self stoele wil bou 'n tip of 2 kry. Waarvoor is daai handle onder die tafel?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Stoele

Post by Tomcat »

220

Niks negatiefs nie maar jy moet maar vir jou tralies kry. Jy gaan nog mur hard val da van die tweede verdieping af ;D

Freek
Handle is vir die collective pitch

Groete
Tomma
Last edited by Tomcat on Mon Mar 01, 2010 7:24 pm, edited 1 time in total.
Danie Lombard .243

Re: Stoele

Post by Danie Lombard .243 »

Ahoi daar 220 swift.

Ek is gaande oor jou battle ship. SHIVER ME TIMBERS AND RATTLE ME BONES.

Die bench plan is bakgat, ek het my voorgeneem dat as ek die dag vir my 'n stoel gaan bou, ekke 'n bench tafel wil het wat roteer. SIEDAAR en jy het hom gebou. Dit is maar so dat as ons wil akkuraat skiet en wil gropeerings skiet, ons dit van die bench tafel af doen.
Jy is in my oe ligjare voor met jou dooie rus bench jakkie battle ship lanseer platform. Jou harpeon le te mooi op die harris pods.
El laaaaaik hom sterk.

Vertel vir ons van jou harpoen. Is dit 'n 220 swift? Watter kruit brand jy? As ons yankie kruit hier in boerassikpark kon te koop kry sou ek beslis met 'n 220 swift gegooi het.

Toe man, vertel vir ons, ek brand van nuuskierigheid.

Groete en oppas vir jakkies bleod op jou mooi skip. Vlekkie se sous vlek alles.

Danie.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Stoele

Post by Christo »

Danie .243 wrote: Groete en oppas vir jakkies bleod op jou mooi skip. Vlekkie se sous vlek alles.
Nou die aand die drywer ( jongste ) geskel oor hy sulke onwelriekende winde los toe ek agterkom dat die dooie jakkals hier langs my gebol het. Ek was amper van die bakkie af. Die goed is ook soos gom, 'n wap haal hom nie maklik af nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Stoele

Post by Chris101 »

Dis dam n netjiese bakkie bestuur jy self of ry jy in die stoel.
Knou die gediertes AF.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Stoele

Post by theedge »

Baie netjie
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Stoele

Post by MEERKAT »

Stofs

Baie netjiese besigheid van jou.

Watse swart kassie staan op die onderste verdieping met die rooi plug.
Sien daar is redelik bome waar jy rondry en seker hier en daar 'n telefoon lyn.

Daardie stoel sal mens heel nag wakker hou, hou daarvan om darem so bietjie te rus tussen die dinge deur.

Knou goggas af
MEERKAT
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Stoele

Post by .220 Swift »

Manne
Jammer dat ek maar bietjie stadig is met die antwoorde - maar 'n ou moet seker werk ook? Ek  antwoord graag:

Sien daar is redelik bome waar jy rondry en seker hier en daar 'n telefoon lyn?
Die foto is in Nov 2005 geneem - op 'n vriend se plaas naby Marble Hall - op die enigste stukkie oopte in daai kontrei - 'n ou land. Ek haal my hoed vir enige iemand af wat konsistent sukses behaal in die bosveld. My ongelukkige aande was baie meer as my gelukkige aande daar.Praat van telefoonlyne...of eintlik meer spesifiek - Eskom kraglyne: daai stoel kry lewe as sy naby aan krag kom - oral waar my vel in aanraking kom, prikkel die elektrisiteit my dat my hare regop staan! 'n Ander manier om wakker te bly :)

Vertel ons hoe werk hy, miskien kan die manne wat nog self stoele wil bou 'n tip of 2 kry. Waarvoor is daai handle onder die tafel?
Die stoel bestaan eintlik uit 4 komponente wat baie maklik van mekaar los bout. Die onus rus maar gewoonlik op my om dit op en af van die bakkie te kry, en as ek moet, kan ek dit alleen doen. Die beste is egter om 'n blok en tekkel te gebruik - ook om die bakkie te beskerm teen 'n ding wat val en die bakwerk/verf seermaak.
1. Die basis oppervlak wat op die kante van die bak rus en met skroewe aan die bak vasgedraai word. Op die deel is die as permanent vas - alhoewel dit ook kan afbout. Die storie is swaar - maar ek en my vrou is genoeg.Die ou wat die stoel gebou het, was egter sterk genoeg om dit alleen op te tel! Die oppervlak bevat ook die plug vir die verlengingskoord.
2. Die benchrest raam wat ek self kan op - en aftel. Dit word met 4 boutte aan die as vasgebout. Dis die raamgedeelte wat die handle inkorporeer. Die handle laat my maar net toe om die oppervlak waarop die Harris bipod rus, op en af te stel.
3. Die houtgedeeltes.
4. Die elektriese komponente: vasbout van reostate op die benchrest en inplug van verlengingskoord vanaf die bakkie se lighter plug in die plug van die basisoppervlak. Let op dat alle knoppies deur my linkerhand beheer word terwyl my regterhand altyd reg is vir skiet.

Hoe pas die bakkie onder die garage in, met die stoel op, of af? Die stoel is dan af.

Watse swart kassie staan op die onderste verdieping met die rooi plug? Dis die sender van die caller wat ek eers gebruik het. Ek gebruik nou die foxpro en my lewe is aansienlik makliker :)

"Daardie stoel sal mens heel nag wakker hou, hou daarvan om darem so bietjie te rus tussen die dinge deur?"
Doelgemaak ongemaklik sodat ek kan wakker bly!

"Dis dam n netjiese bakkie bestuur jy self of ry jy in die stoel?"
Mammie bestuur. Die bakkie is nou al deur 'n witte vervang.Ons het koms deur 2 rigtingradio's met headsets.

"dat as ek die dag vir my 'n stoel gaan bou, ekke 'n bench tafel wil het wat roteer. SIEDAAR en jy het hom gebou. Dit is maar so dat as ons wil akkuraat skiet en wil gropeerings skiet, ons dit van die bench tafel af doen."
Vir die rekord: ek het dit ontwerp, maar 'n ander ou het dit gebou. Vir die wat belangstel, pm my, dan verwys ek julle.

"Niks negatiefs nie maar jy moet maar vir jou tralies kry. Jy gaan nog mur hard val da van die tweede verdieping af "
Nog 'n manier om wakker te bly - dit vat ure vir my hart om te bedaar na so 'n trippie oor berge en deur dale. Die pendulum effek so hoog van die grond af is nie eintlik vir 'n vir 'n papbroek soos ek bedoel nie - al geleer om my lyf weg te gooi van die laer gekantelde vlak - soos die ouens maak wat catamarans seil! But I'm hooked in a perverted kinda way - al meer as 1 jakkals geskiet terwyl ons van standplaas verander :)

Ek laai nog foto's

Groette
Stofs

Image

Image

Image

Image
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Stoele

Post by Freek »

.220, Jy het voorwaar baie dinkwerk hier in gesit, PRAGTIG MAN! Hoop die vlekkies val op strepe met daai battle ship. Enigste ding wat ek sal by sit is om vir daai stoel van jou 'n rugleuning te maak, mens se rug vat nogal baie strain van al die sit en as jy gemaklik sit raak die wag en skiet lekkerder.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Stoele

Post by Dawie »

Hallo 220

Netjiese stuk kantoor daai.  Hoe werk sy briek/"friction" siteem vir in die rondte draai?

Kojak

Ps. Tomcat die Afrikaanse term vir "Collective Pitch Control" is "Gemeenskaplike Steek Re?laar" ;)
Danie Lombard .243

Re: Stoele

Post by Danie Lombard .243 »

Al wat daai stoel nog kort is twee rudder pedals en 'n lycomng motor, dan kan hy vlieg.

Ek se weer, BAK GAT STOEL 8) 8) 8)
tafjak

Re: Stoele

Post by tafjak »

Meerkat
Watse swart kassie staan op ........ seker hier en daar 'n telefoon lyn.
Skerp my maat, skerp!
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Stoele

Post by .220 Swift »

Kojak

Ek gebruik my bene om die stoel te roteer - ek loop met my voete op die sirkel raam en skuif haar so in die ronte. Die stoel is swaarerig en is baie stabiel as sy staan.

Verder is daar 'n skroef wat ek vasdraai wat keer dat sy rondswaai as ons ry en ek haar nie beman nie.

Groette

.220
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Stoele

Post by Namib »

Hi 220.

Daai stoel van jou 10/10, of sal ek se mooi gegooi daar.

Groete
Niel
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Stoele

Post by Piet Breedt »

Ek sien die foto's is verwyder, of geskiuf. Kan enige iemand my daarna toe verwys, of dit weer plaas vir ons nuwelinge wat meer wil weet?
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Stoele

Post by KSV »

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Stoele

Post by Piet Breedt »

Dankie Hein
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Stoele

Post by JACQUES BOTHA »

Piet
Kom maak n draai augustus met vrystaat ope sal jou n paar stoele wys...
Groete, weet jy gaan dit nie  mis nie, onthou net die baan buite  op "thabanchu" pad is nou toe,
Groete
jb
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Stoele

Post by Piet Breedt »

JACQUES BOTHA wrote: Piet
Kom maak n draai augustus met vrystaat ope sal jou n paar stoele wys...
Groete, weet jy gaan dit nie  mis nie, onthou net die baan buite  op "thabanchu" pad is nou toe,
Groete
jb
Jacques, is dit die "tyre baan"?

Ek sal probeer reel by Willie om in te skiet op die Sihouette baan.

Waar gaan die Vrystaat Ope hierdie jaar aangebied word?
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Stoele

Post by JACQUES BOTHA »

PIET
Skiet gaan weer by die garage op die N1 wees ..
mooi bly
JB
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply