7x64 Hulp / advies asb.

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Naand julle,

Ek het vanmiddag afgevat by die werk en met groot opwinding gaan ladings toets vir my nuwe 7x64 en het baie wissel vallige resultate terug gekom. Sal julle asb kyk na my besonderhede en julle opinie gee. Ek weet nie waar om te begin soek nie.

Loop is 20? met n 1/9 twist
Patroon: 160gr Nosler Accubond
Doppe: S & B (Ek weet dis nie die beste nie, maar wag vir Roshental om weer RWS vooraad te kry)
Dryfmiddel: S365 Lot 64
Slagdop: CCI 200
TPL : 84mm (Maksimum wat magasyne kan vat)

Ek het ladings gelaai vanaf 50.2 tot 52.6, met spronge van 0.4. Die kleinste goepering was 75mm. Vir 50.2 was my spoed 2219 gemiddeld en by 51.8 was dit 2590. Ek het nie eers die laaste twee groepe klaar geskiet nie. Gedink ek het miskien droog gemaak met die laai proses  ???. Ek het als nagegaan hier by die huis en kruit oor geweeg, want daar was n ronte van elke lading oor en als was volgens my kennis reg.

Eninge raad is welkom, kan dit dalk wees dat die nuwe S365 lot 64 weereens iets mee fout is?

Groete,

Chrisitiaan
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by tripodmvr »

Christiaan wrote: Naand julle,

Het na Quick Load gaan loer en dit wil voorkom dat jou spoed 80vps stadiger is as die voorspelling. Dit lyk my 53.2gr is jou mikpunt en dan behoort spoed van 2716vps b'n akkurate punt te wees. Laai in .5gr inkremente op vanaf 52.7
en kyk wat jou spoed maak. Die geweer se data moet korrek wees om 'n beter voorspelling te maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christo »

Christiaan

Ek is nie 'n guru, maar het ook een. Hulle hou nogals baie van 150gr. koeels. Nosler ballistic tips vir papier en wat ook al en Barnes X vir jag. Ek het ook al die 139's tot 170's probeer en 150gr. is wat hy die meeste van hou. My Brno en my kleinneef se Sako skiet dieselfde gr'e op die selfde spoed en groepeer amper dieselfde.

Probeer bietjie.

Ek het opgegaan na 2870vt/s. maak kon nie beter doen as op 2640 met 51.5gr S365 nie, so ek's treug by 2640vt. TPL nou 87mm maar dit het ook nie verskil gemaak van 84.5 af nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by GERT vd M »

Se maar net=== Myne se spoed met S365 -- 51gr-- was 2670vt/s.  PMP dop, en Hornady 162gr btsp. Loop lengte is 23,5". Geen tekens van hoe druk so ek dink ek kan nog heelwat hoer want ek het n 170 rhino met 51gr geskiet teen 2700vt/s. Moet nog eksperimenteer met koeels ligter as 162gr, soos 150 en 130gr
                                  GROETNIS
                                      GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by tripodmvr »

Lyk my Christiaan is baie moedeloos want ons hoor niks verder van hom nie.

Jou geweer met 'n 20dm loop boet seker 100-150vps in op die normale 24dm lope. Om daarvoor te kompenseer sal dit raadsaam wees om ligter maar premium koeels vir jag te gebruik. Vir papier skiet kan enige loodkern seker doen. Het ook geloer na 140gr Accubond en hier is 'n heel bruikbare mikpunt van 2914vps moontlik bereikbaar.

Ek het met my geweer ondervind dat dit meer van S385 hou en het my beste resultate daarmee gekry. Die doppe (veral PMP) word egter baie vol.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Stefan764 »

Ek skiet ook die kort lopie (Tikka)

Gaan af na 150gn Barnes TSX met 53,3gn S365

Ek moet se dat ek gevind het dat my geweer glad nie sensitief is vir verskil in TPL nie. Het selfde lading met n TPL van 83,1 tot 84,6mm getoets en al 5x groepe was onder 20mm gewees.

Sterkte mater
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Hallo julle,

Jammer ek was so stil was bietjie weg vir die naweek. Dit doen maar n mens se siel goed om so n bietjie in die bosveld te kom. Mag ongelukkig net nie n roer saam gevat het nie.
Dankie vir al die advies ouens. Ek het nou vir my PMP doppe gekry. Dit lyk my ek moet verseker na n ligter punt kyk. Daai 150gr Barnes as dit vir my so klink is dit die punt om mee te jag.
Ek het Vrydag voor ek gery het 52.5gr gelaai met 140, 150 en 170 punte. Dink julle ek moet dit gaan probeer of gaan ek my tyd mors? Moet ek eerder 150gr punte vat met ladings van 51,5 - 53, 5?

Christiaan
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by tripodmvr »

Christiaan wrote: Hallo julle,

Die 52,5GR S365 sal nog werk met die 150gr, maar die 170gr is oor die maksimum druk vir die' kaliber. As jy jou dopvolume met water kan meet kan ek vir jou baie naby ladings gee vir akkuraatheid. Vat 'n dop wat afgevuur is in jou geweer en en weeg dit. Maak dit tot bo vol met water en weeg dit weer ('n bietjie seep daarin sal sorg dat jy dit met plat vlak kan volkry). Die verskil in gewig is wat ek soek. Ek kan dan met 'n COL van 84mm baie akkurate spoed voorspel met QL om jou sodoende kruit te spaar met lading ontwikkeling.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Dankie vir die hulp Tripod. Sal dit more meet en dit opsit.
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by PITSMIT »

christiaan

koop n 270 hy is beter as die skewe x 64 hehehehe ;D ;D ;D

jis nou gaan ek weer pak kry by stefan :P

270 is in elk geval die enigste ware 7mm

ok klaar gespot  my baas het n skewe x 64 brekerig en hy skiet 140gr met groot sukses met n lading van 52.1gr S365 en hy gebruik lapua doppe

doen baie goed tot op 300m sonder probleme    skiet sub 25mm groep op 100m  ek is net nie seker van sy tpl nie

dalk moet jy al jou spesifikasies opsit vir ons dan kan ons met quickload jou help.  sit net jou geweer se h2o waarde ook op dis baie belangrik  gebruik die doppe wat jy gaan laai en wat reeds in jou geweer geskiet is om dit te meet

sterkte met jou toetse
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Hallo julle,

Ek het vanmiddag gou een van daai PMP doppe gaan skiet sodat ek vir julle die volume kan gee. Ek het besluit om eers net n lading toets te doen met n paar 150gr Sierra punte, wat ek by n vriend kon kry, sy BC is .502. Ek dink anders gaan daar te veel veranderlikes wees.

Die PMP dop se volume het ek gekry as 66gr as die dop leeg is weeg hy 195.8gr. Is daar enige ander data wat julle nodig het?

Jammer vir my onkunde, maar hoekom kan jy eers die volume meet nadat die dop gevuur is?

Weereens dankie,

Christiaan
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by KalahariKlong »

Christiaan,

My beste lading by v?r is die volgende.

RWS Doppe
51.0 gr S365
CCI200 Primers
Hornady AMax 162gr  (BC is 0.6 +)

Spoed is 2812 fps

Speel dan net met jou lengte. Ek het so .5mm van die lands af begin en so 0.2mm trug geskyf op 'n slag.
Die lading skiet ek 7 skote net die gat groter op 100m. (skoot 8 en 9 het ek maar getrek)

Sterkte
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by tripodmvr »

Christiaan wrote: Hallo julle,

Ek het vanmiddag gou een van daai PMP doppe gaan skiet sodat ek vir julle die volume kan gee. Ek het besluit om eers net n lading toets te doen met n paar 150gr Sierra punte, wat ek by n vriend kon kry, sy BC is .502. Ek dink anders gaan daar te veel veranderlikes wees.

Die PMP dop se volume het ek gekry as 66gr as die dop leeg is weeg hy 195.8gr. Is daar enige ander data wat julle nodig het?

Jammer vir my onkunde, maar hoekom kan jy eers die volume meet nadat die dop gevuur is?

Weereens dankie,

Christiaan

Die dop het nou jou kamer se vorm aangeneem en bepaal die druk wat jy met 'n spesifieke lading kry.

Ladings vir jou 20dm loop en met lengte van 84mm en S365 is as volg

1.) 160gr Nosler 51,5gr vir spoed van 2702vps
2.) 140gr Barnes TSX 54,7 vir 2897vps
3.) 150gr Barnes TSX 54.3gr 2851vps

Let wel dat laasgenoemde by maksimum druk is en versigtig benader moet word. Kyk dus vir baie plat slagdoppe of slot wat moeilik oopmaak. Begin met 1 grein onder en gaan op met 0,5gr inkremnte tot jy die spoed bereik wat gegee is. As dit te veel is verminder totdat die spoed naby aan voorspelling is. Hopelik kry jy dan ook akkuraatheid. Jy kan met die regte spoed ook die TPL aanpas om te kyk of dit akkuraatheid verbeter.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Dankie vir die data, ek sal seker later die week dit gaan toets.

As ek dan die doppe herlaai is dit beter om te 'fullsize' of moet ek vir my n 'neck sizer' kry?
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by tripodmvr »

Christiaan wrote: Dankie vir die data, ek sal seker later die week dit gaan toets.

As ek dan die doppe herlaai is dit beter om te 'fullsize' of moet ek vir my n 'neck sizer' kry?
Neck sizer in 7x64 is amper 'n spesialis matrys synde ons kaliber nie baie gewild is in Amerika nie. Hulle 280 Remington is daar gewild. Ek bly maar by my Lee en probeer die skouer net minimaal terugstoot.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christo »

tripodmvr wrote:

Ek gebruik 'n Redding .280 neksizer wat Hendrik van Rensburg lankal terug aanbeveel het en hy werk baie mooi. Jy kan hom maar gebruik, die fullsize doppe wat ek gelaai het het een of ander tyd hulle bassise begin afkraak. Nou het ek nie meer die probleem nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Stefan764 »

Christo wrote: Ek gebruik 'n Redding .280 neksizer wat Hendrik van Rensburg lankal terug aanbeveel het en hy werk baie mooi. Jy kan hom maar gebruik, die fullsize doppe wat ek gelaai het het een of ander tyd hulle bassise begin afkraak. Nou het ek nie meer die probleem nie.
Hallo Christo

Ek het ook die 280 Rem neck sizer, maar ek wetie, ek het net een batch ge-necksize en ek het gesukkel met party rondtes wat sukkel om te kamer. Dai Tikka se kamer is redelik styf, so ek hou maar by full-size. Het met PMP doppe destyds tot 15x n batch ge full size, sonder om te anneal.... Skiet nou die Norma doppe, 3x batches en die voorste batch is gistraand vir die 5e keer gefullsize. Ek anneal nou ook, so dit sal interessant wees om die dopleeftyd dop te hou.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christo »

Kan iemand nie die .280 uitsny na .284 toe nie? ek wonder daaroor. Ek sou dink dat met 'n kleiner (.004'' = 0.01016mm) nek die nek nie iets behoort te maak wat die rondtes moeilik laat kamer nie, die expander ball moes mos die nek reggedruk het? Maar dit is maar hoe hulle is, party manne praat mos van hulle vrouens

Op my CZ loop hulle baie lekker. Partykeer na fullsize maak die geweer stram toe maar met .280 necksize is hy seepglad.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Hallo almal,

Ek was van dag skietbaan toe. Wil net vir almal dankie se vir al die advies. Hier is die resultaat:
[img width=360 height=480]http://i1177.photobucket.com/albums/x34 ... -00059.jpg[/img]

Dit was S365 51.3gr gemiddelde spoed 2607vps. Dit lyk wel dat my roer meer van die 150gr hou  ;D. Hoe nou gemaak, moet ek .2 op ek af laai om te kyk of dit beter kan gaan, of trek ek nou aan die leeu se stert?

Dis n groot verligting om uiteindelik in die regte rigting te beweeg,

Christiaan
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by tripodmvr »

Lyk my jy is nou nie meer so "moederloos" nie. Jy het nie genoem watter 150gr koeels jy gebruik het nie. As ek PMP gebruik voorspel QL 'n spoed van 2633 met jou lading. Laat weet watter tipes jy mee eksperimenteer en dan kan ons aanpassings maak om so beter voorspellings te kry. Die spoed wat jy nou kry is nog nie eers naby 'n akkurate node nie en kyk waar kuier die gate bymekaar. 'n Ho?r lading sal beter dopvulling en beter ontbranding verseker om by te dra tot akkuraatheid.

'n Baie veilige mikpunt (druk 54000psi) is 2748vps wat QL voorspel met 53.6gr S365 met 84mm COL. Mik om die' spoed te kry met ladings onder en bo die' 53.6gr en kyk wat jy kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Hallo Tripod,

Daai groepering is geskiet met 150gr Sierra punte wat ek kon afrokkel by n vriend, hulle BC is 0.505.
Ek het vandag by Stefan vir my 150gr Nosler Balisitc Tips gekoop waarmee ek graag sal wil voortgaan vir papier bokke. Hulle BC is 0.493, OAL. 1.300".

Christiaan
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by tripodmvr »

52.4gr met 2740vps is 'n goeie mikpunt. Laai plus 0,5 eminus 0,5gr en mik na die' spoed. Nosler het lyk my ho?r wrywing wat meer druk en spoed veroorsaak. Die volgende node is op piekdruk en moet versigtig benader word - 2856vps met 54,7gr. Wees banja versigtig as jy hiertoe wil streef. Kyk vir druktekens. Wees liewers oorversigtig. Die ekstra 100vps is party nie die moeite werd nie. Doplewe verkort en jou geweer werk harder. Met 'n akkurate lading moet dan net jou trajek leer ken om tot op 300m te skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

Hallo manne,

Ek het die naweek weer gaan ladings toets, hier is die beste groepering, dit was met 52.1gr teen n gemiddeld van 2727fps:
[img width=360 height=480]http://i1177.photobucket.com/albums/x34 ... -00082.jpg[/img]

Ek het elke lading met n skoon loop geskiet. Die een wat uitgeval het was ook my eerste skoot. Wil net baie dankie se vir die advies, dit het die proses BAIE makliker gemaak.

Nou nog net die jag punte om uit te sorteer, maar dis eers volgende jaar se worries. Ek gaan nou eers bietjie speel.

Weereens dankie,

Christiaan
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by KalahariKlong »

Christiaan, mooi gegooi. Ek is bly jy het reg gekom.
Tripod en die manne het my ook so mooi gehelp toe ek moedeloos was. Dis die lekker van die webwerf en natuurlik die mense hier.
Geniet daai roer, dis voorwaar n baie lekker kaliber.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: 7x64 Hulp / advies asb.

Post by Christiaan »

KK,

Ek stem saam. Wat vir my die greatste is, is  dat manne met so baie ondervinding en kennis bereid is om te help. Sonder enige selfverryking, dit gebeur nie aldag nie.
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
Post Reply