Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek dink so tussen R5000 en R7000 is min of meer die going rate. Dit sal jou nog n goeie R1000 of wat kos om mounts op te sit - vir algemene jag en baan skiet werk die Thor Schultz and Larsen Two-Piece Weaver mount heel goed met enige goeie Weaver ringe.
Wangstuk so ek sommer aanbeveel jy kry een van daardie ammo cheekpieces en stop hom onder op so hoog soos wat jy hom wil h?.
Met die goeie pryse vir wat mens Howa's en Remington deesdae kan kry sou ek amper liewers daai roete gaan.
Ek het vir myne R1500 betaal en weet ook van nog een wat vir daai prys verkoop is. Ek het myne gekoop vir die aksie maar as die geweer mooi lyk kan jy seker meer vir hom betaal.
Terry Harrison van W.M. Rawbone in die Kaap het so pas 'n stel Thor blokke en 30mm ringe op myne gesit vir R970 (dit sluit boor en tap van gate in). Die geweer se slot het so paar roeskolle waarvan ek moet werk maak , maar hy skiet 10mm-groeperings op 100m sommer alreeds met ons twee se bymekaarkomslag. Die vorige eienaar het die kolf een of ander tyd laat "bed" . Die werk lyk of dit deur 'n baie bekwame persoon gedoen is.Die skop kussig is van 'n baie harde swart rubber gemaak. Ek wil dit egter nie sommer vervang nie, 'n fgeweer wat so akkuraat skiet het mos nie nodig om aan gekrap te word nie! My leuse is hoeka, "as dit nie stukkend is nie, moet dit nie regmaak nie". Waarmee stop julle ouens daardie kous op om 'n dikker wangstuk te kry?
wlm wrote:

Willem
Ek het al by Terry laat werk. Hy is 'n meester en is nie belaglik duur nie. Ek dink hierdie geweer sal ook baie akkuraat wees. Hy is nog heeltemal oorspronklik, so ek sal maar eers vasstel waar en hoe aanpassings gemaak sal moet word. SJ op die forum het ook onlangs een gekoop en ek is seker hy sal help met raad.
Wat gemaak met daardie massiewe voor -en agterste visiere. Haal dit maklik af?
Groetnis!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Myne se agterste visier was reeds af toe ek hom gekry het. ek aanvaar dit was 'n gaatjie-visier. die voorste visier het ek net so gelos. Ek se mos as hy so skiet net soos hy is lol ek aan niks nie!(grappie) Ek het besluit as ek later 'n Terminator-kd. opsit kan ek die dik stuk yster vooraan laat afhaal. Die stukkie hout bo-op die loop het ek laat afhaal om die Leopold se 50mm lens so laag as moontlik te monteer. Ek sien die kroon is nie diep gesny nie, sal moet mooi werk om enige stampie te vermy.
Sorry Douw... SJ het jou darem daar die feite gegee...
Willem
Hier is 2 gewere. Die een het ook so 'n houtgedeelte op die loop - blykbaar die ouer RSA-model. Die een wat ek wil vat se loop is oop bo-op. Ja, daardie stuk yster sal moet afkom - wonder net of dit die geweer se balans gaan affekteer
SJ
Jip. Daar is GOEIE vooruitsigte!
Ons harte kan weer vinniger klop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Van watter stuk yster praat jy wat moet afkom?As dit die visiere is,Agterste een kom maklik af.Voorste een het ek die loop laat afsny en kroon.Mounts opgesit en sneller gestel.Dit alles het my so +-R1500 gekos by Gerrie.Myne het ook die hout oor die loop.Het oorweeg om dit af te haal maar daarteen besluit.Sy karakter.Oorweeg nog of ek die magasyn wil insit.(wag dalk vir my skip)+-R2000
Lekker skiet
TC
TC wrote:

Nee, dis die voorste visier. Kan dit afgehaal word of moet daar 'n stuk loop afgesny word? Sal baie jammer wees. Ek het nie gister baie tyd gehad om alle besonderhede deeglik te ondersoek nie, so ek weet nie lekker nie. Hoe lank is daardie geweer se loop?
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Daar is verskeie maniere hoe die korrel voor op die loop opgesit is tussen die modelle.
Sommiges is met grub skroewe vas en kan net los gedraai word en afgeskuif word. Die mees algemeenste is die wat voorop gesoldeer is, dis maklik om hulle af te haal. Jy kan dan immers daar skroefdraad sny en n cap maak wat opskroef of n goeie alternatief is om dit gelyk in die lengte af te saag en dit dan net gelyk saam met jou loop af te draai. Anders kan die loop net daai 30mm afgesaag word.
Myne se loop is gesaag en sy loop nog steeds soos met n nuwe mop. Daai korrel is groot,ek glo hy kan jou scope effe dowwer maak.Ek het nie probeer nie.
TC wrote:
Myne se loop is gesaag en sy loop nog steeds soos met n nuwe mop. Daai korrel is groot,ek glo hy kan jou scope effe dowwer maak.Ek het nie probeer nie.
Ek stem saam. Myne is daai 30mm korter en loop soos stroop!!
Dag Hein
As ek die Leopoid op 4.5 sit sien ek die voorste visier as 'n skimbeeld. Op 14 gedraai is hy so helder soos die vloer na die mop
Groete Willem
wlm wrote:
Dag Hein
As ek die Leopoid op 4.5 sit sien ek die voorste visier as 'n skimbeeld. Op 14 gedraai is hy so helder soos die vloer na die mop
Groete Willem
Dit is goed om te hoor!
Wat gaan jy doen met die wangstuk?
NS! Groete aan Louise! Sal nog eendag kom kuier.
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Hein
'n Maat het een wat na 300 Win Mag gesny is. Hy loop nou soos 'n bediende met 'n Big green cleanmachine!
Sy kolf se kam is verhoog deur 'n stukkie hout wat netjies ingelas is.
Ek sal maar eers die opgestopte "ammo"-kous probeer.Al wat my pla van die opstoppery, is dat mens seker 'n stywe soort spons moet gebruik om stewige wang/kolf-kontak te verseker.
Lees maar die pm oor die familie
groete Willem

Dankie Gerhard
Lyk netjies. Ek skiet links, maar dit sal seker nie saak maak nie? Waar is Helberg gesetel? Het jy al iets van hulle af bestel? Hoe lyk hulle "recoilpads" vir jou?
Die lekker van die goed is dat 'n mens dit mos tussen jou roere kan rondskuif. Ons" Lefties" is uitgelewer aan kolwe wat ons lewenslank nie pas nie. Sit nog twee boerekloue (22cm van pols tot vingerpunt) vir hande by , dan is enige iets wat gaan help welkom.