Cero-kote raad asseblief

Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Cero-kote raad asseblief

Post by Marc »

Manne help bietjie asseblief

Wie kan my meer vertel oor die  Cero-kote besigheid en hoe onderhou 'n man dit ? Ook wonder ek hoe mens dit eendag afkry as jy moeg is daarvoor  ???

Wat ek ook graag wil weet is of julle sou aanbeveel dat mens jou teleskoop ook so kleur om te pas by die loop  ???

Enige hulp gaan BAIE waardeur word, sit 'n man op die regte pad asseblief  :angel:

http://numenor.co.za

Dankie

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Cero-kote raad asseblief

Post by afriventure »

Marc
Wat ek weet daarvan is dat redelik permanent is, dit word meestal gebruik deur ouens wat gewere in nat toestande gebruik, soos by see.
Dit het geen onderhoud nodig nie (lees olie) en soos gese kan nie roes optel nie, ek dink jy gaan sukkel om dit af te kry - so die keuse is joune
Johan
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Cero-kote raad asseblief

Post by Marc »

Johan

Dankie, ek gee nie te veel om oor die loop en aksie nie, dis die scope waaroor ek huiwer. Dalk moet eerder net die "roer" doen en die res swart los  ???

Dankie vir die raad

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Cero-kote raad asseblief

Post by Marc »

Dankie aan die manne wat terugvoer gegee het.

Is daar nie dalk nog manne wat ondervinding en/of kennis het van die tiepe van goed nie  ???

Enige bydrae sal waardeer word  ;)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Cero-kote raad asseblief

Post by G-force »

Die twee manne van Numeor is pels van my en ek kan eerlik se hul werk is puik.Ek het n paar cerakote jobbies gesien wat hul gedoen het en was baie beindruk met dit.Jy kan hul gerus gebruik as jy daai roete gaan.
Groete
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Cero-kote raad asseblief

Post by Koos Barnard »

Marc
Ek het nie al my Magnums hier by die huis nie, en kan nie onthou in watter een ons die artikel gedoen het nie. Ek het twee gewere met die coatings op (.30-06 en .22 Hornet). Myne is deur Armtec in Potch gedoen en dit werk baie goed. My .30-06 werk hard en ek het al so twee maal hard geval met hom. Die coating beskerm die loop en die aksie baie mooi teen roes en dis duursaam. Ek het net die coating van die slot verwyder want dit laat die slot bind in die aksie. Ek sal cerakote enigetyd aanbeveel. Daar is nie veel meer in die artikel wat jou kan help nie. Die coating word aangesit en dan word die loop gebak. Dit is in verskillende kleure beskikbaar. Sommige vervaardigers bemark dit onder verskillende name maar dis maar dieselfde ding. Dit gee ook 'n mooi dowwe afwerking wat nie sommer weerkaats nie.
Mooi loop
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Cero-kote raad asseblief

Post by Marc »

Oom Koos

Baie dankie vir die terug voer, ek sal gaan grou daar innie argiewe  ;D

Klink of die produk homself verkoop, ek gaan dit sterk oorweeg om my 243 te laat "kote" . BAIE dankie vir die raad.

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply