Ons Jag seisoen het 3 weke terug afgeskop. Ek was by die eerste 3 jagte - In die eerste een het ek 'n lekker pos gehad waar ek aan albei kante kon sien - dis naby die spot waar ek die laaste keer 4 geskiet het. Twee poste voorentoe. Lekker op 'n koppie.
Die skote het begin klap en my buurman het 'n vos probeer skiet maar gemis. Na 'n ruk lui my foon en dis 'n oproep van die jag organiseerder. Hy sê daar is 'n vark gekwes en die honde druk hom na ons kant toe. Ek moet vinnig skuif om meer grond te kan sien sê hy vir my. Ek skuif so 150m na my regs. Staan daar en die honde kom al hoe nader.
Hulle het die oggend vir ons gesê dat ons enige vos moet skiet wat deur die honde gejaag word. Daar kom 'n vos so 60m van my af uit en ek doen wat gesê is. Die vos val en ek stap klein bietjie nader om die honde te stop. Volgende oomblik sien ek swart ding wat uitkom maar agter bome en bosse. My vriend wat langs my is skiet - bietjie onveilige skoot in my opinie. Mis in anycase. Ek staan en kyk of ek my oë op die vark kan kry - hy kom weer uit maar dis vir minder as 'n sekond so het geen skiet kans. Ek skreeu vir ou langsaan om nie weer te skiet en hardloop nader om te probeer oë op vark te lry maar hy is weg. Probeer die honde stop maar hulle wil niks weet.
Stap terug na my oorspronklikke spot en bel die ou langsaan. Hy wys my waar die vark uitgekom het - as ek op my ou plek gebly het sou die vark 15 m voor my uitgekom het. For f Sake! Die omie het my laasjaar ook 3 keer op een dag geskuif en ek sou elke keer 'n vark geskiet het as hy my nie geskuif het nie. Maar nou ja.
Daar was darem 5 varke geskiet - Ek het vleis terug huis toe gevat en is besig om vark pastrami te maak - gaan dit vanaand rook.
In die 2de jag het ek 'n spot gehad waar daar nog nooit 'n vark was nie en mens in alle geval nie sal kan skiet nie want dis tussen huise.
3de jag was daar 18 varke op die kamera maar ons kon niks opjaag - eerste keer wat ons 'n blank slaan in hele paar jaar.
Hoop dit gaan môre beter.
Vroeër die jaar was dit 'n vriend van my se vrou se 50 ste verjaarsdag. Dis die vriend wat vir my 'n .22 gegee het. Hy het toe 50 mense genooi - vir die middag en aand ete. Hy vra toe dat ek die catering sal hanteer. Ek het 15kg boerewors gemaak daarvoor en het wilde vark gebraai en 2 potjies gemaak en het hope steak gebraai en als. Almal was darem happy oor die kos en die mense het nie honger gaan slaap nie
Om dankie te sê vir die werk het hy vir my 'n geweer persent gegee. 'n Moisin Nagant wat in 1930 gemaak is - blykbaar in een van die beter fabrieke. Ding is blerrie lank! Ek gaan binnekort patrone vir hom koop en dan wil ek hom bietjie saamvat en kyk of ek op naby 'n varkie kan klop met hom. Sal lekker wees om hom weer te laat praat. Ek heg 'n foto aan.
Ek het ook gedurende die some vir my 'n klein DJI osmo Action 4 kameratjie gekoop. Ek is besig om al my jagte te film en sal op 'n stadium dit op Youtube sit as julle belangstel.
Cheers



. Die heeltemal privaat, met 'n 20m2 stoor kamer vir ons tools in n heeltemal omring deur 'n heining. Plek vir my groot braais en rokers etc. water ingesluit. Het enjin gekoop vir water pomp en dis dit. Het 8 vye bome, granaat bome ens. Lekker plek vir kuier saam met vriende by n als. Sal eendag bietjie fotos opsit.