Groter jag kaliber?

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by Arnold »

K?rels, ek lees aandagtig wat julle skryf oor die 300WSM. Die WSM kom naby aan die 300WM maar hy kan nie sy skoene volstaan nie. Ek het nou al mooi hierna gekyk en dit bestudeer met behulp van quickload. As ek my 308 gaan laat omskakel sal dit na 300WM wees en nie 300WSM nie. Let wel, ek het 'n standaard aksie op my 308 en hy sal dus die langer WM rondte kan akkomodeer. AS jy 'n kort 308 aksie het is die 300 WSM 'n goeie roep vir omskakeling.

Geweerbou is moer duur ... kom ek nou agter. Veral as jy nog 'n wildcat bou en die dies is nie vrylik beskikbaar nie en as dit is is hulle duurder as die gewones. Ek sou voorstel dat as jy 'n geweer koop van die rak af en as geld nie so groot probleem/oorweging is nie bou een wat jou hart begeer.

Ek sien baie uit daarna om eendag 'n 7mm WSM te besit  ;D
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Ludwig

Ja dit sal seker nie n slegte plan wees nie. My enigste vraag is, is die Howa swaar genoeg? Indien dit baie lig is, sal n silencer dan genoeg gewig gee om wip van loop te verminder asook recoil? Jammer ek hammer heeltyd op selfde goed, wil maar net seker maak.

Wie kan ek kontak om so n Howa in die hande te kry?

Groete
Danie
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by Witpietskiet »

Ludwig wrote: Danie, kyk of jy die Howa 300WSM soos wat Witpietskiet het, in die hande kan kry. Ek is amper seker jy sal kan.  Dit sal 'n baie goeie roep wees.  ;) 
Ludwig ek het nie n Howa 300WSM nie, myne is n geboude een.

Ek het wel n 223 Howa varminter
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Ludwig

Ek is in Kimberley gelee. Ek met Stephan by Safari & Outddor gepraat. Hul het Winschester coyote in 300wsm teen R16000 en Savage american classic teen +- R12500.
Sien winschester maak 300wsm in sy sorter mod 70 model ook sowel as die 300wm, teen selfde prys. Kry mens die weatherby vangaurd in 300wsm?

Veskoon maar die spelling!

Danie
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Manne

Gelukkig het die land nie nou voorraad nie en ek moet wag tot einde september toe. Ek het nou al heelwat gelees wat jul se en ook op internet ens. Ek het my kop op 300wsm, maar dan kom die gevoel van, is dit regtig nodig vir so groot kaliber? Ek het dalk verkeerdelik die topic begin deur te se groter wild op langer afstande en n plat trajek. Ek moes dit eintlik so gestel het. Ek het n .243 wil graag n groter kaliber he om koedoes en gemsbokke te skiet op afstande van 100 - maks 250m en dalk n kwesbok sal seker n uitsondering wees op langer afstande. By Griekwastad area en ek dink rondom Kimberley ook is die meeste skote rondom die 100 - 200m. Daar word ook gereeld op n koedoe geskiet wat hardloop oor afstande van 100 tot 150m. Met die kaliber wil ek ook nogsteeds springbokke jag, veral as die wind n bietjie begin pla.

Verander jul opinies oor die kaliber? Ek dink ek het nou n beter idee gegee van watter afstande ek gemiddeld skiet en in watter omstandighede. Ek sal wel een of twee keer n blouwildebees of eland ook wil skiet, maar dit sal baie min wees. Gaan die .300wsm overkill wees op daardie afstande en gaan byvoorbeeld n 7 x 64mm genoeg wees en gemakliker skiet?

Groete
Danie
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Armand Steenkamp »

Danie, die 300wsm sal nogsteeds n goeie keuse wees.Maar ek dink vir die bokke en afstande wat jy genoem het gan jy beter af wees met een van die staatmaker kalibers. 308Win of 3006. Herlaai komponente is vrylik beskikbaar en dit is nie so duur soos die 300wsm nie.

Net my mening

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Philip

Re: Groter jag kaliber?

Post by Philip »

Danie ,wat van n betroubare ou 9,3x62.Jy kan met gemak tot 250+ skiet sonder te veel recoil en hy is nie duur om te herlaai nie.Al die kalibers wat reeds genoem is sal beslis voldoen aan jou behoeftes.Die 300H&H is n ''classic''.
Philip
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by Jaco Alberts »

Danie,

ek het vinnig na die aanbevelings gekyk van die manne, daar is baie ! Wanneer jy gemsbok aanvat op lang afstande het jy beslis nog heelwat "oemf" nodig teen bv. 250, 300meter. Soos van die manne noem 270, 30-06 is baie lekker kalibers en mag gemsbok op die langskote"suksevol gejag word. Maar gemsbok is 'n ander kalant en hou nie van doodgaan nie, ek reken 'n 270, 30-06 is rapsie lig vir die taak.

Eland het ook dik beenstruktuur en as jy eland en gemsbok op 250 - 300 m jag, moet jy dalk nie ligter premium punte gebruik as 220 - 250 gr nie. Jy moet goeie penetrasie kry op die langafstande en sal 'n spoed tussen 3000 en 2750 f/s op bg gewig punte voldoende wees.

Daar is 'n paar kalibers wat in die "range" val, 375 H&H nie slegte opsie nie, maar ek persoonlik sou 'n 338 Win Mag aanbeveel. Jy kan van 180 gr - 300gr op die 338 WM skiet en sal die gemsbok , eland op lang afstand, baie gerieflik met 'n 250gr Rhino, Frontier, Woodleigh, @ 2750fs gejag kan word. Hy herlaai baie maklik en is nie vol nonsens nie.

As jy daaraan dink om selfs verder te skiet, sal jy bv 225gr @ 2950f/s kan gebruik, maar sou ek steeds by die 250gr @ 2700 - 2750 bly.

Sterkte met jou besluit

Jaco
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by Sako75 »

Manne,

Nog 'n klip in die bos.... wat van 325WSM?  Dis 'n 8mm punt op 300WSM dop.  200gr punt teen minstens 2900vps.  Beskikbaarheid is natuurlik 'n groot kwessie wat dit dalk nie lewensvatbaar maak nie......

Die kleiner kalibers soos 270, 7x64, 308 en 30-06 kan groot bokke plattrek MAAR die vraag is of hulle dit betroubaar genoeg onder alle omstandighede dit kan regkry?  Om aan die veilige kan te wees sal ek 'n kaliber kies wat groot genoeg is MAAR ook gemaklik genoeg is.  Persoonlik het ek 300WM en 9,3x62 om die terrein te dek. 
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
langloop

Re: Groter jag kaliber?

Post by langloop »

Danie,

Herman Jonker se kort antwoord op die moeilike vraag van grootwild (koedoes; gemsbok en bergsebra) in vlakte terrein (lang skote) is as volg:
1) 338WM of 300 magnums;
2) 7mm Rem Mag of 30-06; en
3) 7x64 of 270.

Kies 'n kaliber wat aan jou doel gaan voldoen, sin maak in terme van wat jy reeds het en waarvan ammo geredelik beskikbaar is. 

Die manne is reg met Remmington, Howa, Tika en Sako.

Die belangrikste 95% van skiet is skootplasing.  Maak eerder seker dat jy so gereeld moontlik oefen (baan en/of jagveld) en konsentreer op afstandskatting, verskillende skietposisies e.d.m.

Gewig, terugskop en knal van 'n geweer kan reggemaak word met kwik stafies en knaldempers.  So het iemand op die forum gese 'n knaldemper het sy 300 se stem so sag soos die van 'n 223 gemaak!

Wat meer wil jy he? :P

O ja, moenie suinig wees met jou teleskoop nie.

Groete


Langloop
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Manne

Dankie vir al die insette. Ek het vir my 'n 7 x 64mm Tikka hunter gekoop, of dit die beste besluit was sal ek nie weet nie, maar dat ek lekker koedoes en gemsbokke, sowel as springbokke met hom gaan skiet, weet ek dam. Ek het baie rondgelees en selfs met ouens gepraat en meeste van hulle s? dat ek moet vat waarmee ek gemaklik voel.

Ek dink die 7 x 64mm is genoeg vir die afstande wat nie sommer meer as 250m is nie en seker maks 300m. Met minder recoil, goedkoper herlaai en net daai gevoel of smaak vir die kaliber.

Die rede hoekom ek nie .300 wm of wsm gevat is nie, is omdat ek voel dit is overkill en vleisskade op die gemiddelde afstande van 150 tot 200m en as ek die dag springbok wil skiet, sal ek net kopskoot moet skiet. En wanneer ek koedoes in bos area wil jag, gewoonlik van bakkie af of op voet, sal silencer geweer te swaar maak. met  7 x 64 kan ek met silencer op baan en voorsit uit stoel uit skiet en as ek in bos loop of van bakkie af uit vuis uit moet skiet, kan ek silencer afhaal en die skop sal my nie pla nie.

Weet jul of n mens n 7 x 64mm kan ackley? dink nie dit is nodig nie, maar as ek eendag voel ek het n bietji meer oemf nodig sal dit dam n bietjie help.

groete
Danie
langloop

Re: Groter jag kaliber?

Post by langloop »

Hi Danie01,

Geluk met jou nuwe geweer!  Ek is seker hy gaan jou baie plesier verskaf!

Groete

Langloop
Post Reply