Ek het vanmiddag afgevat by die werk en met groot opwinding gaan ladings toets vir my nuwe 7x64 en het baie wissel vallige resultate terug gekom. Sal julle asb kyk na my besonderhede en julle opinie gee. Ek weet nie waar om te begin soek nie.
Loop is 20? met n 1/9 twist
Patroon: 160gr Nosler Accubond
Doppe: S & B (Ek weet dis nie die beste nie, maar wag vir Roshental om weer RWS vooraad te kry)
Dryfmiddel: S365 Lot 64
Slagdop: CCI 200
TPL : 84mm (Maksimum wat magasyne kan vat)
Ek het ladings gelaai vanaf 50.2 tot 52.6, met spronge van 0.4. Die kleinste goepering was 75mm. Vir 50.2 was my spoed 2219 gemiddeld en by 51.8 was dit 2590. Ek het nie eers die laaste twee groepe klaar geskiet nie. Gedink ek het miskien droog gemaak met die laai proses
Eninge raad is welkom, kan dit dalk wees dat die nuwe S365 lot 64 weereens iets mee fout is?
Groete,
Chrisitiaan


