Dankie man, ek't al daardie bladsy deurgekyk, maar die pryse op hulle geweertjies is vir my baie duur. Hulle vra byvoorbeeld R6,500 vir 'n tweedehandse Krico, en vir daardie geld kan ek 'n nuwe geweertjie koop (R7,200 vir 'n splinternuwe semi-dikloop Marlin).OosKaapJagter wrote: Mon Nov 18, 2024 11:31 pm https://classicarms.co.za/product-categ ... re-rifles/
En dan dink ek ook hulle manier van gewere beskryf is bietjie swak. Byvoorbeeld die CBC wat daarop is, R3,950, met 'n geroesde (pitted) loop, en dan beskryf hulle hom as "fair plus" condition. Vergelyk met die geweertjie wat bv. van Lapua af gekom het, vir R1,000 minder, met 'n teleskoop klaar op, is dit nie eers vergelykbaar nie.
