Plankgeweer: Die moeite werd?

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Hein M. »

Hallo almal!

Ek soek net 'n bietjie raad... 

Ek het 'n mooi opgepaste plankgeweer raakgeloop (tot vroulief se ontsteltenis :D)

Ek wil net weet - teen watter prys kan 'n mens die geweer oorweeg?  Wat is die "goiing rate" vir 'n goeie een?

Wat is die onkoste daaraan verbonde om 'n teleskoop op die geweer te monteer en die wangstuk te lig?

Jammer SJ, MAAR EK MOET DIT OOK VRA:  Is dit die moeite werd of moet ek liewer 'n 308 jaggeweer koop?

Ek sal/wil nie hom verder modify as dit nie.

Laat weet asb!  Alle raad is welkom!

Mooiloop!

Hein
Last edited by Hein M. on Mon Sep 12, 2011 5:07 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
IndianLima
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 24, 2011 8:35 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by IndianLima »

Hein,

Ek dink so tussen R5000 en R7000 is min of meer die going rate. Dit sal jou nog n goeie R1000 of wat kos om mounts op te sit - vir algemene jag en baan skiet werk die Thor Schultz and Larsen Two-Piece Weaver mount heel goed met enige goeie Weaver ringe.

Wangstuk so ek sommer aanbeveel jy kry een van daardie ammo cheekpieces en stop hom onder op so hoog soos wat jy hom wil h?.

Met die goeie pryse vir wat mens Howa's en Remington deesdae kan kry sou ek amper liewers daai roete gaan.

Groete
Ivan Lamprecht
HVZ
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by HVZ »

HEIN

Ek het vir myne R1500 betaal en weet ook van nog een wat vir daai prys verkoop is. Ek het myne gekoop vir die aksie maar as die geweer mooi lyk kan jy seker meer vir hom betaal.

Groete en sterkte met die koop.
HVZ
260rem 8x57js brno 12br mossberg
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Hein M. »

Ivan / Henri

Dankie vir die terugvoer!  Ek dink ek sal so R2000-R3000 betaal vir die een. 

Is hierdie gewere se lope gefloat en die aksie gepak?

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by wlm »

Terry Harrison van W.M. Rawbone in die Kaap het so pas 'n stel Thor blokke en 30mm ringe op myne gesit vir R970 (dit sluit boor en tap van gate in). Die geweer se slot het so paar roeskolle waarvan ek moet werk maak , maar hy skiet 10mm-groeperings op 100m sommer alreeds met ons twee se bymekaarkomslag. Die vorige eienaar het die kolf een of ander tyd laat "bed" . Die werk lyk of dit deur 'n baie bekwame persoon gedoen is.Die skop kussig is van 'n baie harde swart rubber gemaak. Ek wil dit egter nie sommer vervang nie, 'n fgeweer wat so akkuraat skiet het mos nie nodig om aan gekrap te word nie! My leuse is hoeka, "as dit nie stukkend is nie, moet dit nie regmaak nie". Waarmee stop julle ouens daardie kous op om 'n dikker wangstuk te kry?  
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Hein M. »

wlm wrote: Terry Harrison van W.M. Rawbone in die Kaap het so pas 'n stel Thor blokke en 30mm ringe op myne gesit vir R970 (dit sluit boor en tap van gate in). Die geweer se slot het so paar roeskolle waarvan ek moet werk maak , maar hy skiet 10mm-groeperings op 100m sommer alreeds met ons twee se bymekaarkomslag. Die vorige eienaar het die kolf een of ander tyd laat "bed" . Die werk lyk of dit deur 'n baie bekwame persoon gedoen is.Die skop kussig is van 'n baie harde swart rubber gemaak. Ek wil dit egter nie sommer vervang nie, 'n fgeweer wat so akkuraat skiet het mos nie nodig om aan gekrap te word nie! My leuse is hoeka, "as dit nie stukkend is nie, moet dit nie regmaak nie". Waarmee stop julle ouens daardie kous op om 'n dikker wangstuk te kry?  
Willem

Ek het al by Terry laat werk.  Hy is 'n meester en is nie belaglik duur nie.  Ek dink hierdie geweer sal ook baie akkuraat wees.  Hy is nog heeltemal oorspronklik, so ek sal maar eers vasstel waar en hoe aanpassings gemaak sal moet word.  SJ op die forum het ook onlangs een gekoop en ek is seker hy sal help met raad.

Wat gemaak met daardie massiewe voor -en agterste visiere.  Haal dit maklik af?

Groetnis!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Monrique (SJ) »

Hein

Ek bel jou later mater.


Groetnis
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by wlm »

Myne se agterste visier was reeds af toe ek hom gekry het. ek aanvaar dit was 'n gaatjie-visier. die voorste visier het ek net so gelos. Ek se mos as hy so skiet net soos hy is lol ek aan niks nie!(grappie) Ek het besluit as ek later 'n Terminator-kd. opsit kan ek die dik stuk yster vooraan laat afhaal. Die stukkie hout bo-op die loop het ek laat afhaal om die Leopold se 50mm lens so laag as moontlik te monteer. Ek sien die kroon is nie diep gesny nie, sal moet mooi werk om enige stampie te vermy.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by douw »

Plankgeweer??? ??? ???

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Monrique (SJ) »

Enkelskoot gewere wat deur Musgrave gebou was vir bisley skiet!
Daar word ook gepraat van RSA aksies of Lyttelton.

Groetnis
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Hein M. »

douw wrote: Plankgeweer??? ??? ???

Groetnis
Douw
;D

Sorry Douw...  SJ het jou darem daar die feite gegee... 

Willem

Hier is 2 gewere.  Die een het ook so 'n houtgedeelte op die loop - blykbaar die ouer RSA-model.  Die een wat ek wil vat se loop is oop bo-op.  Ja, daardie stuk yster sal moet afkom - wonder net of dit die geweer se balans gaan affekteer ???

SJ

Jip.  Daar is GOEIE vooruitsigte!

Ons harte kan weer vinniger klop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Topcat »

Van watter stuk yster praat jy wat moet afkom?As dit die visiere is,Agterste een kom maklik af.Voorste een het ek die loop laat afsny en kroon.Mounts opgesit en sneller gestel.Dit alles het my so +-R1500 gekos by Gerrie.Myne het ook die hout oor die loop.Het oorweeg om dit af te haal maar daarteen besluit.Sy karakter.Oorweeg nog of ek die magasyn wil insit.(wag dalk vir my skip)+-R2000
Lekker skiet
TC
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by fanie17 »

HVZ
As jy van so n geweer weet wat te koop is sal ek hom dadelik vat.My no is 0824688657 my mail is fanie.kruger@telkomsa.net
Dankie
Fanie
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Hein M. »

TC wrote: Van watter stuk yster praat jy wat moet afkom?As dit die visiere is,Agterste een kom maklik af.Voorste een het ek die loop laat afsny en kroon.Mounts opgesit en sneller gestel.Dit alles het my so +-R1500 gekos by Gerrie.Myne het ook die hout oor die loop.Het oorweeg om dit af te haal maar daarteen besluit.Sy karakter.Oorweeg nog of ek die magasyn wil insit.(wag dalk vir my skip)+-R2000
Lekker skiet
TC
TC

Nee, dis die voorste visier.  Kan dit afgehaal word of moet daar 'n stuk loop afgesny word?  Sal baie jammer wees.  Ek het nie gister baie tyd gehad om alle besonderhede deeglik te ondersoek nie, so ek weet nie lekker nie.  Hoe lank is daardie geweer se loop?

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Monrique (SJ) »

Hein M

Daar is verskeie maniere hoe die korrel voor op die loop opgesit is tussen die modelle.


Sommiges is met grub skroewe vas en kan net los gedraai word en afgeskuif word.  Die mees algemeenste is die wat voorop gesoldeer is, dis  maklik om hulle af te haal. Jy kan dan immers daar skroefdraad sny en n cap maak wat opskroef of n goeie alternatief is om dit gelyk in die lengte af te saag en dit dan net gelyk saam met jou loop af te draai. Anders kan die loop net daai 30mm afgesaag word. 

Groetnis
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by wlm »

S J
Ek gaan nie saag ,afskroef of enigiets doen nie want hy loop soos 'n huisbediende met 'n nuwe mop !
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Hein M. »

@SJ

Dankie vir die info.  Ek gaan nog swaar op jou leun vir raad...

Wlm

Tel die teleskoop hom nie op nie?  Sou dink daardie yster is 'n bietjie hoog?

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Topcat »

Myne se loop is gesaag en sy loop nog steeds soos met n nuwe mop. :angel: Daai korrel is groot,ek glo hy kan jou scope effe dowwer maak.Ek het nie probeer nie.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Monrique (SJ) »

TC wrote: Myne se loop is gesaag en sy loop nog steeds soos met n nuwe mop. :angel: Daai korrel is groot,ek glo hy kan jou scope effe dowwer maak.Ek het nie probeer nie.

Ek stem saam. Myne is daai 30mm korter en loop soos stroop!! 8) 8)


Groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Monrique (SJ) »

Hein M

Ons sien binnekort dan gesels ons lekker oor n braaivleis vuur. mmmmmm  ;) ;)


Groetnis
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by wlm »

Dag Hein
As ek die Leopoid op 4.5 sit sien ek die voorste visier as 'n skimbeeld. Op 14 gedraai is hy so helder soos die vloer na die mop
Groete Willem
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Hein M. »

wlm wrote: Dag Hein
As ek die Leopoid op 4.5 sit sien ek die voorste visier as 'n skimbeeld. Op 14 gedraai is hy so helder soos die vloer na die mop
Groete Willem
Dit is goed om te hoor!

Wat gaan jy doen met die wangstuk?

NS!  Groete aan Louise!  Sal nog eendag kom kuier.

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by wlm »

Hein
'n Maat het een wat na 300 Win Mag gesny is. Hy loop nou soos 'n bediende met 'n Big green cleanmachine!
Sy  kolf se kam is verhoog deur 'n stukkie hout wat netjies ingelas is.
Ek sal maar eers die opgestopte "ammo"-kous probeer.Al wat my pla van die opstoppery, is dat mens seker 'n stywe soort spons moet gebruik om stewige wang/kolf-kontak te verseker.
Lees maar die pm oor die familie
groete Willem
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by Gerhard »

wlm wrote: Hein
'n Maat het een wat na 300 Win Mag gesny is. Hy loop nou soos 'n bediende met 'n Big green cleanmachine!
Sy  kolf se kam is verhoog deur 'n stukkie hout wat netjies ingelas is.
Ek sal maar eers die opgestopte "ammo"-kous probeer.Al wat my pla van die opstoppery, is dat mens seker 'n stywe soort spons moet gebruik om stewige wang/kolf-kontak te verseker.
Lees maar die pm oor die familie
groete Willem
Kyk bietjie hier Willem

http://www.helberdirect.co.za/index.php ... &Itemid=53
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Plankgeweer: Die moeite werd?

Post by wlm »

Dankie Gerhard
Lyk netjies. Ek skiet links, maar dit sal seker nie saak maak nie? Waar is Helberg gesetel? Het jy al iets van hulle af bestel? Hoe lyk hulle "recoilpads" vir jou?
Die lekker van die goed is dat 'n mens dit mos tussen jou roere kan rondskuif. Ons" Lefties" is uitgelewer aan kolwe wat ons lewenslank nie pas nie. Sit nog twee boerekloue (22cm van pols tot vingerpunt) vir hande by , dan is enige iets wat gaan help welkom.
Post Reply