Danie,
Herman Jonker se kort antwoord op die moeilike vraag van grootwild (koedoes; gemsbok en bergsebra) in vlakte terrein (lang skote) is as volg:
1) 338WM of 300 magnums;
2) 7mm Rem Mag of 30-06; en
3) 7x64 of 270.
Kies 'n kaliber wat aan jou doel gaan voldoen, sin maak in terme van wat jy reeds het en waarvan ammo geredelik beskikbaar is.
Die manne is reg met Remmington, Howa, Tika en Sako.
Die belangrikste 95% van skiet is skootplasing. Maak eerder seker dat jy so gereeld moontlik oefen (baan en/of jagveld) en konsentreer op afstandskatting, verskillende skietposisies e.d.m.
Gewig, terugskop en knal van 'n geweer kan reggemaak word met kwik stafies en knaldempers. So het iemand op die forum gese 'n knaldemper het sy 300 se stem so sag soos die van 'n 223 gemaak!
Wat meer wil jy he?
O ja, moenie suinig wees met jou teleskoop nie.
Groete
Langloop