Frankryk Jag 2025/2026

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Hi Almal

Ons Jag seisoen het 3 weke terug afgeskop. Ek was by die eerste 3 jagte - In die eerste een het ek 'n lekker pos gehad waar ek aan albei kante kon sien - dis naby die spot waar ek die laaste keer 4 geskiet het. Twee poste voorentoe. Lekker op 'n koppie.

Die skote het begin klap en my buurman het 'n vos probeer skiet maar gemis. Na 'n ruk lui my foon en dis 'n oproep van die jag organiseerder. Hy sê daar is 'n vark gekwes en die honde druk hom na ons kant toe. Ek moet vinnig skuif om meer grond te kan sien sê hy vir my. Ek skuif so 150m na my regs. Staan daar en die honde kom al hoe nader.

Hulle het die oggend vir ons gesê dat ons enige vos moet skiet wat deur die honde gejaag word. Daar kom 'n vos so 60m van my af uit en ek doen wat gesê is. Die vos val en ek stap klein bietjie nader om die honde te stop. Volgende oomblik sien ek swart ding wat uitkom maar agter bome en bosse. My vriend wat langs my is skiet - bietjie onveilige skoot in my opinie. Mis in anycase. Ek staan en kyk of ek my oë op die vark kan kry - hy kom weer uit maar dis vir minder as 'n sekond so het geen skiet kans. Ek skreeu vir ou langsaan om nie weer te skiet en hardloop nader om te probeer oë op vark te lry maar hy is weg. Probeer die honde stop maar hulle wil niks weet.

Stap terug na my oorspronklikke spot en bel die ou langsaan. Hy wys my waar die vark uitgekom het - as ek op my ou plek gebly het sou die vark 15 m voor my uitgekom het. For f Sake! Die omie het my laasjaar ook 3 keer op een dag geskuif en ek sou elke keer 'n vark geskiet het as hy my nie geskuif het nie. Maar nou ja.

Daar was darem 5 varke geskiet - Ek het vleis terug huis toe gevat en is besig om vark pastrami te maak - gaan dit vanaand rook.

In die 2de jag het ek 'n spot gehad waar daar nog nooit 'n vark was nie en mens in alle geval nie sal kan skiet nie want dis tussen huise.

3de jag was daar 18 varke op die kamera maar ons kon niks opjaag - eerste keer wat ons 'n blank slaan in hele paar jaar.

Hoop dit gaan môre beter.

Vroeër die jaar was dit 'n vriend van my se vrou se 50 ste verjaarsdag. Dis die vriend wat vir my 'n .22 gegee het. Hy het toe 50 mense genooi - vir die middag en aand ete. Hy vra toe dat ek die catering sal hanteer. Ek het 15kg boerewors gemaak daarvoor en het wilde vark gebraai en 2 potjies gemaak en het hope steak gebraai en als. Almal was darem happy oor die kos en die mense het nie honger gaan slaap nie ;) Het ook 'n ding gebraai wat ek nooit gedink het ek sal braai nie - Sy is van Findland en 'n vriend van haar het 3kg walvis vleis in Frankryk in gesmokkel en het dit vir my gegee om te braai. Hy het gesê hanteer dit soos steak. Was actually blerrie lekker!

Om dankie te sê vir die werk het hy vir my 'n geweer persent gegee. 'n Moisin Nagant wat in 1930 gemaak is - blykbaar in een van die beter fabrieke. Ding is blerrie lank! Ek gaan binnekort patrone vir hom koop en dan wil ek hom bietjie saamvat en kyk of ek op naby 'n varkie kan klop met hom. Sal lekker wees om hom weer te laat praat. Ek heg 'n foto aan.

Ek het ook gedurende die some vir my 'n klein DJI osmo Action 4 kameratjie gekoop. Ek is besig om al my jagte te film en sal op 'n stadium dit op Youtube sit as julle belangstel.

Cheers
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Daar is hyImage

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by tripodmvr »

Welkom terug. Goed om weer van ander jagmetodes kennis te neem.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Lategan1 »

Yes Methos. Hoop dit gaan goed.

Dankie vir vertel, stuur nog!

Beste.

ns. Oes jy nog uit jou groentetuin?
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Lategan1 wrote:Yes Methos. Hoop dit gaan goed.

Dankie vir vertel, stuur nog!

Beste.

ns. Oes jy nog uit jou groentetuin?
Hi daar.

Ons het mos paar jaar getrek. Het toe nog aangegaan vir laaste seisoen met die groentetuin op ou dorp en het toe gevra vir 'n tuin by ons nuwe dorp se burgemeester kantoor. Daar is gewoonlik 'n 2 jaar wagperiode vir 'n tuin maar ek het rugby gespeel vir die dorp en n toe like die burgermeester my en ons kry toe 'n tuin hierso. Minder and 'n kilometer van ons huis.

Ons ou tuin was 50m2 en het €35 per maand gekos. Ons nuwe tuin is 600m2 en kos die reuse prys van €70 per jaar Image. Die heeltemal privaat, met 'n 20m2 stoor kamer vir ons tools in n heeltemal omring deur 'n heining. Plek vir my groot braais en rokers etc. water ingesluit. Het enjin gekoop vir water pomp en dis dit. Het 8 vye bome, granaat bome ens. Lekker plek vir kuier saam met vriende by n als. Sal eendag bietjie fotos opsit.

Cheers

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Francoisv »

Hi Methos

Die tuine in sekere Europese lande het my altyd geïnteresseer. Altyd gedink so iets sal dalk nie werk hier by ons maar verseker in die townships.
Francois Vogel
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Op my pos vir vandag. Mooi area. Daar vêr in die agtergrond kan julle vir Arles sien. Op oop dae kan mens selfs die Mediterreense see van hier sien.

Daar het al klaar 3 skote geklap en n bark is hier verby nog voor ons op ons poste kom weesImage

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Het toe een gekry heel einde van die jag. Kon nie pos nie want moes uitsleep. Hier is die video. Laat my aan weet wat julle dink. Sorry vir die crap skiet. Was te gejaag.

https://youtu.be/3gAsjj4n1b4?si=ajMmoJWpYmtex_9M

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by tripodmvr »

Baie geluk. Lekker om darem iets te skiet vir al jou moeite.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Flip Nel »

Methos wrote:Het toe een gekry heel einde van die jag. Kon nie pos nie want moes uitsleep. Hier is die video. Laat my aan weet wat julle dink. Sorry vir die crap skiet. Was te gejaag.

https://youtu.be/3gAsjj4n1b4?si=ajMmoJWpYmtex_9M

Sent from my 21091116UG using Tapatalk
Met wat het jy geskiet mooi wereld

Sent from my SM-A315F using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Flip Nel wrote:

308, Winchester super X 180 gr

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by 6mmMusgrave »

Die lyk soos n ervaring. Jy het darem nog n YouTube subscriber bygekry. Moet nou net gereeld videos opsit.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Flip Nel »

Methos wrote: Mon Oct 06, 2025 7:56 pm
Flip Nel wrote:
Methos wrote:Het toe een gekry heel einde van die jag. Kon nie pos nie want moes uitsleep. Hier is die video. Laat my aan weet wat julle dink. Sorry vir die crap skiet. Was te gejaag.

https://youtu.be/3gAsjj4n1b4?si=ajMmoJWpYmtex_9M

Sent from my 21091116UG using Tapatalk
Met wat het jy geskiet mooi wereld

Sent from my SM-A315F using Tapatalk
308, Winchester super X 180 gr

Sent from my 21091116UG using Tapatalk
Dankie lyk omtrent of jy dit geniet, wat skiet die ander ouens mee, wat is gewild daai kant, anderste jag wat ons aan gewoond is, hou ons op hoogte
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Hi daar Flip.

Die kalibers wat die meeste gebruik word is:

300wm
9.3x64
9.3x74
30-30
270
7x64
30-06
haelgeweer met slugs

Ek is die enigste ou wat in ons span jag met 'n slot geweer. Meeste het semi automatics wat net 3 patrone vat.

Daar is paar rykgatte wat met blasers skiet - die straighpull ene.

Soos jy kan sien moet 'n mens maar vinnig oorhaal en skiet in die tipe van jag. Maar ek dink tog die slot geweer het sy plek want dan gaan jy nie net ta-ta-ta nie. Ek het al 'n paar keer 'n probleem gehad dat ek die geweer short stroke so dus laat ek hom bietjie sak sodat ek kan sien die patroon word opgetel. Moet hom seker net bietjie meer olie.

My patrone is relatief goedkoop, €38 per boksie van 20. Die ou wat Saterdag die 4 varke geskiet het met sy 9.3x74 het meer as 15 skote geskiet. Dis amper €200 se patrone. Eish!

Cheers

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Flip Nel »

Methos wrote: Tue Oct 07, 2025 10:49 pm Hi daar Flip.

Baie intresant dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by tripodmvr »

Moontlik kan die' handig wees tydens jul jagte.

[youtube]https://youtu.be/EQ33aVs3m4E[/youtube]
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Flip Nel »

Methos wrote:Hi daar Flip.

Die kalibers wat die meeste gebruik word is:

300wm
9.3x64
9.3x74
30-30
270
7x64
30-06
haelgeweer met slugs

Ek is die enigste ou wat in ons span jag met 'n slot geweer. Meeste het semi automatics wat net 3 patrone vat.

Daar is paar rykgatte wat met blasers skiet - die straighpull ene.

Soos jy kan sien moet 'n mens maar vinnig oorhaal en skiet in die tipe van jag. Maar ek dink tog die slot geweer het sy plek want dan gaan jy nie net ta-ta-ta nie. Ek het al 'n paar keer 'n probleem gehad dat ek die geweer short stroke so dus laat ek hom bietjie sak sodat ek kan sien die patroon word opgetel. Moet hom seker net bietjie meer olie.

My patrone is relatief goedkoop, €38 per boksie van 20. Die ou wat Saterdag die 4 varke geskiet het met sy 9.3x74 het meer as 15 skote geskiet. Dis amper €200 se patrone. Eish!

Cheers

Sent from my 21091116UG using Tapatalk
Ek sou dink die 9.3x62 sou gewilder wees as 64 so leer mens iets nuut

Sent from my SM-A315F using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Sorry man. Obviously is dit 9.3x62. Net my brein wat nie dink voor ek skryf nie

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Het elke naweek behalwe een gejag vandat ek laas een geskiet het maar nog niks verder luck gehad nie - Ons het laasnaweek ons grootse area gejag - dis omtrent so tuszsen 600 en 800 hektaar. Groot valleie etc. Gewoonlik sit ek aan die ander kant maar ons het begin van die jaar in die bos gaan skiet lyne oopsny. Toe daar gepos - Einlik kort mens 2 mense vir die spot want daar is vallei onder en paadtjie bo. Ek kies toe die spot waar ek die vallei kan sien.

Raai waar pass die vark toe? Jip bo my - ek het gekraak gehoor en op gehardloop maar was net betyds om hom vir minder as 1 sekonde te kan sien - die honde het hom gevolg en hy het terug in jag gehardloop en is deur ander jagter paar 100m verder in die lyn af geskiet.

Ons hoop maar dit gaan môre beter.

Cheers
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by tripodmvr »

Sterkte
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Het Saterdag bietjie geluk gehad - was maar 'n kleintjie maar die opdrag voor die jag was, as hulle deur die honde gejaag word, word hulle geskiet behalwe as hy strepe het.

Was tricky skoot, maar reggekry op 2de een.

Hier is die link
https://youtu.be/8JJhAjEqvvU

Cheers
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Methos »

Het Saterdag bietjie geluk gehad - was maar 'n kleintjie maar die opdrag voor die jag was, as hulle deur die honde gejaag word, word hulle geskiet behalwe as hy strepe het.

Was tricky skoot, maar reggekry op 2de skoot.

Hier is die link
https://youtu.be/8JJhAjEqvvU

Cheers
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by tripodmvr »

Eers video opgespoor en nou op Jaracal kom kuier. Baie geluk. Daardie was 'n vêr gooi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Flip Nel »

Methos wrote: Mon Dec 08, 2025 5:01 pm Het Saterdag bietjie geluk gehad - was maar 'n kleintjie maar die opdrag voor die jag was, as hulle deur die honde gejaag word, word hulle geskiet behalwe as hy strepe het.

Was tricky skoot, maar reggekry op 2de skoot.

Hier is die link
https://youtu.be/8JJhAjEqvvU

Cheers
Mooi gegooi, geluk
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Frankryk Jag 2025/2026

Post by Johan Nel »

Dankie dat jy jou jag ervaring met ons deel Methos. Jy noem die gewig van die vark in die video as 25kg; is dit totale gewig, of eers nadat dit ontwei of geslag is?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply