Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by ZKK »

Ek sal graag by van die broeders wil hoor wat die reg stelsel so bietjie ken.
Wat reken julle sal die waarskynlike vonnis oplegging wees?

Ek het so bietjie gaan google en sommiges beweer dat daar slegs n opgeskorte vonnis sal wees?
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

Een van die klagtes val onder die minimum sentence act wat se 15 jaar gevangenis straf. Luister van 4:40 af wat se die regskenner.
Natuurlik kan als beinvloed word deur omstandihede wat die hof in ag neem. Hy moet egter versigtig wees om sommer net te appelleer teen die vonnis want die appel hof kan die vonnis selfs verleng. Kyk bv na Oscar se saak.
https://www.youtube.com/watch?v=M3jbxcafQDE
Sien nou Ooskaapjagter het reeds verduidelik.
Ek voorspel dat hy nie gaan wegkom net met 'n opgeskorte vonnis nie. Hy gaan rooi vir oranje veruil.
Maak 'n verskil
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by toxicsox »

5 jaar opgeskort met ‘n opsie van ‘n boete. Hy sal die boete betaal en aangaan met sy stront.
Hoop ek is verkeerd maar ek dink dit sal die besluit wees.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

Jip
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by TOKELOS »

NOG n vraag aan ons regsmanne asseblief. Hy het mos gese dit was n speelgoed geweer. Hy is egter skuldig bevind. Dit beteken dan mos dat hy onder eed gelieg het nie waar nie? Gaan of kan hy dan hiervoor nou ook aangekla word? Ek meen dat die kerel oop en bloot staan en lieg het!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

TOKELOS wrote: Fri Oct 03, 2025 1:01 pm NOG n vraag aan ons regsmanne asseblief. Hy het mos gese dit was n speelgoed geweer. Hy is egter skuldig bevind. Dit beteken dan mos dat hy onder eed gelieg het nie waar nie? Gaan of kan hy dan hiervoor nou ook aangekla word? Ek meen dat die kerel oop en bloot staan en lieg het!
Gewoonlik is dit iets wat die hof in ag neem as straf verswarend tydens vonnis oplegging.
Maak 'n verskil
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Viking »

IMG-20251002-WA0020.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by tripodmvr »

Ratel wrote: Fri Oct 03, 2025 2:04 pm
TOKELOS wrote: Fri Oct 03, 2025 1:01 pm NOG n vraag aan ons regsmanne asseblief. Hy het mos gese dit was n speelgoed geweer. Hy is egter skuldig bevind. Dit beteken dan mos dat hy onder eed gelieg het nie waar nie? Gaan of kan hy dan hiervoor nou ook aangekla word? Ek meen dat die kerel oop en bloot staan en lieg het!
Gewoonlik is dit iets wat die hof in ag neem as straf verswarend tydens vonnis oplegging.
Kyk na die video wat ek geplaas het en wat die advokaat oor sy getuienis te sê het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Zuku »

As ons kyk na die wapenskandaal, staatskaping, Estina melk plaas, Vrystaat asbes, Covid, Phala Phala, Zomdo ens dan beteken daai skuldig bevinding absolute niks nie en seker niks gaan ook gebeur nie, behalwe dat die regter dalk ook seker gaan spring deur n toe hotel venster.

Gaan hy nou uit parlement verbied word?
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

Zuku wrote: Sat Oct 04, 2025 3:34 pm As ons kyk na die wapenskandaal, staatskaping, Estina melk plaas, Vrystaat asbes, Covid, Phala Phala, Zomdo ens dan beteken daai skuldig bevinding absolute niks nie en seker niks gaan ook gebeur nie, behalwe dat die regter dalk ook seker gaan spring deur n toe hotel venster.

Gaan hy nou uit parlement verbied word?
Reels bepaal as hy langer as n jaar direkte gevangenis straf kry sonder keuse van boete mag hy nie in parlement sirkus deelneem nie
Maak 'n verskil
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by toxicsox »

Bietjie verveeld terwyl ek in die tou sit en wag dat ontvangs my naam roep. Besluit gou ek lees een van die langer nie-jag drade op die forum om te hoor wat sê die manne. Dink toe by myself, die taalgebruik en sinstruktuur op hierdie draad lyk almal dieselfde. Sien toe eers dit is eintlik ‘n monoloog. ‘n Man wie se battery nie maklik pap raak nie lyk dit my.
Last edited by toxicsox on Mon Oct 13, 2025 10:49 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

:laugh:
toxicsox wrote: Mon Oct 13, 2025 5:44 pm Bietjie verveeld terwyl ek in die tou sit en wag dat ontvangs my naam roep. Besluit gou ek lees een van die langer nie-jag drade op die forum om te hoor wat sê die manne. Dink toe by myself, die taalgebruik en sinstruktuur op hierdie draad lyk almal dieselfde. Sien toe eers dit is eintlik ‘n monoloog. ‘n Man wat de battery nie maklik pap raak nie lyk dit my.
:laugh: monoloog. Dis nou mooi gestel.
Maak 'n verskil
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Wouter Roets »

Ja nee kyk ek dink dit is lag lag die agste wonder van die wereld...
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Lategan1 »

Fanie klink moerig vir sy .243 ;)

“Rede vir vekoop ek kry die ding nie dat hy skiet soos ek wil he moet skiet nie.”

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 458
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by finch »

Gepraat van n monoloog. Een van my vriende vertel hoe hulle op n blou maandag na n vergadering geroep was. Die baas is moeilik en begin afblaas, toe een van die onskuldige bystaanders iets wou noem, spring die baas gou in met "Hierdie is n monoloog". Ek het lekker gelag vir hierdie reaksie.
User avatar
Rawstorne
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Rawstorne »

Dit is blykbaar normaal vir mense om met hulle self te praat.
Dit is selfs normaal om jouself te antwoord.

Hulle sê jy moet egter bekommerd raak wanneer jy met jouself praat, jouself antwoord en vir jouself sê: “Huh?”
Jacbrak
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Apr 20, 2015 8:43 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Jacbrak »

Vanoggend se ek vir myself(en ek het geweet dit is myself , want ek het my stem herken en ek het my eie onderbroek aan gehad) , vandag
gaan n lekker dag wees , want dit is Vrydag.
Geniet die naweek.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

Die monologs raak nou al hoe meer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Toxxyc »

Capt. Yoda wrote: Fri Nov 28, 2025 7:17 am Die monologs raak nou al hoe meer
Jy weet ons praat baie van 'n monoloog, of selfs 'n dialoog, maar hoekom het die woord polyloog verdwyn?
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Eduard Venter »

Wag net tot die bakkie jagters ontdek hoe stil 'n EV is

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hijacking,

Post by Toxxyc »

Eduard Venter wrote: Fri Nov 28, 2025 7:51 am Wag net tot die bakkie jagters ontdek hoe stil 'n EV isImage

Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Maggies jy jeuk nou waar dit nie krap nie. Kan jy iemand met daardie nuwe Chinese Hilux in die EV-variant sien skiet op 'n bok op jou eie plaas? :P
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Eduard Venter »

Wel ek het al 6,5 creedmoore manne toegelaat so kan seker nie nou dubbel standaarde hê nie ongelukkig

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

EK sien hulle al agter op die EV in hul camo's, paddle rakette gepak net vir incase daar n baan naby is

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Frederik »

Capt, dis nie Paddle dit is in jou beste Franse aksent "Padel"! ;D
Post Reply