New minimum requirement for hunters????

Post Reply
ArnoldM

New minimum requirement for hunters????

Post by ArnoldM »

Goeie more almal,

Lees gisteraand in die SA Jagter die volgende:

New regulations stipulated in the government's new norms and standards document.

Minimum requirements for hunting methods:
1. Furred game up to and including the size of rock hyrax, all rodents and feathered game = 35gr
2. Furred game larger than species as mentioned above up to and including springbok and mountain reedbuck = 50gr
3. Impala, warthog, blesbuck, common reedbuck and nyala ewes = 100gr
4. Black wildebeest, tsesseby, nyala bulls and hartebeest = 130gr
5. Blue wildebeest, kudu, gemsbok, sable, roan and leopard = 150gr
6. Eland = 175gr
7. Buffalo, lion and giraffe = 250gr
8. Thick skinned animals, but excluding buffalo = 300gr (When hunting thick skinned animals the bullet must be of full metal jacket or monolithic solid construction)

Weet enige van julle iets van hierdie wetgewing af? Deur wie en hoe word dit afgedwing? Het daar al voorheen so iets bestaan? Wat dink julle gaan die impak daarvan wees?

Ek hoor graag van julle.

Mooi dag,
AM.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by James Wilson »

Arnold, ja nee hierdie is die ou storie van oningeligte besluite neem. iets waarinons owerheid spes.  kyk maar rond op die forum hier is iemand wat van die hele onderwerp  n studie gedoen het. ek kannie onthou onder watter topic hy geplaas is nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by PITSMIT »

was een van gerard van GS Custon punte gewees.  gaan search net al sy posts daar is so een.  koos(biltongjagter) van tecfund het ook so een op gesit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
ArnoldM

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by ArnoldM »

PITSMIT wrote: was een van gerard van GS Custon punte gewees.  gaan search net al sy posts daar is so een.  koos(biltongjagter) van tecfund het ook so een op gesit
PitSmit,

Thanks, ek sal gaan kyk.
Apie reilly

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by Apie reilly »

Moenie kla daar oor nie net n goei verduideliking om nog vuurwapens aan te skaf hoe groter die punt hoe groter kaliber hoe kleiner die punt hoe kleiner die kaliber. Manne gebruik die inligting van die regering om nog wapens aanteskaf.
Gerard

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by Gerard »

Apie,
Die voorgestelde wetgewing is 'n euwel.  Onthou dat jou siening beide kante toe werk.  As jy 'n geweer gemotiveer het vir 'n jaggebruik wat nou deur die stel gemors norme onwettig gemaak word, kan die lisensie teruggetrek word want die nodigheid vir die geweer bestaan nie meer nie. 

Dit is afgesien van die feit dat die norme nou toelaat dat ek 'n olifant kan aanvat met my 45ACP pistool met my sport handladings, maar ek kan dit nie doen met my 375H&H met een van die mees suksesvolle koeels vir daardie doel nie.
ArnoldM

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by ArnoldM »

Gerard wrote: Apie,
Die voorgestelde wetgewing is 'n euwel.  Onthou dat jou siening beide kante toe werk.  As jy 'n geweer gemotiveer het vir 'n jaggebruik wat nou deur die stel gemors norme onwettig gemaak word, kan die lisensie teruggetrek word want die nodigheid vir die geweer bestaan nie meer nie. 

Dit is afgesien van die feit dat die norme nou toelaat dat ek 'n olifant kan aanvat met my 45ACP pistool met my sport handladings, maar ek kan dit nie doen met my 375H&H met een van die mees suksesvolle koeels vir daardie doel nie.
Baie waar oom Gerard. Weet oom dalk op watter wyse(s) en deur wie hierdie wetgewing afgedwing word?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by DWB »

So ek hoef nou nie meer 'n 375 te koop om 'n buffel of leeu te gaan skiet nie, ek kan sommer net my 30-06 met 'n 250greiner laai  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Gerard

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by Gerard »

DWB,
As jy 'n 30-30 hefboom geweer het, kan jy hom ook gebruik met 250gr koeels, of 'n 300 Savage.  Die norme bepaal dat jy vir olifant 'n koeel moet gebruik wat 300gr of meer weeg.  Dus kan ek tipiese "pin shooting" ladings in 'n 45ACP handwapen gebruik om 'n olifant te jag.  'n Soliede of monometaal koeel word gespesifiseer dus kan ek die koeels giet van sagte, suiwer lood en dit laai. Dit sal miskien noodlottig wees maar waarskynlik nie vir die olifant nie.  Ek kan egter nie my 375H&H met 'n 270gr FN dryfband koper-koeel gebruik nie.  Hierdie koeel word reeds sedert 1997 vir die doel aangewend met merkwaardige resultate.


ArnoldM,
Ek het vanoggend die persoon probeer epos aan wie ek die opvolg navraag ten opsigte van die norme gerig het.  Die epos het teruggekom, die adres bestaan nie meer nie.  Ek gaan na 14:00 die Departement skakel en hoor wie nou die aangeleentheid hanteer.
Last edited by Gerard on Wed Sep 28, 2011 12:54 pm, edited 1 time in total.
ArnoldM

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by ArnoldM »

DWB wrote: So ek hoef nou nie meer 'n 375 te koop om 'n buffel of leeu te gaan skiet nie, ek kan sommer net my 30-06 met 'n 250greiner laai  ;D
;D Ek hoor jou Dawid.... MAAR, dan gaan daai buffel en leeu nader as 15m moet staan, anders gaan daai koeel stof eet....   :) :) :)

Groete,
AM.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by DWB »

Skuus, Dis Deon  ;D

Hehehe, mik hoog!!!! Of sit in 'n boom...LOL
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Gerard

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by Gerard »

Om met die mense te probeer kommunikeer is soos tande trek.  Hier is vandag se notas:

Department of Environmental Affairs.
086 111 2468
012 310 3911
Nie hulle afdeling nie probeer Biodiversity and Admin

13:20
Biodiversity and Admin 012 310 3545 Sonja Meintjies - Voicemail
Probeer selfoon - 0826554711 - Voicemail

13:25
012 310 3575 Thea Carrol - Geen antwoord.

14:04 - Geen antwoord
012 310 3545 Sonja Meintjies - Geen antwoord
0826554711 - Rejected - Probeer weer - Antwoord - Sy en Thea is by vergaderings.  Verwys na Magda Boshoff 012 310 3534 - Voicemail

15:54
012 310 3911 - Geen antwoord.
012 310 3534 - Magda Boshoff - Afgesny.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by Beretta »

Gerard
Verbeel ek my of het sa jagters nie gehelp met die storie nie.Jy moet maar n bullet puller saam vat as jy gaan jag en n skaal.
Beretta
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by FE »

Klink of jy 'n staat departement probeer bel het :) :) :) Van hulle werk mos so! Amper soos om vir Centlec se rekening afdeling te bel! Tyd mors
Born to hunt, but forced to work!
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by FE »

Is daar genoeg plek op jou bakkie vir al jou herlaai toerusting??  ;D ;D  Spot net!
Born to hunt, but forced to work!
Gerard

Re: New minimum requirement for hunters????

Post by Gerard »

Ek weet dat Gerhard Verdoorn, Krappies Els en ek insette gelewer het destyds toe dit gevra is.  Die finale wet, wat vir handtekening voorgele is, het nie een stukkie van enige van ons se insette bevat nie.  Ek het vir Thea Carrol (aan die hoof van die projek) geskakel en gevra wie se insette hulle gebruik het want dit moes 'n paar mense gewees het; een mens kan nie op sy eie so verkeerd wees nie.
Post Reply