Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post Reply
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post by Eight »

Ok my dilemma is die volgende. Ek het baie waardering vir goeie kwaliteit en hou van mooi goed wat werk. Probleem is my inkomste maak dit nie altyd moontlik nie.

Ek het n 260 Sako TRG en het tans n Burris Eliminator 6 op hom. Fantastiese scope, veral vir jag.

Ek het nog altyd die Zero Compromise Scopes bewonder en wou nog altyd een he. So nou is my opsies die volgende:

1) Verkoop die Eliminator 6, sit R30+k by en koop n ZCO 527 en gebruik hom op my 260.

2) Hou die Eliminator 6, wag vir n 2de handse Delta Stryker 4.5 -30 en koop hom. Sit hom in sy eie Spuhr mount en ruil tussen die Eliminator en Stryker op die 260 TRG soos wat ek lus het.

Watter opsie dink jul is die beste? Is die ZCO’s soveel beter as die ander scopes op die mark?
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post by 6.5/284Norma »

Koop vir jou 'n Kahles 5-25 of 3-28 en jy sal nooit terugkyk nie.
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 834
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post by Drenalinjunkie »

6.5/284Norma wrote: Tue Nov 26, 2024 6:30 am Koop vir jou 'n Kahles 5-25 of 3-28 en jy sal nooit terugkyk nie.
Die ZCO is n great scope maar ek verkies maar die Kahles. Die nuwe 328 met die groter field of view is ongelooflik. Het een in MOA oppad.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post by Arnold »

Jy noem 'n interessante opsie van die Burris en Delta. Hoekom sou jy hierdie doen, pla die glas van die Burris maar die ander funksies maak op daarvoor as jy jag? Gaan jy tevrede wees met die Delta se glas?

As jy slegs die ZCO het is die ander funksies van die Burris ook nie beskikbaar nie, is dit ok?
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post by Lategan1 »

Ek eens met Arnold se vraag. Wat mis ek met jou appels en appels of eerder pere, vergelyking?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post by Eight »

Arnold wrote: Tue Nov 26, 2024 7:58 am Jy noem 'n interessante opsie van die Burris en Delta. Hoekom sou jy hierdie doen, pla die glas van die Burris maar die ander funksies maak op daarvoor as jy jag? Gaan jy tevrede wees met die Delta se glas?

As jy slegs die ZCO het is die ander funksies van die Burris ook nie beskikbaar nie, is dit ok?
Die Burris is n ongelooflike scope vir jag. Ek het n springbok jag gedoen en dit is seker die beste scope vir die doel. Hy werk ook mooi vir gonge tot op so 700m tot 800m.

Waar hy egter te kort kom is vir afstande oor 1000m of vir uiterse presisie skiet. Die kolletjie en kruishaar is groter as wat n floating dot is op n knvensionele scope. Die burris gaan dus nie die beste scope wees vir groepe skiet of baie klein teikens oor se 700m nie.
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Zero Compromise vs Eliminator 6 + Delta Stryker

Post by 6.5/284Norma »

As jy van die Burris hou hoekom kyk jy nie na die Veracity PH nie?
Ek het een en kan getuig dat die werking baie goed is. Jy stel net tot op die afstand en skiet en as jou DOPE reg is, is jy in die kol. Vir die prys is dit 'n great scope.
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Post Reply